Dataherwinning duur voort ná kuberaanval op City Power

City Power is vandeesweek lamgelê deur ‘n kuberaanval. (Foto: pixabay)

Die Johannesburgse kragverskaffer City Power het hulp uit verskeie oorde, onder meer van kuberveiligheidskenners, ingeroep om sy IT-infrastruktuur te help herwin en herstel, ná ʼn kuberaanval die afgelope week.

ʼn Rekenaarvirus het die kragvoorsiener Donderdag lamgelê. City Power het gesê ʼn virus het sy IT-stelsel binnegedring en die sagteware en databasis aangeval.

Dit het onder meer beteken dat verbruikers nie elektrisiteit kon koop of die webwerf besoek nie. Die voorafbetaalde stelsel wat die meeste verbruikers gebruik, is teen gistermiddag herstel.

Teen vanoggend is die bedieners vir groot kragverbruikers soos myne, fabrieke, winkelsentrums en hospitale ook herstel.

“Ongelukkig is die webwerf steeds af, wat beteken verskaffers wat fakture wil indien, sal nie kan nie.

“Dit gaan ook betalings raak vir werk wat gedoen is. Ons doen ʼn beroep op [kontrakteurs] om hulle fakture self by City Power se hoofkantoor in Booysens in te dien,” het City Power gesê.

Kliënte kan ook www.citypower.mobi besoek om probleme aan te meld.

City Power se IT-span werk intussen nou saam met die ondersoekers wat die oorsprong van die virus moet vasstel. Die span word bygestaan deur verskeie nasionale veiligheidsagentskappe, wat die aanval op City Power as ʼn nasionale kuberbedreiging beskou.

Die kragvoorsiener sê sy spanne het deurnag gewerk en sit hulle werk vandag en die naweek voort om te verseker dat die herwinningsproses afgehandel word.

“Ons bedank Johannesburg se inwoners vir hulle geduld in dié tyd en vra om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak is,” het City Power gesê.

Hy het onderneem om verbruikers deurlopend op die hoogte te hou van die stand van sake.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andre Coetze ·

Nee wat.Ek is jare al in die IT berdryf.As jy nie na jou stelsel omsien en elke dag bestuur en onderhou nie gaan sulke goed gebeur.Dit behels opdatering ens ens.Kry kundige mense wat die werk kan doen dan sal nasorg nie nodig wees nie.

IT ·

Onbevoegdes kry mos die tenders! Rommelstatus is ons voorland!

Ja swaer ·

Ja dis soos SARS se wonderlike nuwe app. Ek werk gereeld op efiling, laai toe maar die app op my selfoon en siedeaar! die app weier my username and password en wil nie dat ek inteken nie. Wonder wie doen SARS se IT

Johan Swart ·

Almal wat n selfoon deesdae kan af en aan sit is mos n I.T. Administrator by hul pappa se werk….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.