Daspoort-tonnel gesluit ná mislukte kaping

(Foto: Twitter/ Fleurette du Rand)

Die Daspoort-tonnel in die weste van Pretoria is Woensdagoggend weer oopgestel nadat dit vroegoggend tydelik gesluit was weens ’n vragmotor wat in die tonnel aan die brand gesteek is.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het aan Maroela Media bevestig dat die tonnel net voor 08:00 vir motoriste oopgestel is. “Alles is onder beheer en verkeer vloei weer,” sê hy.

Volgens Mahamba was die tonnel nié gesluit weens ’n betoging soos op sosiale media en in mediaberigte beweer is nie. Hy sê die situasie het ontstaan weens ’n kaping van ʼn  vragmotor wat glo “verkeerd geloop het”.

(Foto: Twitter/ Fleurette du Rand)

“Kapers het tussen 03:00 en 04:00 probeer om ’n vragmotor in die tonnel te kaap.” Mahamba sê dat die kapers die vragmotor in die tonnel voorgekeer het en ’n vuurwapen op die vragmotorbestuurder gerig het. Die bestuurder is ook met die vuurwapen aangerand.

“Ons is nie seker wat presies verkeerd geloop het nie, maar die vragmotor is in die tonnel aan die brand gesteek waarna die kapers weggehardloop het.”

Mahamba sê die bestuurder het nie ernstige beserings tydens die voorval opgedoen nie, maar is wel baie getraumatiseer.

Volgens Mahamba is die vragmotorbestuurder op die toneel deur polisie ondervra en sal hy later vandag mediese behandeling ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

wielie ·

Aia ai sal hulle asseblief n nood tonnel langs die Daspoort tonnel bou vir gevalle soos die?
Die noodtonnel sal wees vir die taxi’s en al die haastige mense wat verkeers reels oortree. Dan sal daar spoedige verkeers vloei wees van en na die weste……

Willie ·

Dis omdat die tonnel verwaardeloos is! In die verlede hat alle buis ligte aan die kante gewerk, die brandweer het die tonnel skoon gespuit van roet! Die tonnel lyk soos n grot! Kom DA waar is julle sogenaamde verandering?

Stella ·

Willie,,AL hou,wie okal die tonnel skoon en met ligte belaai ens.ens.,,niemand staan n kans as jy in n tonnel voorgekeer word nie,omdraai is geen kans nie! Die oplossing is dat patrolering dalk die oplossing kan wees,mits die mannekrag daar is,maar dis,lyk my nuwe trick van kapers om tonnels te teiken,veral daai tyd van die nag.

Johnnie ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat hulle sê dat dit nie betoging is nie maar op die foto kan jy sien daar is brandende bande in die pad voor die trok of het hulle dit gedoen om die trok tot stilstand te bring. Die tonnel raak deesdae baie gevaarlik en niemand doen iets daaraan nie. Die DA is ook maar net bek en verder doen hulle niks nie.

Nita ·

Ek kan net weer smeek: Here help ons asseblief teen die oormagte van kriminele. Wees ons genadig. Ons land word verswelg deur kriminele en korruptes.

Db ·

Hierdie tonnel is ‘n gevaar. Ry met angs deur dit en is die plek ‘n gemors. Glo dit of nie maar daar is van hierdie wesens wat verbysteek as jy te stadig ry. Die alewige toeter drukkery wil jou van jou kop laat afgaan en weet nie wat die rede daarvoor is nie. Die metropolisie se kantore is loopafstand van die tonnel af maar is nie sigbaar vir handhawing nie. Kan die “nuwe” burgermeester sy kaders opdrag gee om elke dag daar deur te ry sodat hulle ook kan voel soos ons wat gebruik maak van die tonnel

Willie ·

Bou n muur en hou die ander lande se illegals hier uit… Hulle is n groot probleem

Beatrix Sherman ·

Ek wonder hoe lank gaan die Danville tonnel nog staande bly voor hy ook in mekaar tuimel>> As dit gaan gebeur sal daar baie onskuldige mense beseer word .Iemand sal moet plan maak om na die tonnel te om sien .

brens ·

Ek was geskok om te lees hoeveel onwettige mense in SA is; gn wonder dit lyk soos dit lyk in ons land nie! En die misdaad!

Bs ·

Ek wonder hoe lank gaan die Danville tonnel nog staande bly voor hy ook in mekaar tuimel>> As dit gaan gebeur sal daar baie onskuldige mense beseer word .Iemand sal moet plan maak om na die tonnel te om sien .

Willie ·

Db ek stem, die Metro Polisie sal mense eerder by die robot aftek, by hulle kantore, loopafstand van die tonnel… Daar is meer eet plekke vir hul magies net oorkant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.