Datum vir Zuma-verhoor oor minagting vas

Oudpres. Jacob Zuma tydens sy verskyning voor die Zondo-kommissie. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Die hof sal op 25 Maart die saak van minagting van die hof teen oudpres. Jacob Zuma aanhoor. Dít nadat die oudpresident die Konstitusionele Hof se bevel om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig, geïgnoreer het.

Zuma moes verlede maand ingevolge die bevel voor die kommissie verskyn, maar het nooit opgedaag nie en het toe boonop teenoor die regbank uitgevaar.

Die kommissie het die hooggeregshof verlede maand gevra om Zuma twee jaar tronkstraf op te lê weens dié oortreding. Die Zuma-stigting het egter Maandag in ʼn verklaring teruggekap dat mense wat die hof minag hoogstens ses maande tronkstraf opgelê kan word, asook dat adjunkhoofregter Raymond Zondo se “desperaatheid” geen perke ken nie.

Luidens ʼn verklaring deur die hof het Zuma tot 8 Maart om ʼn antwoordende verklaring by die hof in te dien oor hoekom hy nie skuldig bevind moet word nie. Die verhoor oor die klag van minagting van die hof sal aanlyn plaasvind.

Zuma het nog net een keer, in Julie 2019, voor die kommissie getuig. Hy word betrek by grootskaalse korrupsie en plundering van die staatskoffers tydens sy termyn as president.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nic ·

as die maar china was dan sou ministers DALK meer eerlik wees maar hier kom korruptus weg met moord

Rentia ·

Hoekom dan ‘n verhoor? Die bevel is uitgereik, en dis ge minag. Sou dit enige iemand in die hele land gewees het, was ons dieselfde aand nog in die tronk. Nou word daar eers nog ‘n verhoor gehou om te besluit hy het reeds die vorige geignoreer, wat gee julle die idee hy sal hierdie keer opdaag? Hy weet mos nou konstitusionele bevele is nie vir hom nie, hy kon reeds wegkom die eerste keer.

Dries ·

Ek kan dit nie glo nie. Die boef kry nou n kans om te se hoekom hy nie toe gesluit moet word nie. Absoluut belaglik

Michael ·

As daar nou nog iemand in die land is wat nie insien dat die howe verskillende regsstandaarde handhaaf vir verskillende mense nie, nou ja dan was hulle seker nie op ons planeet die afgelope jare nie.

Charles ·

Hoekom altyd 2 stelle reels? Equal before the law? Nee..selfde as verkeersreels..een stel vir taxis.een vir die res. Bouregulasies.een stel vir plakkers een vir gewone man?

Corne123 ·

nog geldmors nog uitstel vir verder ondersoek esv esv mors van geld en tyd

OW ·

Court of politics for the politicians and court of law for the residents.As dit nie raakgesien kan word nie is ons siende blind.

Moedeloos ·

Lekker 25 Maart voor die hof nog n hele maand om heerlik buite rond te loop en stories te verkondig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.