Daso eis Blade Nzimande se kop

Daso (Grafika: Daso Wes-Kaap/Facebook)

Die DA-studenteorganisasie (Daso) sê hy het in 2020 reeds versoek dat meer finansiering vir die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) beskikbaar gemaak moet word, omdat hulle die probleme voorsien het wat tans aan die gang is.

“Hierdie aanbevelings, asook hoe ons die departement van hoër onderwys aangeraai het hoe die Covid-19-pandemie by universiteite hanteer moet word, is ontvang, maar nooit uitgevoer nie,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê.

Daso eis nou die volgende:

  • Dat minister Blade Nzimande dadelik sal bedank;
  • Dat alle aanvaarde studente toegelaat moet word om onder spesiale omstandighede te registreer totdat ʼn finansiële oplossing bereik kan word;
  • Dat die departement, NSFAS en nasionale tesourie sal vergader om die noodsaaklike fondse teen die einde van April beskikbaar gemaak sal word; en
  • Dat bestuur van universiteite met studenteorganisasies sal saamwerk om spanning te verlig en verdere geweld te voorkom.

“Daso veroordeel ook die polisie en minister Bheki Cele wat jare lank al voortgaan om uitermatige krag toe te pas tydens studentebetogings. Die tragiese afsterwe van Mthokozisi Ntumba verlede week het opnuut gewys dat die land nie ʼn bekwame polisiemag het nie. Ons het oor die jare deur verskillende tragedies geleer dat ons SAPD-personeel nie behoorlike opleiding ontvang nie, veral nie wat die bestuur van skares betref nie. Selfs ná Opod ʼn verslag uitgereik het wat bevestig dat die afsterwe van Andries Monareng (ʼn TUT-student) die gevolg was van twee polisiebeamptes wat skerp ammunisie gebruik het, is daar nog nie enige skuldigbevinding nie.

“Dit duur al jare lank voort. Genoeg is genoeg! Ons sal seker maak dat geen student agterweë bly nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Aikie ·

Liewe Vader! Die polisie het regtig die poefie end van die stok! Wanneer gaan die studente/ betogers/ wie ook al wil betoog agterkom dat jy nie net regte gekry het volgens die Konstitusie nie, maar dat die regte gebalanseer word deur verantwoordelikhede.
Wanneer jy betoog moet jy as betoger weet dat jy nie ander mense om jou se regte mag aantas nie. Doen jy dit wel, moet jy probleme verwag van die polisie, want jy het jou regte oorskry.
Dit is die polisie se werk om die regte van alle burgers te beskerm. Oortree die betogers die regte van die res van die mense om hulle moet die polisie optree in gelyke mate. Dit is die prinsiep van minimum geweld.
Kry hout, bou ‘n brug, kom daar oor. Julle maak droog en die res van die populasie moet met julle gemors saamlewe.

Henry ·

Ek wonder soms of daar regtig geld is vir dit als en of die geld nie reeds gebruik is nie. As die geld op is, gaan dit niks help om sy kop te eis. Want die probleem sal nie opgelos word om een met ‘n ander te vervang nie. Die probleem in die geval is groter as die minister en lê wyer as net DHET.

Fedup ·

Okay, got me popcorn, coke and sweets.
Let’s see how this one will play out.

Kokerboom ·

Absolute twak. Studie NIE gratis wees maar per lening geskied. Dit skep verantwoordelikheid en verpligting.Laat hul grais studeer solank die belastingbetaler NIE daarvoor opdok. Iets wat iemand gratis kry word NIE waardeer

Chris ·

Ek stem of anders as hulle wel gratis studeer moet hulle die aantal jare wat hulle graitis studeer het weer vir die regering gratis werk en , ek bedoel werk nie net teenwoordig wees nie. Verder as die eerste keer wat jy druip moet jy gaan werk en dan die studie geld terug betaal.

JohanR ·

Alles verniet is nooit alles verniet. Iemand moet daarvoor betaal. Maar dis hoe die ANC maak om sy stemme te kry……saam met vry kospakkies en T-hemde.

Chris ·

Ja verseker hulle druk die land diep in die rooi om nog stemme te kry. Weet nie hoe gaan hulle dit ooit kan omkeer nie.

Gideon ·

Mens sou dink dat die DA in staat is om te verstaan dat daar nie genoeg geld is om vir almal gratis onderwys te verskaf nie. Dit is goedkoop politiekery.

ONTPS ·

Wat gaan die “studente” doen as die salaris VERDIEN moet word? Niemand kan ‘n lewe en gemeenskap bou deur tantrums te gooi as jy nie jou sin kry nie

Sarel ·

Ongelukkig betreur julle nie die geweld wat tydens betogings voorkom en waar geen Disiplinere stappe teen Studente geneem word nie. Klink baie EFF erig

Henry ·

Ek dink natuurlik geld is min of op. En natuurlik in ‘n sosialistiese stelsel soos wat ons tans in is, word daar tog van iemand anders se geld af geleef. Ek dink nie daar is enige staatsinstelling wat suksesvol inkomste genereer nie. Dit wil sê dat die belastingbetaler opdok vir baie van die uitgawes van die staat. Maar ook as jy van iemand se geld af lewe en dit raak al minder en minder raak die geld op en is daar niks meer om van af te leef nie. Die pap val lankal reeds op die grond. Niemand in die ANC wil of kan dit meer keer nie want geld is op of vir ander nie belangrike goed gebruik wat nie bydrae tot die samelewing of die instandhouding van infrastrukture.

Yvonne ·

Die ANC het baie beloftes gemaak wat hulle nie kan nakom nie.omdat dit nie oor n lang termyn uitvoerbaar is nie…die studente wat so oproerig raak….gebruik daai verstand….werk vir wat jy wil he

Jakes ·

Uiters lagwekkend. Agso Daso, die koei is lankal droog gemelk en steeds moet alles verniet vir julle gegee word. Die slaagpunt vir studente is reeds erg verlaag, die slaagsyfer van studente is pateties maar steeds soek julle meer en meer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.