Datums bekend vir universiteite se 2021- akademiese jaar

Dr. Blade Nzimande. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Altesaam 25 universiteite in Suid-Afrika sal einde Maart volgende jaar hul 2021- akademiese jaar afskop met een universiteit kort daarna in April.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het Donderdag meer inligting bekend gemaak oor die stand van sake wat universiteite se huidige asook die komende akademiese jaar in die lig van die Covid-19-pandemie betref.

“Ek wil Suid-Afrikaners daarvan verseker dat al ons universiteite daartoe verbind is om die huidige akademiese jaar teen middel Maart 2021 te voltooi.”

Dit is in pas met die uitslae van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen wat op 23 Februarie bekend gemaak word.

In ’n verrassende wending sê die minister dit lyk asof studente by ’n aantal universiteite vanjaar beter gevaar het vergeleke met vorige jare. Dit kan moontlik toegeskryf word aan ’n “multimodale, gemengde benadering tot onderrig en leer, die geleentheid vir studente om op meer verskillende maniere teen hul eie tempo te leer, asook veelvuldige assesseringsmetodes”.

Die minister sê dit is dus duidelik dat multimodale  aanlyn afstandsonderrig ’n standaard deel behoort te word van die toekomstige hoëronderwysstelsel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dries ·

Studente vaar beter, want dit is pretty much ‘n oopboek akademiese jaar wat toetse en eksamens aanbetref. Daar is GROOT gate in party fakulteite se kurrikulums, veral waar hands-on interaksie van praktiese klasse moes wegval. So om te se studente vaar beter is baie voor op die wa.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.