Datum en plek van nasionale biddag bekend

Angus Buchan. Foto: Facebook

Die evangelis Angus Buchan het vroeër verlede maand bekend gemaak ʼn nasionale biddag sal op 22 April gehou word.

“Ons gaan op 22 April ʼn nasionale dag van gebed hou en doen ʼn beroep op alle mense van regoor die land, van Tzaneen tot in die Kaap en van Upington tot in Durban, om bymekaar te kom – een miljoen van ons.”

“Ons is moeg vir mense wat die reg in eie hande neem. Ons gaan die Here vra om geregtigheid, vrede en hoop in die land te bewerkstellig”.

Honderde sukkel egter om akkommodasie vir daardie naweek te kry en vra dat die ‘diens’ regstreeks uitgesaai word.

Dié biddag sal op Saterdag 22 April 2017 op die Wilde Als-plaas net noord van Bloemfontein plaasvind. Dit sal omstreeks 14:00 begin en rondom 17:00 eindig. Toegang is gratis.

“Ek glo regtig dit is ons laaste kans om weer normaliteit terug te bring na Suid-Afrika. Kanselleer al jou afsprake en vergaderings en maak seker dat jy dié dag hier is. Ek was nog nooit so opgewonde in my lewe nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Susan ·

Dankie aan ons Hemelse Vader vir oom angus om ons bemekaar te bring

botterblommetjie ·

Mag kleur nie ‘n verskil maak nie… Mag God die dag en gebed seën…. Mag ons met al ons verskille en probleme die dag saamstem oor 1 feit…. Net God kan ons red… Dankie Angus…. Dankie Jesus!!

Johann ·

Om te bid is om te vra en dan vra ou in geloof wat ‘n daadsaak is, watter plan van aksie is beding, bv soos die Gedion van ouds,??

Johann ·

Hi Johann. Van nog n Johann. Stem meer as saam met jou. Die WOORD sê: “waak en bid”. So dis n opdrag wat hand aan hand gaan. Behalwe in GELOOF staan wanneer.ons die wil van God bid…MOET ons waaksaam wees van en vir wat om ons aangaan. Dit sluit in om BEWUS te wees van die manifestasie van die oorlog teen boosheid om ons… Laat ons NIE naief wees nie, en nie bloot stilsit en stilbly oor die ooglopende aanslag nie. Johann

Saam in gees ·

Hier uit Arabië is ons in gees ook daar. Ons bid saam vir n ieder en elk in ons land.

Aster ·

Dit sal wonderlik wees as hulle dit regstreeks kan uitsaai.

Genieve ·

Dankie Here vir hierdie dag wat uitgesit is.Waar daar 2/3 in sy naam vergader daar sal Hy wees.Dis nie hy wat se Here,Here nie maar hy wat die wil van sy Vader doen …Prys die Here!!!

Joh. 3:16 ·

Jou teks aanhaling het nie eerste iets te doen met mense wat in gebed verkeer nie. Gaan lees die voorafgaande deel. Dit gaan oor die tug. As iemand in kerk skuldig is aan ‘n ernstige openbare of herhaaldelik ‘n sonde doen, en die vergadering van 2/3 neem ‘n besluit tot eer van die Here, verseker Hy sy teenwoordigheid.

Grieta ·

Die diens sal regstreeks uitgesaai word soos hier berig gesé is. Selfde tyd en dag? Sal daar ‘subtitels Afrikaans’ gewys word omrede ek doof is en nie in Engels magtig is nie. Op Sondae op kyknet wys die subtitels afrikaans terwyl preker oom Angus in Engels gepreek is. Hoop dit word ook gedoen op Bid dag.

MARLENE ·

Dankie Here dat U ons smeek gebede gaan verhoor. Dankie dat Oom Angus hierdie geleentheid aangegryp het en ons gaan lei. Here Jesus ons is moeg van haat, moord, geweld, en korrupsie. Baie van ons se kinders woon vandag in ‘n anderland omdat hulle nie hulle kinders hier wil grootmaak nie. Here eersdaags vertrek ek na daardie anderland toe want ek kan nie meer sonder my kinders nie. Vader dit skeur my hart in twee want ek laat my Susters en hulle families agter. Here ons vriende, gemeentelede en kollegas moet ons ook voor totsiens sê. Dit breek ons hart om te weet in watter gevaar hulle in Suid Afrika leef. Here ek vra net geregtigheid. vrede en sëen vir ons pragtige land. Laat U wil geskied amen.

Joh. 3:16 ·

Hier is my dilemma met die soort aksies: “Ek glo regtig dit is ons laaste kans om normaliteit terug te bring na Suid-Afrika.” Dit is Mnr. Buchan se laaste woorde by die berig wat my pla. Ek glo aan God Drie-enig as ‘n soewereine God wat in beheer is van die lotgevalle van volke en nasies. Wat in SA gebeur is nie buite sy beheer nie. ‘n Miljoen mense besluit nie wat is normaal en wat nie. Ons is sondaars en sonde het gevolge. Ons moet nie ons self regverdig deur die gevolge van ons sonde net af te maak as abnormaliteit nie. Ons kan 10 miljoen wees wat almal gelyk vir God skreeu vir normaliteit, volgens ons wense van normaliteit. Maar as ons nie ons sondes van apatie, onverantwoordelikheid, individualistiese eie belange dien en onbetrokkenheid by ons kerke en omgewings erken en berou nie, sal niks normaal wees in ons eie oë nie.

Adri ·

Dankie hiervoor. U is korrek. Gebed kan nie as ‘n massa-aksie gebruik word asof ons God met getalle gaan oorreed nie. Elke gelowige se gebed het net soveel krag as 1 miljoen mense s’n. Kom ons bid almal gereeld in ons persoonlike gebede vir ons land. God, die Albeskikker, sal uitkoms bied op sy tyd en sy wyse.

Christa ·

Prys die HERE, ek is nie ‘n sondaar nie, ek is ‘n verloste!! Christus Jesus se bloed het my sondes afgewas!! Ek is Sy kind!! Al struikel ek, niks of niemand kan my uit Sy hand ruk nie. Hy is my Verlosser!!!

Pierre ·

Geloof moet so groot vir elke mens wees, en ook vir jou dat elkedaagse nietighede nie enigsins n bekommernis vir elke mens sal wees nie. Geloof in ons Almagtige Vader moet nie onderskat word nie. Dis hoekom Hy ALMAGTIG is, hoe dan anders. Gee oor aan Hom, vertrou Hom met alles, en wat kan verkeerd gaan?

Vernon ·

Ek dink dat Angus bedoel met laaste kans, is dat die geleentheid hom nie sommer weer sal voor doen nie. Ons kom nie bymekaar om God met getalle te probeer be-indruk of oortuig nie , dit is ń dag van verootmoediging , waar die nasie voor die Here kom om Sy aangesig te soek , hulle sonde te bely en te wys hulle draai terug na Hom toe , dan volgens Sy belofte sal Hy hoor , ons sondes vergewe en ons land genees. As iemand nie in sy hart oortuig voel om te gaan en of dit is dalk nie moontlik om te gaan nie , staan dan net saam in gebed en wees saam in die gees. Die Voortrekkers het (as voorbeeld ) nie elkeen in sy eie wa of tent gebid nie op gelofte dag nie , maar hulle het saam voor die Here gestaan en Sy aangesig gesoek.
Mag ons Here op ń wonderbaalike wyse met ons as nasie ontmoet en ons roep om hulp aanhoor. Soos die Woord sê in Psalm 91 , roep My aan in die dag van benoudheid en EK sal jou uitred en jy sál my eer.
Amen

Jem ·

Ek smeek u God en Hemelse Vader. Net u kan ons gebede verhoor. Amen ???

Jan Karsten ·

Alles goed en wel, die plaas Wilde-Als, Noord van Bloemfontein, op watter pad. (Roete Nr. aub.)

Johann ·

En daar slaan die Afrikaner “isme” sonder skroom deur. Blind en doof vir die ooglopende goedbedoelde innisiatief. Moet op ons eie kassie staan en my mening lug. My insig oor reg/verkeerd…ja maar…wat van…Verdeeld eerder.as n vertoon van selfdenkende gelowiges. Ai tig…maar wat ek wel dink mag bydra tot gebeds eenheid; is om ander plekke ook saam.te kom op die dag. En n baie baie baie duidelike boodskap van hoekom ons saam bid. Teen wat…skaamteloos getuies as verlisdes en gelowiges. So AS jy deel uit wil maak van die dag…daars nie plek vir huigelary en “politieke” gewin en korrektheid nie…

Ricky ·

Daar is ‘n gebedsgeleentheid in ons land UP4SA (United Prayer for SA) waar daar vir die 2de agtereenvolgende jaar op eendag op verskillende plekke saam gebid is vir voorafbepaalde sake soos ons kabinet, teen korrupsie, droogte ens… waarby oom Angus, Lindie Strydom, Joe Niemand en vele meer betrokke is. Laasjaar het 220 dorpe reg oor die land saamgebid. Die jaar was die biddag op 26 Februarie. Hulle webtuiste is http://www.up4sa.co.za

Grens ·

Baie goeie nuus, as ek en my gesin gespaar bly tot dan, is ek daar!!!!!!

LINDA ·

Kan nie Bloem toe gaan
Maar sal heeldag in gebed wees saam Oom Angus

Alida ·

Dit sal wonderlik wees as dit regstreeks uitgesaai kan word. Die wat so kla oor die plek! Jy het genoeg tyd om uit te vind. Mens kan nie op SABC staatmaak nie probeer Kyknet.

Hannes ·

As ons vir eens kan saam( STAAN??) nie in sy eie huis of op televisie nie?? en glo en vertrou op GOD sal HY ons help en die lewe beter maak in die RSA. HELP ONS MY GOD EN VADER. AMEN

Luka ·

As die bid diens ten minste op radio direk uitgesaai word kan daar soveel meer mense deelneem wat nie by Bloemfontein kan uitkom nie.

Alida ·

Hou net moed. Angus weet almal kan nie daar wees nie. Dit sal of radio of TV wees. Daar is nog baie tyd.

Carel ·

Angus, vra ook die mense om kerke wat so leeg staan by hul huise ook te ondersteun. Snaaks hoe skielik ‘n klomp christene uitkruip as Angus iewers praat, maar tuis sien jy hulle nooit in ‘n kerk nie. Hulle sal met net soveel liefde daar ontvang word.

Sakkie ·

en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
II KRONIEKE 7:14 AFR53

Fiona ·

Dankie Liewe Heer vir Oom Angus wat U gebruik om U Woord te verkondig. Ons dames is daar Oom Angus. Oom Angus , Tannie Jill en die hele Shalom span julle is in ons gebede. Hou aan met die goeie werk wat julle doen. AMEN

Marietjie ·

Amen God het vir ons n man gestuur om te volg. Mag God die 22ste April deur oom Augnus spreek. Staan saam asb WIT SWART BRUIN. Ons is almal mense wat God so nodig het…… GOD BLESS

Flibo ·

Mag Onse grootte God en almagtige Vader vir oom Angus krag gee om hierdie dag n spesiale dag vir onse Here en God te maak. Mag ons mense weer besef dat God nog altyd ons Vader is en sal bly tot in alle ewigheid, ons moet net terugkeer na Hom toe. Kom dis nou die tyd !!!!

Dries ·

Daarsy Oom Gus hierdie een be taal sommer jou volgende twee mielie oeste. En n paar hoenders ook.

John ·

Waar is ons Afrikaanse predikante? Maar as dit ‘n Afrikaanse predikant was wat so ‘n oproep gemaak het, sou niemand opgedaag het nie. Dis waar. Ons is ‘n skynheilige spul Afrikaners. Stuur jul kinders na Engelse skole en universiteite toe en hou op kla.

leoni ·

Hoop van harte dat dit uitgesaai sale word or die radio of TV Gedurende die diens.

Pierre ·

Die Here is ver van die goddeloses af maar Hy hoor die gebed van die regverdiges SPREUKE 15:29

Jaline ·

Ek sit nou en dink… sê nou daai naweek kos ‘n persoon ongeveer R500 (petrol, kos en verblyf) en daar gaan 1miljoen mense wees… Wat as almal in hulle eie dorp saam sou kom bid en daai R500 skenk vir…?

realis ·

Ralph, my vriend, jy verstaan.
Hierdie man is die vals profeet waarteen die Bybel ons waarsku.
Mense hardloop weg met die ding omdat hulle gewetens hulle pla

Anoniem ·

Ralph, het jy konkrete bewyse vir jou beskuldigings oor Angus Buchan?

John ·

Oom Angus? Praat die oom Afrikaans? Hoekom wil hy altyd alleen die woord voer? Hoekom nooi hy nooit ‘n paar ander predikers ook om die dienste te lei nie? Waaarheen gaan Oom Angus en julle trek as ons plase ook ge-Zim word? Terug ‘home’ toe saam met hom? Die woord ‘plaas’ is hierdie Engelse oom se towerwoord. Sonder dit, en sy hele aanhang val plat. Dit gaan by sy byeenkomste meer oor grond en goed en verontregting as die Woord self, vandaar die groot opkomste.

Madelyn ·

John kan ek net vir jou een ding se. Oom Angus is n man wat die Here met sy hele wese dien. Toe hy genader was om ons as Christene te lei in n reuse gebeds byeenkoms het hy ERNSTIG daaroor gaan bid en die versoek BAIE ERNSTIG voor die Here gebring. God het vir hom toe leiding gegee en dis waar die hele visie vandaan kom om as n hele land in EEN plek bymekaar te kom. Die dominees vir die meeste part (nie almal nie) is maar net te gelukkig om hul mooi Mercecez en BMW’s te ry en is nie baie gepla oor dit wat in ons land aangaan nie, ongelukkig. So GOD SAL iemand OPROEP wat WIL n verskil maak. Pasop, dit kon selfs n SWART MAN of vrou gewees het. God roep WIE HY WIL om SY WIL te doen.
Ek dank die Here dat Oom Angus nie ge-interesseerd is om sy eie beuel te blaas nie. Hy mag miskien nie Afrikaans praat nie MAAR HY GEE OM, GENOEG om hierdie roeping baie ernstig op te neem. Gaan sorteer asb jou hart uit want deur dit wat jy hier geskryf het, is dit duidelik daar is iets nie reg in jou hart nie.

Elana ·

Ek weet nie….. die bybel waarsku immers dat daar ‘n verdrukking kom en dat Christene onthoof en vervolg gaan word. Bid eerder vir krag om te volhard in geloof in die moeilikd tye wat kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.