Datum vir heropening van internasionale grense bespreek

Mmamoloko Kubayi-Ngubane (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het Maandag gesê die departement is besig om die heropening van grense vir internasionale reis te bespreek. Die land se grense is sedert middernag op 26 Maart gesluit toe pres. Cyril Ramaphosa die afsonderingstydperk afgekondig het in reaksie op die Covid-19-pandemie.

“Die toerismesektor word geleidelik heropen in ooreenstemming met die Covid-19-afsonderingsregulasies. Ons volgende stap is om die internasionale grense vir reis te heropen. Met die aantal positiewe Covid-19-gevalle wat stelselmatig begin afneem, is ons hoopvol om die grense gouer weer oop te stel as wat ons verwag het,” het Kubayi-Ngubane Maandag tydens die bekendstelling van Toerismemaand in Cullinan, Gauteng, gesê.

Sy het ook benadruk dat die datums vir die heropening van die grense bepaal sal word volgens die bestaande risikovlak soos deur die land se kundiges beoordeel.

“Ons korttermynfokus is tans op binnelandse toerisme. Ons glo dat Suid-Afrikaners eers in hul eie land sal reis en dit leer ken om sodoende die binnelandse toerisme te bevorder. Ons het in die vooruitsig gestel dat binnelandse toerisme ons eerste stap sal wees op die herstelpad vir die toerismesektor .”

Kubayi-Ngubane sê die departement sal in September ʼn uitgebreide veldtog vir die bevordering van binnelandse toerisme van stapel stuur. Dit het ten doel om Suid-Afrikaners aan te moedig om in hul eie land te reis met inagneming van die nodige gesondheid- en veiligheidsprotokolle.

’n Reeks geleenthede ter viering van Toerismemaand is Maandag van stapel gestuur en sal op Wêreldtoerismedag, 27 September, ten einde loop.

Kubayi-Ngubane het aangekondig vanjaar se tema vir Toerismemaand is “Toerisme en landelike ontwikkeling”. Die tema van hierdie jaar is gekonseptualiseer ter erkenning van die belangrike rol wat toerisme in die ontwikkeling van landelike gemeenskappe speel deur armoedeverligting, werkskepping en algehele stimulering van ekonomiese aktiwiteite.

Onder hierdie tema gaan die departement ook ’n reeks aktiwiteite onderneem om toerismebewustheid in plaaslike gemeenskappe te bevorder, veral in elke provinsie se landelike gebiede wat minder besoek word.

“Tog is dit hierdie landelike gemeenskappe wat die meeste gely het onder die verwoestende impak wat die Covid-19-pandemie op die toerismesektor gehad het. Sonder die toerismesektor wat vir hierdie gemeenskappe ʼn inkomste inbring, het baie van hulle geen ander inkomste nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kokerboom ·

Met die Minister asook ANC se obsessie met landelike ,lees gemeenskaps, ontwikkeling word die groter prentjie van inklusiewe nasionale toerisme ontwikkeling misgekyk. Misplaaste prioriteite kan die gans wat die goue eiers lê en wat ALLE sektore van die ekonomie kan bevoordeel, vernietig.

Nico ·

Kokerboom, jy maak die fout om hoegenaamd enige kognitiewe funksie by die besluitnemers te verwag. Dit bestaan nie. Ek kry soms die idee dat besluite deur menere Johnny Walker, Remy Martin, Hennessy et al geneem word.

Kokerboom ·

Jip Nico. Nou so lekker gelag. Nee ek leef regtig nie op daai wolkie van illusive maar nouja mens hoop maar vir almal se onthalwe anders is dit Khubaieeee met ons

JohanR ·

Kan net dink die biljoene wat verloore gegaan het omdat toeriste nie die land in gekom het nie, maar dit lyk nie asof die verloor van biljoene eintlik die ANC veel traak nie. Die verloor van inkomste met die verbanning van sigarette en drank het die ANC ook maar blykbaar nie veel getraak nie. Soos gese word in Engels….maybe the ANC has a secret stash somewhere, or a secret plan?

Johann ·

Liewe anti KUBAI…its all in your name. As een van die ANC kaders het jy GEEN idee wat die realiteit is rondom jou en julle mags vergrype tydens die pandemie nie. Nou skielik n besef van hoeveel skade julle mal regulasies aangebring het?

marius ·

Die wat die eerste dag oorleef kan verniet in die Vaal gaan swem .

Kokerboom ·

Marius hul weet jy gaan dan omkom van al die rioolvuil…

Anel ·

Wie wil nou iewers gaan vakansie hou waar jy nie meer veilig is nie? Want dan word jy gereken ryk en gaan verseker beroof word. Nee dankie. Ek bly by my huis en hou vakansie in my tuin.

Mariana ·

Min Suid-Afrikaners sal hierdie jaar kan of wil vakansie hou en oorsese toeriste gaan ook seker maar nie volop wees nie. Dis egter tyd dat grense ook vir internasionale reis oopgemaak word. Die land moet weer op dreef kom. Ongelukkig het die regering soos gewoonlik hul eie agendas

wim ·

Hiedie is ‘n gulde geleentheid vir SA om markaandeel te wen van bv Australië wn Nieu-Seeland wat nog ‘n rukkie gesluit gaan bly.

Maak asb vroeër oop eerder as later. Daar is baie groot aanvraag in Europe met min opsies.

(En nee, dit is belaglik om te dink ingevoerde infeksies is ‘n groot risiko vir SA as die lande waar die toeriste vandaan kom laer infeksiekoerse het).

Persheks Adri ·

2 little 2 late julle het klaar die land op geneuk! Dink mos julle is slim nou wil julle wakker skrik! Dubbel sinnige reëls en regulasies. Nou is ons geld weer goed genoeg. Loop tsek man

Piet Pompies ·

Hulle will binne landse toerisme bevorder maar dan moet hulle ook nie Dollors vra nie – niemand kan meer bekostig om in SA te reis nie – dis net te duur – ‘n vakansie in Puket is goedkoper

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.