Datum vir munisipale verkiesing bekend

(Argieffoto: Brendan Magaar/ANA)

Suid-Afrikaanse kiesers sal einde Oktober hul stem in die algemene munisipale verkiesing kan uitbring.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand bekend gemaak dat Suid-Afrika se munisipale verkiesing op 27 Oktober sal plaasvind.

Opposisiepartye het dié datum verwelkom.

Volgens dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, verwyder die datum onsekerhede en bring dit meer duidelikheid by kiesers en politieke partye.

“Partye kan nou behoorlik beplan en voorberei vir die verkiesing.”

DA-leier John Steenhuisen het op sy beurt gesê “vrye, regverdige en gereelde verkiesings” is die grondslag van Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie en die DA is verheug dat Suid-Afrikaners later vanjaar ʼn geleentheid sal kry om hul stemreg uit te oefen.

“Niks is vir ons land meer belangrik as die vryheid om te stem nie, veral nie as Suid-Afrika meer as ʼn jaar lank onder die strengste en langste inperkings ter wêreld deurgebring het weens die regering se onvermoë om op die Covid-19-pandemie te reageer nie.”

Steenhuisen meen Suid-Afrikaners se enige uitweg uit die “verwoestende inperking” is om hulle na die stembus te wend. “Dit is hoog tyd dat Suid-Afrikaners mislukte ANC-regerings afdank.”

Suid-Afrikaners sal in Oktober vir die sesde keer onder die demokratiese bedeling van Suid-Afrika hul leierskap en openbare verteenwoordigers op metro-, distrik- en plaaslike vlak kan kies.

Tyrone Seale, Ramaphosa se woordvoerder, het in ’n verklaring gesê Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, sal die nodige regsproses volg om die datum te laat proklameer.

Ramaphosa het ’n beroep op kiesers, veral dié wat vir die eerste keer stem, gedoen om te registreer vir die munisipale verkiesing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

annie ·

Is dit omtrent die tyd dat die wet op grondonteiening ge-ja-en-amen sal wees om groot stemme te trek? En gaan die virus dan mooi luister vir die prez om te wyk vir die rye eisers van regte en mercs en nuwe trekkers en dorsmasjiene en store en saad en beeste vir die krale en krale vir die beeste en busse vir die kenders na die skole opidorp en ‘n paar rokkies vir mammie vir die nuwe merc en vir pappie…

Pot se lepel ·

Sal maar sien. Die 20 ste kondig die ANC seker weer strenger inperking af en ons kan nie stem nie.

Hendrik ·

Ek stem in elke geval nie en so ook ‘n groot gedeelte van ons gemeenskap ook nie. Die algemene reaksie is gewoonlik ‘As jy nie kan stem nie dan mag jy nie kla nie’. Wel ons kla nie en ons werk baie hard om ons gemeenskap op te bou. Ons ontvang geen dienste van die owerheid nie. Ons het ons eie water, krag, riool en vullisverwydering. Ek stem saam dat julle ouens wat hierdie dienste ontvang maar moet stem. Daar is alternatiewe en ons moet dit gebruik.

koos10 ·

Hendrik, julle belasting geld gaan nog steeds in die bodemlose gat van korupsie af. Ongeag of julle self alles doen.

Hendrik ·

Ons betaal nie minisipale belasting nie. Ons kry geen dienste van enige aard aan die plaaslike owerheid.

Mallie ·

Dis n goeie ding, maar dit help nie Die mense bly stem vir die ANC. As hulle dit nie doen nie word hulle gedreig en mishandel of allerhande beloftes word gemaak, wat in elk geval nie nagekom word nie. So dit bly n klug spul.

Fedup ·

Not in the least interested in voting.
Never ever have any politician knock on one of our doors to ask us what they can do for us to make a difference.

Have to pay taxes and follow rules and laws like sheep.
Nope. Not happening.

absoluutgatvol ·

hier kom al die verkiesingsbeloftes alweer – om van naar te raak…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.