Dapper polisieman trek ‘rowers’ vinnig vas

Konst. Mthetheleli Lumkwana. Foto: SAPD

ʼn Oos-Kaapse polisiebeampte se flink optrede het daartoe gelei dat twee vermeende rowers vasgetrek is oomblikke nadat hulle ʼn vrou van haar selfoon beroof het.

Konst. Mthetheleli Lumkwana was Woensdag in Duncan Village buite Oos-Londen in ʼn taxi op pad werk toe, toe hy deur die voertuig se venster gesien het hoe twee mans ʼn vrou met ʼn mes beroof. Lumkwana het die taxibestuurder aangesê om stil te hou en hy het uitgespring en die verdagtes agternagesit.

Met behulp van ander motoriste kon Lumkwana daarin slaag om albei verdagtes vas te trek. Hulle is op die plek in hegtenis geneem en die vrou se selfoon is aan haar terugbesorg.

Lt.kol. Mkhombiseni Mkhize, bevelvoerder van die Duncan Village SAPD, het Lumkwana geloof vir sy dapper optrede. “Ek het die grootste respek vir konst. Lumkwana. Hy het vinnig opgetree om die verdagtes vas te trek en tot die vrou se redding te kom. Sy heldhaftige optrede is ʼn aanduiding van die Duncan Village SAPD se toewyding om misdaad hok te slaan en misdadigers aan die pen te laat ry,” het Mkhize gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Annemarie Strydom ·

Kan ons hom nie kloon nie. Ons is trots op hom.

Skybird ·

Trots op jou kollega, hoop dit maak oë oop wat in die departement dien, op afleiding was jy van diens en nog steeds opgetree, jy verdien ń bonus, welgedaan

Gideon ·

Dear Const Lumkwana we as law-abiding citizens salute and thankyou for your heroic act. Hope you will be recognised properly by your comander. Not in the way our current government hate people that try and honour the laws of this country – Pravin and others that are a huge tread to them????

Bs ·

Lumkwana jy is ñ held! Dankie vir wat jy vir die gemeenskap doen! Ons het immers meer manne soos jy nodig in blou!
Mag jy geseën wees op jou pad vorentoe!

Gideon ·

Dear Const Lumkwana we as law-abiding citizens salute and thankyou for your heroic act. Hope you will be recognised properly by your comander. Not in the way our current government that hate people that try and honour the laws of this country – Pravin and others that are a huge thread to them????

Irene ·

Hoop net hulle sit baie lank polisie doen harde werk om skelm te van dan loop julle weer op strate rond goed gedoen mnr polisie man

Joey ·

Baie dankie konstabel Lumkwana. Dit is polisielede soos jy wat die gemeentskap weer geloof gee in die SAPS. Duidelik is jou werk as polisieman ñ roeping en nie net ñ beroep. Ek salueer jou.

Ange ·

Give that man a Bells! Mag dit n inspirasie wees vir die wat net om KFC wil rondhang en dan n uiltjie gaan knip onder n boom.

Die man verdien om sy eie motor te kan bekostig.

Mielie ·

Hey whena man. Jy lyk en staan soos ‘n opregte poliesman. Die hele land is trots op jou. Ek hoop jy inspireer die ander poliesmanne wat net salaris wil trek. Ek hoop ook een van die plaaslike boere laai ‘n skapie af vir jou by die stasie met ‘n lemonadetjie !

Anoniem ·

Dis nou soos ‘n polisieman moet lyk! WAKKER en FIKS. Ek dink min polisiemanne en -vrouens sal kans sien om boewe in te hardloop want hulle is te vet.

"oop lippe" ·

Mooi mahn Lumkwana, jammer dat jou optrede nie regtig erken gaan word, want môre is daai bafana bafanas weer in die straat om te begin waar jy hulle gestuit het met dit wat hulle famous voor is. Wat ‘n klug!!!??

Asmain ·

Bly om te sien daar is nog polisiemanne wat kan hardloop! Well done!

Melinda Marshall ·

Hierdie dapper polisie beampte behoort n Ere toekenning te kry vir sy dapperheid. Sowaar baie trots op hom. Hy is n ware held.

leoni ·

Welgedaan Jong man. Dit is hoe mense in uniform behoort te lyk. Netjies en trots.

Amanda Landman ·

Give that man a bells…en sommer n whistle ook! Welgedaan jong man ?⛤?

Hennie ·

Mooi Boetman, jammer dat jy so landwyd blootgestel word deur ‘n foto in die koerant!

vermeende ·

Dapper dokter skryf medikasie voor.
of, dapper prediker verkondig die Woord.
Of, dapper brandweerman maak kole dood na n braai, hoekom klink dit verkeerd, is die polisieman dan nie juis opgely vir sy werk nie en dan hoekom dapper?
Hel man, hy’t nie onder n vuurreen n gestremde ouma en kind uit die kake van n leeu gered en n bom ontlont nie.

En so help die media helde soek waar daar geen helde te vind is nie nes die regering jaarliks midaljes uitdeel aan kaders.

Tinka ·

As jy ‘n taalles wil gee, leer asb ten minste spel. Hierdie polisieman het sy lewe in gevaar gestel om iemand te help. Hy het nie geweet watter tipe wapen hulle gehad het nie, tog het hy nie geskroom om op te tree nie. Dis ‘n dapper optrede.

latie ·

ek is baie trots op hom party polisie man doen nie sommer wanneer hul af diens nie en gee daai man vir kapt pos moes steeds in strate werk nie kantoor nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.