Datum vir Kaapse Klopse bevestig

Die Kaapse Klopse tydens verlede jaar se parade. Foto: Nardus Engelbrecht / SAPA

Die Kaapse Klopse tydens verlede jaar se parade. Foto: Nardus Engelbrecht / SAPA

Die jaarlikse Kaapse Klopse-parade sal op 17 Januarie in Kaapstad plaasvind.

“Die komitee wat verantwoordelik is vir die geleentheid het ingestem om aan al die uitstaande wettige vereistes te voldoen en alle nodige planne teen 12 Januarie in te dien,” het Brett Herron, waarnemende burgemeester, Donderdag gesê. Nog ʼn vergadering sal Dinsdag gehou word om te verseker dat die kulturele- en karnavalkomitee se aansoek en planne voldoen aan die stad se beleid oor funksies en nasionale wetgewing.

Richard Stemmet, president van die komitee, het gesê daar is sekere vereistes waaraan hulle nog moet voldoen, maar hy is tevrede dat die parade volgende week sal plaasvind. “Ons is baie gelukkig,” het hy gesê. “Ons wil om verskoning vra vir almal, maar daar is baie waarna die mense kan uitsien. So wees gereed!”

Die stad Kaapstad en die komitee het Dinsdag mekaar beskuldig oor die vertraging. Burgemeester Patricia de Lille het gesê die komitee het nie hulle kant gebring nie.

Die karnaval, wat gewoonlik net na Nuwejaar plaasvind, is al ʼn paar keer vanjaar uitgestel. Die komitee het aanvanklik die datum van 3 Januarie na 5 Januarie uitgestel weens godsdienstige redes. Die karnaval is later weens “logistieke redes” na 10 Januarie uitgestel. Die ANC se 103de herdenking vind egter op 10 Januarie plaas by die Kaapstad-stadion.

Stemmet het Maandag aan Sapa gesê die karnaval sal op 10 Januarie plaasvind, maar het Dinsdag gesê die ANC se feestelikhede maak dit onmoontlik.

Die stad het meer as R2 miljoen aan die komitee oorhandig vir die karnaval.

Lees alle vorige berigte oor die Kaapse Klopse op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Aubrey Vermaak ·

Wie gee in elk geval om of hulle loop of nie. Hulle het in n politieke speelbal ontaard en is net nog n groep wat miljoene rande kry om te loop en spring. Dis nie of hulle iets vir ons sukkelende ekonomie doen nie.

Petrus van Eeden ·

Hierdie fees hoort op 2 Januarie plaas te vind en basta. Dat dit onder andere om godsdienstige redes uitestel is, laat die gebiedende krag van die Islam sien!

Henry ·

Die Transvalers en Vrystaters vir wie die bokspronge en lawaai moontlik ‘n nuutjie mag wees, is reeds huistoe.
Hierdie ou spulletjie kan gerus en met vrede laat waai met Koebaai Mirraai.
Ons Kapenaars ga’ djulle nie missie!!!

erkwadraat ·

Ons gaan kuier vir die klopse, ons is lus vir ‘n jol!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.