Dapper lid van honde-eenheid gegroet

Lenox en sy hanteerder, sers. Melisa Potgieter (Foto verskaf deur SAPD Uitenhage)

Polisiebeamptes van Uitenhage in die Oos-Kaap en hul kollegas by die honde-eenheid, het Saterdag hartseer afskeid geneem van een van Uitenhage se K9-helde, Lenox, ʼn 10-jarige Duitse herdershond.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê Lenox het met trots sedert 2013 in die honde-eenheid gedien en het gehelp om verskeie verdagtes, in ernstige sake, aan te keer wanneer hy hulle getakel het.

“Lenox was ʼn baie aggressiewe hond en slegs sy vroulike hanteerder, sers. Melisa Potgieter, het geweet hoe om hom te hanteer, aangesien hy slegs haar vertrou het,” het Swart verduidelik. “Hulle het saam aan verskeie opvoedkundige praatjies deelgeneem by skole en feeste.

Lenox, ʼn patrolliehond, se gesondheid het egter sedert Maart 2018 begin agteruitgaan en op 12 April het sy toestand baie versleg. Hy is na ʼn plaaslike veearts geneem waar hy met kanker gediagnoseer is.

“Weens die erns van sy siekte moes Lenox sy aardse roeping vaarwel roep. ʼn Privaat seremonie sal binne die volgende paar dae gereël word. Ons salueer jou, Lenox.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Han

Dit is só hartseer. Sterkte vir Melissa, ‘n mens raak so geheg aan ‘n honde-vriend.

Anton

Sterkte Melissa. Ek het ook n Duitse herdershond gehad Milo. Hy was soos deel van die familie. Slim, gehoorsaam, getrou en vreesloos. Hy het my gewaarsku van inbrekers in die huis en selfs twee stelle inbrekers by die buurmense help aankeer.
Hy wag vir my daar by die Reenboogbrug. Daar sal ons ontmoet en saam die Hemel ingaan ek en my vriend so lank weg van my maar nooit vergete.

Alida

n Getroue en liefdevolle hond is beter as n mens. Onvoorwaardelike liefde. Rus sag Lenox jou hanteerder het jou opreg lief gehad.

Oom Kalahari

Innige Simpatie aan Sers. Melisa Potgieter met haar groot verlies aan ‘n vriend en kollega. Die gehegtheid gaan normaalweg met ‘n swaar hart se afskeid en is soos ‘n geliefde maat wat weg is. Hoop van harte Sers. Melisa sal die hartseer gou kan verwerk en weer ‘n vertroueling vind om daardie leemte te vul. Dit sal nou nie as vervanging wees nie, want elkeen van hierdie diere is uniek in sy eie reg. Lenox jy was pragtig en het jou wereldse pligte gestand uitgevoer en die beskerming wat jy aan vele gebied het. Ons dank die Vader vir die… Lees meer »

Wilmarie

Hy was n pragtige hond. So jammer om te hoor. xx