Datum vir ANC-konferensie in KZN bepaal

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Die ANC in KwaZulu-Natal het ʼn datum geskeduleer vir sy agtste provinsiale konferensie, maar die plek waar die konferensie gehou sal word, is nog nie bepaal nie.

Sihle Zikalala, koördineerder van die provinsiale taakspan, het gesê die konferensie is vir 19 – 21 Julie geskeduleer. “Die provinsiale taakspan het besluit om weer die opgeskorte agtste ANC- provinsiale konferensie byeen te roep om die provinsiale uitvoerende komitee aan te stel.”

Zikalala het gesê die besluit kom ná “breedvoerige interne gesprekke” oor die “uitdagings en oplossings” wat daartoe gelei het dat ʼn interdik bekom is teen verlede maand se poging om weer die konferensie te hou.

Dit is die provinsie se tweede poging om weer die agtste provinsiale konferensie te hou, wat aanvanklik in 2015 gehou is, maar verlede jaar in die Pietermaritzburg-hooggeregshof ongeldig verklaar is. Ses lede van die ANC van drie verskillende streke het verlede maand ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof gebring om ʼn interdik te bekom teen die konferensie. Die aansoekers het aangevoer kwessies soos binnegevegte en politieke moorde moet eers aangeroer word voor die konferensie kan plaasvind.

Die interdik is toegestaan terwyl registrasie vir die konferensie reeds aan die gang was. Die konferensie is daarna na ʼn “konsultatiewe gesprek” verander. Die gesprek is later laat vaar toe sommige lede geweier het dat die nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, die gehoor by die Universiteit van Zululand toespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.