Datum vas vir Oscar-appèlsaak

Oscar Pistorius tydens sy moordverhoor in die hof. Foto: Daniel Born/The Times/ SAPA

Oscar Pistorius tydens sy moordverhoor in die hof. Foto: Daniel Born/The Times/ SAPA

Die staat se appèl teen Oscar Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag gaan op 3 November in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor word.

Die paneel regters is P Mpati, JA Mhlantla, JA Leach, JA Majiedt en AJA Baartman.

Pistorius is verlede jaar tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, deur ʼn badkamerdeur op Valentynsdag in 2013 deur  ʼn deur geskiet het. Indien die Appèlhof hom aan moord skuldig bevind, kan hy ʼn minimumvonnis van 15 jaar Pistorius opgelê word.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerhard Byleveld ·

Ek is baie dankbaar dat die saak ten einde laaste behoorlik aangehoor sal word. Myns insiens het Regter Masipa nie haar “mind apply”nie en ek het ook “favouritism”bemerk. Daar is te veel aandag aan die “tydlyn” gegee want wie kan na 1 jaar die fyn detail onthou? Opregte getuienis van onafhanklike bure wat dieslfde prent inkleur is van die tafel afgevee. Die kernaspek is dat Dolos Eventualis verkeerd interpreteer is! God slaap nie!

Issabelle ·

Ek hoop van harte dat die nuwe span regters tot beslissing sal kom & hom wel skuldig sal vind aan moord , hy OP HET moord gepleeg & iemand se lewe geneem . Hy MOET boet vir sy dade soos enige ander wat ‘n misdaad gepleeg het !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.