Daveyton-betogers met traangas uiteengejaag

Die foto is tydens Maandag se betogings in Daveyton geneem. Foto: @mnyamane op Twitter.

Die foto is tydens Maandag se betogings in Daveyton geneem. Foto: @mnyamane op Twitter.

Die polisie het Sondag traangas gebruik om ‘n skare uiteen te jaag in Daveyton aan die Oos-Rand nadat hulle bande aan die brand gesteek en klippe gegooi het.

Die skare het by die Sinaba-stadion in Daveyton bymekaargekom waar Mondli Gungubele, burgemeester van Ekurhuleni, hulle toegespreek het.

Die skare was egter ongelukkig met Gungubele se toespraak en het bande aan die brand gesteek en klippe gegooi.

Gungubele het aan die skare gesê dat die burgemeesterskomitee meer tyd nodig het om hulle besware te hanteer.

Inwoners het vroeër die week oor behuising begin betoog.

Gungubele sê die komitee sal ‘n behuisingsoudit doen en ‘n lys opstel van mense wat HOP-huise moet ontvang. Hy sê die komitee sal na verwagting teen volgende maand die oudit afhandel.

“Ons is kwaad want dit is leë beloftes. Ons wag al lank vir huise,” het een van die inwoners gesê. Isaac Hlophe, ook ‘n inwoner, sê hulle is ongelukkig aangesien behuisingsbeamptes en raadslede glo omkoopgeld vir huise aanvaar.

Gungubele het gesê daar sal ‘n ondersoek gedoen word oor die beweerde korrupsie.

Inwoners het Maandag onwettig grond probeer beset maar is deur die polisie verhoed. Betogers het paaie in die area met klippe, bande en ander voorwerpe versper.

Lees ook:
Betogers versper Oos-Rand-paaie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

estelle ·

arresteer die lot! hulle verrinneweer ons paaie en stel ‘n GROOT gevaar in vir motoriste wat daai pad gebruik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.