Dapper ma beskerm baba tydens plaasaanval

Christo en Monique van den Berg met hul babadogtertjie. Foto: Verskaf

Christo en Monique van den Berg met hul babadogtertjie. Foto: Verskaf

ʼn Jong ma van Rustenburg het Vrydagaand bo-oor haar 15 maande oue babatjie gaan lê in ʼn desperate poging om haar te beskerm teen die aanvallers wat die gesin op ʼn plaas buite die dorp oorval het.

Monique van den Berg (24) het skedelbreuk en breinbloeding opgedoen nadat die aanvallers haar met ʼn koevoet aangerand het en haar man, Christo (26), is in die been geskiet. Monique se neef, Martin (24), moes ook steke kry nadat die aanvallers hom ook met die koevoet bygekom het. Sy vrou is ongedeerd.

Christo het aan Maroela Media vertel dat hy en Monique laat die aand by Martin en sy vrou  gaan koffie drink het aangesien hulle gesukkel het om hul baba aan die slaap te kry. Hulle het omstreeks 22:00 die aand by Martin-hulle se plaas net sewe kilometer buite Rustenburg aangekom.

“Ons was seker net tien minute daar, toe breek twee mans deur die veiligheidshek en agterdeur. Dit was soos blits, hulle was binne oomblikke in die huis,” het Christo gesê. Die gewapende aanvallers het dadelik geld en vuurwapens geëis.

Volgens Christo het die rowers al die juweliersware wat hulle aangehad het, bymekaargemaak en Monique se ore geskeur toe hulle haar oorbelle afgeruk het. Terselfdertyd het hulle vir Martin met die koevoet oor die kop geslaan.

“Hulle het probeer om ons dogtertjie uit Monique se arms te ruk. Sy het haar teruggegryp en toe slaan die aanvaller haar hard oor die kop met die koevoet.” Monique het geval en Christo het tussen haar en die aanvaller gaan staan. Die een aanvaller het hom in sy kuit geskiet en hy het ook geval. Hulle het Monique weer ʼn paar keer hard oor haar kop geslaan.

“Sy het haar rug op hulle gedraai en bo-oor ons dogtertjie gaan lê om haar te beskerm. Daardie houe teen haar kop was so hard, dit het soos geweerskote geklink,” het Christo gesê. Hy het opgespring en probeer om die aanvallers te keer. Een van die aanvallers het in sy rigting geskiet en Christo het platgeval.

“Hy het nader gestap en die vuurwapen teen my gesig gedruk. Ek het gedink, vanaand is die aand wat ek sterf,” het Christo gesê. “Toe draai hulle net skielik om en stap rustig uit die huis uit. Hulle het nog die agterdeur mooi netjies agter hulle toegetrek ook.”

Christo het dadelik met Monique na die hospitaal gejaag waar sy in die hoësorgeenheid opgeneem is. Sy moes meer as 30 steke aan die wonde aan haar kop kry en het skedelbreuk en breinbloeding opgedoen. Martin en Christo is albei ook vir hul wonde behandel, maar intussen weer ontslaan.

“Dit gaan baie goed met Monique en sy is helder en kan duidelik onthou wat Vrydagaand gebeur het. Sy sal nog ʼn rukkie in die hospitaal wees, maar in die omstandighede gaan dit goed,” het Christo gesê. Hy en hul dogtertjie bly intussen by sy ouers terwyl hy aansterk.

Nog ʼn egpaar is Vrydagaand op ʼn plaas in die Elandskraal-omgewing buite Mooinooi deur sewe gewapende rowers oorval. Maroela Media verneem dat ʼn derde egpaar ook Vrydagaand op ʼn plaas in die Beestekraal-omgewing buite Rustenburg aangeval en die man deur die aanvallers geskiet is.

Die polisie kon egter nog nie die derde aanval bevestig nie en Maroela Media wag op kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Lucy ·

Ai sterkte mensies. Dankbaar dat hulle met hulle lewens weggekom het. Dit help nie eens ons vra waar useless Zuma is nie. Waar is die ander politieke partye – kan hulle nie planne maak om boere te beskerm nie? Ek dink ook dat almal wat deur kriminele aangeval word se mediese en hospitaal koste deur die ANC regering gedek moet word. Hoekom moet die slagoffers betaal?

Amanda Van Vuuren ·

Dan het die stukke drek human rights! my eye! die duiwel het die land oorgevat, omdat die mens hul rug op die Here draai en nou moet onskuldiges oral ly! Die Here slaap nie ek sal eerder verdere kommentaar vir myself hou. Die Here wees al die slagoffers sterk naby en
skenk hul Sy genesing.

Nardo Grobler ·

Daar is baie van ons ou weermaglede wat werkloos is of dit in die gesig staar.
Ek is seker as iemand so ‘n firma op die been kan bring wat die plase kan beskerm teen
‘n maandelikse fooi deur soldate op die plase te stationeer , dit aftrek sal kry onder die boere.

Groete

Nardo

desire ·

Haal my hoed af vir die vrou wat haar kind se lewe meer geag het as haar eie!!! Baie sterkte vir julle!!!! Hoop vir n vinnige herstel vir julle almal!!!! Baie sterkte en ek hoop die wat julle aangeval het kry wat hulle toekom!!!!

tom ·

Dis jammer dat ons mense ( jonk en oud ) so blood gestel moet word deur sulke traumatiese misdade .

Hoekom lees ons nie van die misdade op News24 nie ???

pop ·

Die skurke sal net aanhou want hulle hoor en sien mos die regering doen niks as jy mense aanval en wreedaardig vermoor en martel nie. Inteendeel die regering is so tjoepstil daaroor dat mens kan dink hulle keur dit goed.

Dries ·

Ek stem saam, ons as blankes moet wakker word en na ons self omsien op alle gebiede, van verdediging tot by werkskepping en self regering.

Charl Coetzee ·

In my huidige toestand van woede is net God my anker. Mag Hy ons lei.

Genoeg ·

Dit klink soos Piet Retief se storie in die geskiedenis! Dis vreeslik om te hoor hoe brutaal die aanval is. Dis soos ‘n aanval op ‘n tribe in die bos – slaan net dood en gryp wat jy kan! Ek dink mense moet begin meer as een gesin saam op ‘n plaas woon in ‘n laer soos in die ou dae. Hulle kom nou in troppe, so jou enigste verweer is om ook jou getalle meer te maak. Hierdie is nie kriminele nie, dis slagters en plaas aanvalle moet gesien word as ‘n ‘crime against humanity’. Niemand gaan ons help nie, so my raad aan die boere – maak soos in die ou dae – omring jou met meer van jou eie mense as wat hulle is. 7 van hulle slaan toe om 2 mense en kinders op ‘n plaas aan te val. Jy moet ten minste 5 gesinne wees! Of Boere in ‘n gemeenskap moet op een of twee plase boer, en die ander ou se plaas gebruik om op te bly – ver genoeg van mekaar af om jou eie ding te doen maar naby genoeg om hulle herrie te gee as hulle in hulle grosse daar opdaag………

Illa ·

Ek is nie geleerd in dié tipe van ding, maar partykeer dink ek wanneer hul slagoffers so half “ongedane sake” agterlaat, soos hier die geval is, dat dit ‘n manier is om meer vrees in te boesem sodat die slagoffers kan getuig van wat gebeur het en vrees onder die “vyand / teikengroep” kan saai. Vrees ontneem geluk en dryf mense weg – is dit nie tog maar die eintlike doel van hierdie aanvalle nie, om boere te verdryf nie? Verder wys dit ook daarop dat hul geen vrees vir vervolging het nie – alhoewel die artikel erkentlik ook nou nie noem of die aanvallers gemasker was of nie. Ai, waar gaan dit eindig! Wat kan ons doen om meer pro-aktief op te tree en hierdie lafaards en hul staats trawante te wys dat ons nie sommer agteroor gaan sit en hierdie dinge gaan toelaat nie, maar tog ook binne die wet bly? Ek weet nie of optogte en regsaksies ens. enige effek het nie – ek sien nie die effek nie. Dit lyk meer vir my soos ‘n p@ep in die wind. Ek is BAIE dankbaar dat al die slagoffers met hul lewens daaruit kon kom, maar dit moes in die eerste plek nie gebeur het nie.

Roudene Fourie ·

Wow, sys ‘n regte heldin! Wys jou net, daardie moederlike instink skop in en jy kry krag van bo wat jy nie geweet het bestaan nie! Alle sterkte vir die familie. Vind kalmte by God

Winston ·

Sterkte vir julle en dit was braaf om jou kind te beskerm. Dit is met die grootste wroeging wat ek elke dag moet lees of verneem van nog n plaasaanval. Dit is nie net roof nie maar gaan gepaard met rassehaat op die slagoffers. Die regering keur dit goed deur stilswye natuurlik. Wie van die regering het hom al uitgespreek oor plaas moorde en aanvalle? Zuma plaas liewer klem op renosters wat na my mening ook prioriteit verdien, maar moet klem lê op alle prioriteits misdade. Dit vermorsel die land en sy wettige inwoners.

Sandra ·

Ek wil regtig nie moordadig klink nie. Genoeg is egter nou genoeg. Dit is onaanvaarbaar dat enige mens, maak nie saak watter kleur/ geslag die persoon is nie, wreed aangerand en vermoor word. Mans en omgekeer wat vrouens slaan is slapgatte wat nie sy eie geslag kan aandurf nie. Nog te meer is ‘n moordenaar ‘n lafaard, wreedaard en tog stap hul met moord weg. Kyk maar na onlangse persone wat iemand doodmaak en dan 10 maande later uitstap. Ek is in ‘n beroep waar ons almal professioneel help, probeer die nodige ouerskapsvaardighede, verhoudingsvaardighede ens aan te leer en die persoon/persone ‘n 2de kans te gee. Wel ek is nou so moeg om te lees van mense wat wreed aangerand en vermoor word, dat ek werklik begin voel ons land moet doodstraf terugbring. Ek het nog altyd geglo dat geweld of enige vorm van konflik nie met geweld opgelos moet word nie. Wel, ek is nou VERSEKER OORTUIG DAT NET HANG AAN ‘N TOU TOT JOU ASEM OPHOU die enigste ware straf is om misdaad in ons eens pragtige land te stuit. Ek wil nie uit my land trek nie, ek het nie ‘n probleem om saam met pienk pers groen wat ookal die ras en kleur is te werk, leef en ons land op te bou nie. Ek kan net nie meer hierdie koelbloedige lewenswyse in ons land hanteer nie en dan stap die persoon/persone na ‘n paar maande uit op vrye voet. Ek persoonlik glo Korrektiewe Dienste is nie regtig so vreeslike straf nie. Werk die persoon met sy hande het hy wye wereld wat hy kan betree om te gaan bou, afrig ensovoorts. Hang asb ons moordenaars sodat ons land nie meer so swaar moet dra aan misdaad en die onkostes van oorvol tronke nie. Laasgenoemde is moontlik ook die rede hoekom Korrektiewe Toesig oorweeg word, dan is daar plek vir ‘n volgende misdadiger in die tronk. Wat se dit vir ons. Ons het ‘n belaglike hoe statistieke syfer in dierbare sonskyn Suid-Afrika. Onlangs is ‘n onskuldige oompie veelvuldige kere wreed in sy eie huisie in onse kleine dorpie net eenvoudig doodgesteek. Dit vir dalk ‘n paar rand. Nee ek is moeg en gatvol van hierdie booswigte. Wat ‘n dapper mamma. Ek hoop eendag vertel die pappa vir die baba wat die moeder gedoen het om haar baba te beskerm.

Eliza-beth ·

Ek is eintlik te geskok oor die barbaarse wreedheid van die aanval om iets sinvols te sê. Liewe hemel tog, sterkte aan die dapper vrou asook die dapper mans wat almal hulle kant gebring he tom die onskuldige kindjie te beskerm

Kwagga ·

Aan all boere dis jou plig om jou familie te beskerm. Dra ten alle tye n hand wapen op jou belt. Sekere veiligheids hekke is net nie sterk genoeg. Versterk dit. Daarnis beams wat jy voor jou venster kan sit. Beam in jou tuin. Ligte wat aan gaan. Panic knop om jou nek dra deur elke lid van die huis. Julle benodig iets wat jou waarsku daar is iemand. Baie sê maar ons wil nie so leef en regering moet ons beskerm. Vergeet van die staat dis jou plig as man om jou gesin te beskerm staan op en wees n man. Ten minste kan jy sê jy het probeer.

Kaaiman ·

Kwagga, jy is wragtag een van die min sinpraters. Wat dink die wat so pleit vir die doodstraf en predik genoeg is genoeg? Dit gaan nie gebeur nie. Neem Kwagga se raad en beskerm jouself. Uit ondervinding weet ek dat die aanvallers lafhartig is en sal hol as jy teenstand bied. Maar wees altyd in ‘n posisie om teenstand te kan bied. Ons bly in een van die geweldadigste lande op aarde! Los die retoriek van genoeg is genoeg en die doodstraf – jy mors jou asem!

neelsie ·

Kwagga, Kaaiman,
Stem 100% saam. Wees altyd paraat.
Verdedig jouself!!

GERT KRUGER ·

Dis tyd dat ons ons rue moet krom trek en terug veg en ons self verdedig. Die regering is te sleg om iets uit hulle eie te doen, hulle maak eerder net bymekaar vir hulleself . Als is besig om ineen te stort en te verval . Die enigste manier om sulke barbare te beveg is met geweld want die goed is lafaards en kom in groepe

Johan ·

Met skaamte moet ek erken dat ek deel is van die slegste, lamsakkigste, papbroekigste volk op die totale aardbol. Te sleg om selfs in ‘n volksmoord situasie soos waarin ons tans is in te gryp. Nee almal is geskok, kwaad, gee raad en skree al vir 21 jaar dat genoeg nou genoeg is. Weet julle wat? Ons verdien dit bloot omdat hierdie volk verseg om saam op te staan en die land met verstand, kundigheid en ondervinding tot sy sinne te forseer. Dis nie polities korrek nie. Siestog. Skandalig !!!

Kwagga ·

As jy n boer is dra jy n wapen op jou belt ten alle tye. Selfs binne jou huis. Dis jou as n man se plig om jou familie te beskerm. Waarskuwing stelsel moet in plek wees. Alarms beams en sterker hekke. As jy wil boer dan en nie vrek geslaan wil word sal jy hierdie goed moet in plek kry en streng reels hê op jou plaas. As jy dink ek is verkeerd sterkte dan vir jou.

Henk ·

Jys so reg. Die wat se hulle wil nie so lewe. Tussen heinings alarms en diefwerings. Eder in dai tipe tronk as di trknk van jou gewete dat jy jou plig versuim het. En die enigste ander hoop. Om as volk saam te trek en di belofte aan Hom te eer. Ons het Hlm belowe om die dag, GELOFTE DAG, vir altyd te herdenk. Dink ons dat die skamele paar wat elkr jaar voor die Monument gaan bid en dankie sè hard genoeg dankie se vir die res van die slapgatte wat ni eers weet wat dai dag beteken. Dis net meer as n maand van nou. Kom en trek saam. Wys die wereld wie ons is en se saam dankie aan ons Vader. En dalk sal hy ons weer bystaan in ons uur van nood.

christo ·

My vrou sterk aan. Ons dank God vir sy beskermde hand oor ons. Ek spreek lewe en genesing oornhaar en voordat sy haar oe uitvee.,,sterk sy verder aan by die huis. Mieke, ons meisiekind is heeltemal oraait, sys terug skooltjie toe hierdie week en geniet die maatjies verskriklik baie. Ek is so so so dankbaar vir al die gebede wat opgaan vir my vroutjie vir versterking. Ons hou almal nogsteeds aan bid. Die skelms kan dalk nou wegkom…maar hulle sal nooit verby God kom nie en sal moet rekenskap neem vir hulle aksies. Alle eer aan ons Hemelse Pappa.

Eliza-beth ·

Christo – mooi man. Moenie laat die wrok en woede jou onderkry nie – dis net negatief. Soos jy tereg sê, as hulle hier wegkom met hul dade, eendag moet almal rekenskap gee – ek bewonder jou houding hoor! Kan nie maklik wees nie.Die Vader het julle behoed en bewaar en ons is saam met julle dankbaar daarvoor. Baie sterkte en vertel jou vrou ons Maroelalesers het groot bewondering vir haar!

Christo van den Berg ·

Mens noem dit “geestelikke” oorlogvoering. Die satan wil he ons moet haat en negatiewe gedagtes he, maar n kind van die Here, wie die Here so lief het, mag nie so voel nie. Omrede ons so naby aan die Here leef, het satan sy mes in vir ons. Hierdie was die ergste wat hy aan ons kon doen…maar, hy het die battle verloor en ons geloof en liefde vir God is net groter hierdeur. My en my vrou sin albei. Dank God vir genade.

RSA ·

Christo,

Jy is n goeie mens. My bloed kook hie waar ek die berig lees, oor hirdie sub-spesie want dis nie mense die nie.
Hierdie land maak jou n rassis as jy nog teen die tyd nie een is nie. Ek dank God ,julle het lewendig uit hierdie aanval gestap.
Ons sal bymekaar moet staan en ons Hemelse vader vra vir hulp,want die moeilikke tye is nog oppad. Die bloed gaan nog vloei maar vryheid is die prys na hierdie bitter geveg

GES ·

Ek raak siek as ek ‘n berig soos hierdie lees. Ek raak sieker as ek deur ‘n filantroop berispe word. Genoeg is genoeg!!!

Leonie ·

Ek stem saam. Meer gesinne moet saam bly, en julle moet in skofte slaap. Die 1ste lot en kids gaan slaap 8hr, tot 1hr, die 2de lot slaap vsn 1-6 terwyl 1ste lot wag staan. En daar moet n minimum van 4 wakker wees,,1 aan elke kant van die huis, gewapen. Stel lokvalle om dir huis areas, spanvdan dit toe met n hek, span nog n area met waghonde,,sommer 10, tewe, nie reg gemaak. Pitbulls, rotweilers, swart en masief! Nou moet hul deur 2 zones kom,,om moord te pkeeg, waarvan hulle reeds moontlik halfeer is, as daar iemand oor is. N Boer maak mos n plan! As niemand vir julle wil opstaan, staan self op. Staan saam! Staan op! Niemand wat Blank is…. is meer veilig.

Grotman ·

Ek het dit al gese en ek se dit weer! Vang die goed, bind hulle vas en bring hulle vir my!!… Ek belowe die goed sal nooit ooit weer enige iemand skade gee of seer maak nie… I have special talents!!…

SNEL ·

Bhaha, special talents, ja-nee, dis al wat gemors soos die nodig het, wens dit was so maklik om hulle net vir jou te kon stuur Grotman, jou arms sal moeg raak om al jou special talents toe te pas, want ons land loop oor van al die gemors.

SUSAN MEINTJES ·

WELL DONE MAMMA!! NET JAMMER JY MOES SO SEERKRY IN DIE AANVAL OM NET JOU KIND TE BESKERM!!STERKTE + MAG DIE HEMELSE VADER JOU LIGAAMLIK SOWEL AS EMOSIONEEL GOU GESOND MAAK!! HULLE MISKIEN WEGGEKOM MAAR DIE HEMELSE VADER SLAAP NIE!♥

Sarie ·

As jy na Zuma soek gaan soek hom in Rusland of China of oorkant Beitbrug by die groot kwaadsteker van Afrika. Dit skeel hom en sy politici min wat in hierdie land aangaa, solank hulle net hul vet salarisse kry, hul peperduur motors kry, hulle bloubendes almal van hulle af weghou en o natuurlik solank hulle die belastingbetalers se geld kan vermors.

Liewe lulu ·

Hierdie aanvalle gaan nie stop. Geen politieke party het die guts om iets te doen. Begin die MRK dagvaar. As geld betrokke raak sal dit stop

HENDRIK VAN RENSBURG ·

As net een so voorval in die beskaafde Europa plaasvind, word die aanvallers as psigopate geoormerk en word dit oor die wereld nuus verkondig. Hulle word gejag soos wilde diere en hulle sien nooit weer die daglig nie. Ek glo nou dat ‘n groot gedeelte van die bevolking in Suid Afrika sadistiese sataniese psigopate is wat vredeliewende wetsgehoorsame mense martel en gruwelik vermoor om: vuurwapens te versamel teen ‘n hewige tempo – OM WAT TE DOEN?

RSA ·

Dis die vraag Hendrik. Kyk na die stappe van n volkmoord en jy sal sien hulle is sterk besig met die voorbereiding fase, en dan kom die gruwel daad.

Kaaiman ·

Lucy, jy praat van “mensies”. Ek het nerens in die berig gelees dat dit dwergmense is wat aangeval is nie. Wat se mense is “mensies”?

chanel ·

Ag asb. Hou op met onnodige aanvalle. Dis hoekom ons sit waar ons sit. Want nie een wit mens gun n ander iets nie en nie een het regte simpatie en empatie met n ander en dit nogal sy eie “mens”!!! Verdomp man! Kom by!

Kenpachi ·

Kry vir jou ‘n geweer. As jy arm is, koop ‘n rewolwer. As jy meer geld het, koop ‘n pistool. As jy daarna nog geld oor het, koop ‘n haelgeweer ook. En leer om die goed te gebruik. Dinge gaan nie beter word nie.

Ludwig Visser ·

Daardie mamma verdien ons almal se lof en gebede. Dis ongelukkig waar dat die tyd aangebreek het dat jou vuurwapen altyd byderhand moet wees en dat jou huis ‘n soort vesting moet wees. En hou gerus ‘n kwaai hond of twee aan, hulle sal ten minste ‘n lawaai opskop en die huismense waarsku dat daar fout is. Nogmaals baie sterkte vir die mamma, ons bewonder jou grensloos! En bid vir jou eindeloos!

Hannie ·

Glo my ek is diep gelowig maar ek kan nie help om te vra, waarom laat GOD, ons hoeder hierdie wreedhede toe.

piet ·

In kort, die sondeval. As God liefde is, is dit fundamenteel teen sy natuur om die goeie te haat. Dit is om die mens se ontwil dat die ganse aarde en alles daarin, insluitend die mens self vervloek is! Dit is maar net eenvoudig wat gebeur as ons vrye wil het, ons kies altyd die bose, want ons is van nature geneig om God en ons naaste te haat. Waarom dan láát God hierdie toe? Om dieselfde rede waarom Hy ook daardie wit leuentjie wat jy vanoggend vertel het toegelaat het. Kyk net wat het met Job gebeur, maar hy het volhard in die geloof en God geprys.

beertjie ·

In kort, die sondeval. As God liefde is, is dit fundamenteel teen sy natuur om die goeie te haat. Dit is om die mens se ontwil dat die ganse aarde en alles daarin, insluitend die mens self vervloek is! Dit is maar net eenvoudig wat gebeur as ons vrye wil het, ons kies altyd die bose, want ons is van nature geneig om God en ons naaste te haat. Waarom dan láát God hierdie toe? Om dieselfde rede waarom Hy ook daardie wit leuentjie wat jy vanoggend vertel het toegelaat het. Kyk net wat het met Job gebeur, maar hy het volhard in die geloof en God geprys.

SNEL ·

Dit raak net al hoe belangrike dat ons vir medegelowiges moet bid dat ons sal staande bly deur alles wat om ons gebeur, want mens het maar meer vrae as antwoorde, veral as slegte goed met ons of mense om ons gebeur. Jy het dit goed gesê Beertjie, mens vergeet tog so gou as die lewe druk, daarom weereens….ons moet bid vir mekaar, dit gaan nie makliker gaan nie, net moeiliker, die Bybel sê ons so en ons moet staande bly in geloof en aan die Here vashou en die wedstryd hardloop met volharding tot die einde toe.

vermeende ·

Wat gaan aan met ons mense om ‘n moeder te loof wat bereid is om haar baba se lewe te red, sy verdien al die eer wat haar toekom maar wat makeer ons????

Die is ons wat dit toelaat om te gebeur, ons wat gemaklik sit en loof!!!
Ons glo mos as jy gestem het dan het jy jou deel gedoen en die skuld kan nou gerieflik geskuif word na die persoon wat nie soos jy gestem het nie. Ons teken mos die een petisie na die ander.
Nee, vra eerder die ma verskoning omdat jy te pap in die broek is en geen ruggraat het om op te staan en soos sy bereid is om jou eie lewe te offer vir ons nageslag.
Vra eerder elke slagoffer van geweld verskoning omdat jy wat hier lees dit toelaat.
Onthou net, slegte floreer wanneer goeie mense niks doen nie.
Ek is jammer dit het gebeur want ek is een van die ons!!!

Johannes ·

Ek sê weer – ek het baie groot waardering wat Afriforum probeer doen maar dit is tyd om ons eie gewapende mag op die been te bring. Berade en petisies en briewe help niks!

vermeende ·

Koos, ek weet nie van watter Mnr de Klerk jy praat nie, daar is ‘n hele lot in ons land maar as dit die een is wat ek dink, sy naam skryf mens met klei letters daar is geen hoof letters vir hom nie en dit is maar net ‘n gebaar uit minagting vir sy verraad.

Johan ·

Met skaamte moet ek erken dat ek deel is van die slegste, lamsakkigste, papbroekigste volk op die totale aardbol. Te sleg om selfs in ‘n volksmoord situasie soos waarin ons tans is in te gryp. Nee almal is geskok, kwaad, gee raad en skree al vir 21 jaar dat genoeg nou genoeg is. Weet julle wat? Ons verdien dit bloot omdat hierdie volk verseg om saam op te staan en die land met verstand, kundigheid en ondervinding tot sy sinne te forseer. Dis nie polities korrek nie. Siestog. Skandalig !!!

ANDRÉ ·

Ons bid vir hierdie dapper en liefdevolle moeder, en die hele gesin. As hulle ooit hierdie swernote vang, gee hulle bietjie vir my. Ek wil vir hulle wys wat ek met ‘n koevoet kan doen!

ou vic ·

Stel aan die revering n ultimatum. Vir elke plaasaanval sal een anc minister uitgewis word!!!

Hugo Diedericks ·

Hoekom word die ras van aanvallers en onskuldiges slegs genome indien dit wit op swart is…in alle gevalle waar dit swart op wit misdaad is, word ras nooit genoem…kies die een of die ander en wees konsekwent asb.

Die Wet ·

Johan, wat is jou plan? Se net waar en wanneer en ek is daar.

Hilda ·

Dit help nie almal gee raad nie. Moenie dink nie doen net. As jy kan, gee hulle vir die Grotman.

margi ·

Nog ‘n Noord Wes plaasaanval gisteraand in Magaliesburg/Vlakdrif distrik. Boer geskiet….geen verdere inligting nie…dra iemand kennis hiervan?

Johannes Meintjes ·

Ek begryp nie. Daar was mos nou al ‘n aantal “berade” die afgelope jare en die groot AfriForum/ Solidariteit inisiatiewe se Plan B, wat misdaadbekamping insluit. Waarom dring plaasaanvallers en terroriste met duidelike agendas en politieke opdragte dan deur ons hoog aangeskrewe burgerlike beskermingsinisiatiewe, beter organisasie, meer effektiewe kommunikasie en nasionale buurtwag samewerkings?

vermeende ·

Johannes ek hoop jy lees die volgende.
Daar bestaan nie so ‘n ding soos misdaad bekamping nie. die enigste persoon wat misdaad kan bekamp of inkort is die persoon wat dit pleeg en nig wat ek of jy doen gaan hom van plan laat verander nie.
Die misdaad bekamping soos dit voorgestel word sluit burgerlike patrollies en sektor polisieering in, nou wat vermag jy met die aksies?
Die misdaad in jou omgewing neem af maar wat jy werklik doen is om die misdaad te verskuif na verdere en sagter teikens waar die eintlik onmoontlik is om misdaad op die manier te bekamp, ons ouetehuise en plase.
Steel en moor gaan hy steel en moor al moet hy 1000km loop en moenie dink hy sal dit nie doen nie want hulle stap reeds van heinde en vere oor ons grens om hier te kom steel en moor.
Statistieke het bewys, met patrollies neem misdaad in een gebied af maar ontplof in n volgende.
Gelukkig kan daar nog 24 planne wees na plan B voor ons by plan Z uitkom.
Die vraag is, het ons tyd?????

Olga Minnie ·

So so jammer dat so ‘n pragtige land so swak bestuur word…ons hande is afgekap…ons polisiemag se hande is ook afgekap tree hulle op word hulle uitgemoor. Ons moet net glo en vertrou dat God ons kan help om ons land weer stabiel te maak. Sonder dissepline en veiligheid het ons niks nie slegs hartseer en woede! Sterkte aan die pragtige mamma en familie mag julle ‘n wonderlike lewe hê wat voorlê.

christine ·

Stuur asb na almal wat julle ken. AfriForum is besig om na die Verenigde Nasies te gaan i.v.m. die plaasmoorde en boere wat so geteiken word. Hulle het ook November verklaar as plaas moorde maand.

As hulle 100,000 stemme het, kan hulle ñ dokument aan die Verenigde Nasies oorhandig om in te tree. Hulle gaan ook die klag indien by die presedent want die SAPD sleep hulle voette. Hulle het nou 4,000 en kort nog 96,000 stemme om 100,000 te kan hê! Sms net jou naam na 45353.

Elke telefoon mag net een maal stem en dit kos jou R1,50. As ons nie nou intree en elkeen iets doen nie, waar gaan dit eindig vir ons boere? Vra asb. familie en vriende om ons te ondersteun hiermee asb? SMS jou naam na 45353. Hierdie is vir ñ baie goeie doel!

Q ·

Ek dank die Here dat hy my ñ uitweg gaan gee om uit die land te kan kom. Hartseer. Maar ek doen dit vir my kinders se toekoms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.