Dapper lid van honde-eenheid gegroet

Lenox en sy hanteerder, sers. Melisa Potgieter (Foto verskaf deur SAPD Uitenhage)

Polisiebeamptes van Uitenhage in die Oos-Kaap en hul kollegas by die honde-eenheid, het Saterdag hartseer afskeid geneem van een van Uitenhage se K9-helde, Lenox, ʼn 10-jarige Duitse herdershond.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê Lenox het met trots sedert 2013 in die honde-eenheid gedien en het gehelp om verskeie verdagtes, in ernstige sake, aan te keer wanneer hy hulle getakel het.

“Lenox was ʼn baie aggressiewe hond en slegs sy vroulike hanteerder, sers. Melisa Potgieter, het geweet hoe om hom te hanteer, aangesien hy slegs haar vertrou het,” het Swart verduidelik. “Hulle het saam aan verskeie opvoedkundige praatjies deelgeneem by skole en feeste.

Lenox, ʼn patrolliehond, se gesondheid het egter sedert Maart 2018 begin agteruitgaan en op 12 April het sy toestand baie versleg. Hy is na ʼn plaaslike veearts geneem waar hy met kanker gediagnoseer is.

“Weens die erns van sy siekte moes Lenox sy aardse roeping vaarwel roep. ʼn Privaat seremonie sal binne die volgende paar dae gereël word. Ons salueer jou, Lenox.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Han ·

Dit is só hartseer. Sterkte vir Melissa, ‘n mens raak so geheg aan ‘n honde-vriend.

Anton ·

Sterkte Melissa. Ek het ook n Duitse herdershond gehad Milo. Hy was soos deel van die familie. Slim, gehoorsaam, getrou en vreesloos. Hy het my gewaarsku van inbrekers in die huis en selfs twee stelle inbrekers by die buurmense help aankeer.
Hy wag vir my daar by die Reenboogbrug. Daar sal ons ontmoet en saam die Hemel ingaan ek en my vriend so lank weg van my maar nooit vergete.

Alida ·

n Getroue en liefdevolle hond is beter as n mens. Onvoorwaardelike liefde. Rus sag Lenox jou hanteerder het jou opreg lief gehad.

Oom Kalahari ·

Innige Simpatie aan Sers. Melisa Potgieter met haar groot verlies aan ‘n vriend en kollega. Die gehegtheid gaan normaalweg met ‘n swaar hart se afskeid en is soos ‘n geliefde maat wat weg is. Hoop van harte Sers. Melisa sal die hartseer gou kan verwerk en weer ‘n vertroueling vind om daardie leemte te vul. Dit sal nou nie as vervanging wees nie, want elkeen van hierdie diere is uniek in sy eie reg. Lenox jy was pragtig en het jou wereldse pligte gestand uitgevoer en die beskerming wat jy aan vele gebied het. Ons dank die Vader vir die tyd wat jy daar was en jou eienaar van diens en liefde verteenwoordig het. Rus Sag en in vrede Lenox.

Frankie ·

Wat ‘n pragtige hond en besonderse span. Innige simpatie aan Sers Potgieter. Rus sag, Lenox.

wilma ·

My hart is sommer baie seer vir jou ser. Melisa. Moes al 3keer afskeid neem van my bejaarde Rottweilers. Die enigste manier om die pyn ligter te maak is om so gou moontlik n nuwe hondjie te kry. Maar weet Lenox se plekkie sal altyd leeg bly. Sterkte.

ekke ·

o Melissa, julle is so pragtig saam, ek sien julkle al2 se lyftaal, liefde wat uitstraal na mekaar toe, daardie glimlag van jou,,,,,,,,,,,,,,,,kan sien jy lieffffffffffffffffff hom, so so jammer vir jou,,,,,,,,,,,,regtig

Nellie ·

Om n hondevriend te verloor is bitter hartseer.hulle word jou soulmates en kan nooit vervang word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.