David Kramer sê nee dankie vir toekenning oor Steve ook optree

David Kramer en Steve Hofmeyr (Foto's: Afternoon Express/Facebook)

David Kramer en Steve Hofmeyr (Foto’s: Afternoon Express/Facebook)

Die sanger David Kramer het onlangs ʼn toekenning vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek van die hand gewys nadat hy gehoor het dat hy die verhoog met Steve Hofmeyr tydens dié spoggeleentheid sou deel.

Kramer sou met dié toekenning vereer word tydens ʼn private geleentheid op die Rust en Vrede-wynlandgoed tussen Somerset-Wes en Stellenbosch in die Wes-Kaap.

Volgens Netwerk24 het die sanger ook nie na afloop van die geleentheid sy toekenning afgehaal nie.

Hofmeyr het in ʼn onderhoud met Maroela Media gesê hy is bewus van die kritiek teen hom.

“Ek deel weekliks al vir 30 jaar verhoë met mense wie se opinies, geloofs- en seksuele voorkeure erg verskil, en het nog nooit ʼn manier gesoek om dit te onderdruk nie. Hierdie verdraagsaamheid het ek by my liberale helde geleer,” het hy gesê.

Volgens die sanger het hy en Kramer “nou die dag nog” ʼn verhoog en kleedkamer gedeel. “Ek sal tot ek sterf my grondwetlike reg op assosiasie en internasionale reg op selfbeskikking eis. Daar is niks rassisties of haatlik daaraan nie.”

Hofmeyr sê verder dit is jammer dat die konsert, wat bedoel was om positief te wees, nou deur ʼn onaangenaamheid versuur is. “Hierdie mense ken my al lank. Hulle is huigelaars want hulle weet dat ek geensins rassisties is nie. Het iemand genoem hoeveel miljoene ons daardie aand ingesamel het vir behoeftiges?

“Ek daag hulle, die linkses en demokrate, vir debat waarin hulle ons kan oortuig dat behoudendes soos ek nie ʼn regverdige inkomste of podium mag verdien nie. Intussen gun ek hulle hul loopbane, opinies en inkomste.”

Kramer wou nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

104 Kommentare

Jollie ·

Dis nou baie kinderagtig, maar hy het sy keuse gemaak, hy moet maar die toekenning in die pos gaan haal. Dit is mos nie die organiseerders se fout nie, as hy werklik so sterk daaroor voel, verdien hy om by die huis te sit as ander vereer word. As jy nou werklik nie ander hulle eie politieke siening gun nie, is jy die kortsigtige een, ek het nog nooit geweet wat David se politieke oortuigings is nie, sou nie weet hy neem aanstoot oor enigiets nie? Neewat .. regtig aandagsoekerig .. gaan hom nie mis by die geleentheid nie …

LMF ·

Shame David jy kan jou rooi velskoene agter Steve aangooi en wie dink jy is jy tenminste bou Steve nog aan ons nasie maar toemaar niemand sal jou mis nie

Eugene ·

LMF, hoe presies bou hy die nasie? Ek dink nie blote rassime is enigsins tot die nasie se voirdeel nie

Johan Bester ·

Jong ek weet nie hoe om dit te verwerk nie maar Steve is volgens my n mense mens en sou dink dit sou n vooreg wees …nee n baie groot vooreg wees om so geleentheid saam met Steve op die verhoog te deel

Nee wat ·

Nee wat, wie is David Kramer om vir n toekennings paneel voor te skryf met wie hy wil of nie wil n verhoog deel nie, nee die siel het seker nog nooit n funksie gereel nie! Werklik David Kramer jy is beslis ook nie my droom vir n verhoog nie, maar as ons saam beland, sal ek jou respekteer. Gaan dink weer, jy is kleinlik! Ondankbaar en plein arrogant!

Cecile Schoeman ·

Dit is David Kramer se verlies. Hy kyk té veel CNN en na-aap ander. Steve bo!!

Bella Bok ·

So David Kramer is vinnig om ‘n hele storie hiervan te maak. Wanneer hy egter vir kommentaar genader word, is hy skielik stil…

Langlaagte ·

Ek stem saam met jou Bella bok. Ek het nog altyd hoë agting gehad vir beide kunstenaars, maar wat David Kramer moet gaan leer wat is die verskil tussen patriotisme en rassisme.

Andre Liebenberg ·

Toe vergeet almal dat David ook die reg het on weg te bly…

Met alle respek ·

Met alle respek André, hy kan wegbky met n verskoning, maar as hy voorskryflik raak, voel ek jammer hy is ooit benoem. Hy is veronderstel om n leier en nie n rebel te wees nie!

Hennie ·

Ek het nog altyd van David gehou maar as dit sy houding is, kan hy maar gerus by die huis bly!

gatiep ·

Ek stem saam met jou Hennie.
Nou op sy oudag wil hy net so belagrik raak soos die klomp hollywood stere.

Petro ·

Wie de hel dink David Kramer is hy Steve is seker geregtig op sy opinie maar omdat hy vir die blankes opstaan word hy veroordeel totsiens sal nie weer na jou musiek luister nie you go Steve

BOLANDER ·

Steve, jy het niks om oor sleg te voel nie. Hou aan met wat jy doen.

Rob ·

Ja Kramer hier Gaan ons al weer, ek het al my RESPEK vir jou verloor .

Dion Els ·

Ag ou David jy kan amper nie eens Afrikaans ordentlik praat nie jong. Jy hoort nie eens saam Steve gesien te word nie, en wie wil nou in elk geval n verhoog deel met iemand wat rooi vellies dra

GPC ·

Wat kan mens se, as jaloesie eers sy kop uitsteek, sal niks hom keer nie, plus hy (Kramer) het die simpatie kaart (wat liberale mooi na kyk) in sy hand. Kramer het saam met Afr kunste (veral musiek) “gesterf” Steve het groot bydrae tot die herlewing daarvan gehad.
Sterkte David, hoop jy voel nou beter. Steve het verseker nie fan’s verloor nie, jy’t dalk n paar minder. Sal wel sien of daar op jou oudag n konsert vir jou (vir n geldjie) gehou sal word.

Willem ·

David Kramer moet hom eerder by sy bicycle sonder n klokkie bepaal en ophou kritiseer teen een van die bitter min mênse wat regtig innerlik goed bedoel vir ons land

anita carstens ·

So bek moet jem kry..sy sell by date is lankal verby …hy is net bekend innie kaap ..hier in gauteng weet niemand wie is ou david nie

Rob ·

Kramer hier gaan ons al weer, ek het al my RESPEK Vir jou veloor.

Dujon. ·

Steve se musiek is inelkgeval duisend maal beter as ou rooi vellie sin..

Eugene ·

Ek luister eerder kwaito voor ek Steve se gedreun moet verdra

Johanna Botha ·

So trek ons maar almal dwars ..eenheid is nodig …DK gaan sit maar in jou ou kombi met jou rooi velskoene …haai ja dalk kan jy vir ons n rietdaans doen next time

Leon Fouche ·

Mooi so Steve..
Arende steur hulle nie aan vlieë nie!

skandes ·

eintlik het hy nou maar die kleed van vernedering wat hy vir Steve wou aantrek maar oor homself aangetrek- en so sal baie dit nog prober doen met ander maar hulle self sal die uiteindelike vernedering van hulle eie gedrag moet dra soos “klere”

JCS ·

Ek verstaan ook nie nou nie. ‘n Sanger begin met sy loopbaan. Hy sing in Afrikaans, nie net in Afrkaans nie maar ook in ander taal/tale. Die mense koop sy musiek. Die mense koop kaartjies by konserte. Nou wil Afrikaanse mense hom vereer vir sy bydrae in Afrikaans, Nou wil hy nie gaan nie, want iemand anders gaan daar wees. Huh! So sy ondersteuners van dekades wat hom geld in die hand gegee het is nou nie meer goed genoeg om hom te sien optree nie? Ek sou dit nou van 6 jariges verwag het. David Kramer het nou baie ondersteuners verloor. Julle is nie prima donnas nie, ons die publiek besluit wat ons koop.

Jantie ·

Die persoon wat hom so kleinlik gedra,kraak nie die ander persoon af nie.Hy bewys sy eie kleinllikheid en onverdraagsaamheid.Steve is n groot kunstenaar wat al baie vir S.A. gedoen het.Baie talentvol.Mag hy dan nie sy eie grondwetlike reg uitoefen nie.Gun ander wat jy jouself gun!David het nou net die teenoorgestelde bewys.Steve is n baie groter gees.Ook n talentvolle kunstenaar.Een van ons grootste!Sing voort Steve vir die baie mense wat jou musiek waardeer!Ek heb gesegd!

Louis ·

Ek is nou nie juis n aanhanger van Steve of David Kramer nie. Wat ek wel weet is dat Steve net soos enige ander mens die reg op n opinie het, net soos David ook. Om egter te weier om n verhoog met Steve te deel is kleinlik. Groot politieke teestanders deel gereeld n verhoog. Dit beteken nie dat hulle mekaar se politieke oortuiging ondersteun nie. David, ek is bevrees jy het n berg van n molshoop gemaak.

Net Ek ·

Ek het nou amper ‘n kaktus “gekramer” toe ek die stuk gelees het.

Adele ·

So my wit afrikaner geld was welkom toe David Kramer daaruit kon baat. STEVE jy is ons hero – ons verstaan waarvoor jy baklei en ons kan maar net nederig dankie se dat jy omgee. Steve VIR ALTYD!!!

Johanna Botha ·

Het Steve al n afspraak by Trump of wil David eerder nou gaan ?

Nico ·

Klink of Mnr Kramer eerder vir Hilary Clinton sal gaan kuier.

Sê maar net ·

Ag Mark. Trek jou rooi vellies aan en loop weg saam David. Ons wil nie jou opinie hê nie. Mense soos jy word joiners genoem. Dis nou as jy weet wat dit beteken.

drakensberger ·

Dit is maar net ‘n geval van ‘Cut your nose to spite your face’! DK het homself maar net tekort gedoen. Al wie verloor het is hy self!

Steve aanhanger ·

Kom ons stem Steve of David Kramer? Ek stem vir Steve want hy was nog nooit so hoogmoedig nie. Go Steve Go!!! Jy mag maar opstaan vir ons erfenis. Afrikaner en ek is trots daarop. Sing Stem sing. Jaloesie is ‘n lelike ding. David laat die son oor almal skyn.

moira ·

As david maar net iets gehad het om oor hoogmoedig te wees maar hy verteenwoordig als wat common is. Geen mens is beter as n ander nie al verskil almal van opinie. U go Steve. Ten minste het jy styl.

Eugene ·

Kom mense julle is nou belaglik! David Kramer is geregtig op sy demokratiese besluit , wie is julle om hom nou te wil veroordeel?

toy ·

Steve 10/10 vir jou. Ek is geensins n aanhanger van Dawid Kramer nie.

LMF ·

Jissi Mark ek nou so lekker vir jou gelag jy moet daaraan dink om jou naam na grapgat te verander

Lewensywer ·

Altyd interessant hoe baie mense Steve wil kritiseer en sensor maar hoe min bereid is om sy uitnodiging tot ‘n debat te aanvaar.

Lizl ·

Ja ! Debra Patta van 3rd degree het eenkeer probeer en totaal haar hhoesenaam sonder n spieel gesien. As dit by debat kom met Steve bly jy weg, hy ken sy feite, geskiedenis en reg. Hy maak geen haatspraak uitlatings.

Della ·

Haai oom Kramer. Ek as wit kind het op jou musiek grootgeword en jou altyd bewonder. Almal het hul eie opinies en ek glo altyd daarin dat “I agree to disagree”. Ek luister nie regtig Steve se musiek nie, maar bewonder hom vir wat hy voor opstaan. Stem dalk nie altyd saam met sy uitlatings nie, maar ek kan nie verstaan waaroor jou reaksie gaan nie….Steve is nie ‘n rassis nie?

Joe joubert ·

Sjoe aan die einde van die dag is dit mos David se reg om te besluit wat hy wil doen . Ons moet maar eerlik wees dit is nou nie almal wat aanhangers van Steve is. Gun elke persoon om oor sy eie sienninge te besluit !!!

Soois ·

Kramer kan in elk geval nie sing nie. Weet nie eintlik hoekom hy nou so n toekenni vir bydrae vir Afr musiek moes kry nie. Hy lyk soos n sprinkaan op die verhoog. Nog nie 1 CD v hom gekoop nie, en sal ook nie my geld op sulke platvloerse musiek wil mors nie. Steve lewer WEL n bydrae tor Afr musiek! Hy kan sing!!

AL ·

David Kramer kon nog nooit innoverende musiek maak nie. Hy haak net op een noot vas. Ek wil nie bitsig wees nie, net realiteit.

Lee ·

Ag asb David Kramer. Word groot. Dis nou baie kinderagtig. Steve sing in elk geval beter as jy en wat doen jy vir die Afrikaner-volk?? Net mooi niks. Jy kan jou velskoene agter Steve aan gooi om soos hy te wees. Ek dink dis ‘n Eer. You go Steve!!

JC ·

Steve Hofmeyr vir President van ons toekomstige Volkstaat!!
“YOU GO STEVE!” Moet NOOIT ophou nie asseblief om vir Afrikaners se regte en drome te veg, en moet nooit jou mond vir niemand hou nie.

cor ·

Hoe gaan daai kinder liedjie “Kosie kramer vat ‘n hammer slaan die spyker op sy kop” Wel hier is ‘n geval van Davy kramer word boos vir Stevey en gooi sy speelgoed uit. Vir wie wil hy nou eintlik sraf net homself, hy hettoe nie soveel aanhangers soos hy gedink het nie, Umpf , umpf, gaan hy straat af na die royal hotel want die manne sit nie meer daar nie. Die manne en vrou luister vir Steve.

Rln ·

Ja, kan jy nou jou naam so met n plank slaan. Hoeveel keer was hy nou al in die nuus teenoor Steve? So meer mense wwet van steve as van hom, Hy kon bly gewees het om saam nhom te kon optree want dit was advertenssie wat nou taboe is en almal weet hoe kleinlik hy was.
Wie gaan hom nou nooi vir optredes?

Oih ·

Haha Johan! Watse beginsels? Sy enigste begisel is “doen wat populêr is want dit maak geld”.

Johan ·

Ek wil graag verwys na Pieter Dirk Uys se opmerking destyds na aanleiding van Pieter Koornhoof: Democracy, democracy se moer man. Mense soos David Kramer dink hulle mag mense met vaste beginsels oordeel en veroordeel. Steve is reguit en openlik met wat hy glo en dink en het nie Kramer en kie se goedkeuring nodig om dit waarin hy glo goed te keur nie. In Swirserland het ek ervaar wat die “afsku” tussen die engels aanvaar en die Franse faksies is nie. In hierdie land van ons is daar slegs ‘n klein persentasie blankes oor. Sommige van hierdie mense, soos Kramer, dink hy gaan gespaar word sou die swart radikale die blankes aanvat nie. Wird wakker jy is, in o.a. die uitsprake van die EFF, deel van die gehate blanke. Word wakker, los jou kleinlikheid en sien Steve as een van die eerlike blanke Afrikaner “vegters”. Ons is bitter min blankes oor in ons pragtige land, los jou kleinlike optrede en bou saam eerder as om te vernietig. Steve ons is agter jou – doet so veert.

FM ·

As dit Kramer se houding is, verdien hy nie om saam met Steve op die verhoog te wees nie. Hy is nie in dieselfde klas as ons Steve nie. Wat Steve al vergeet het, moet Kramer nog leer. Afrikaanssprekendes het Kramer gebring waar hy vandag is en nou skuif hy hulle opsy. Nee Kramer, jy hoef nie so op te tree nie. Ek dink nie jy kan sing soos Steve nie, regtig, nie eers naastenby nie. Steve is nice met jou en jy klap sy hand weg!!! Skande. Gaan hang maar jou vellies en bicycle op. NS: Steve wil jy nie maar vir Kramer bel en hom opbeur nie?Miskien het hy maar net n slegte dag gehad.Go for it Steve, jou aanhangers sê so!!!!!Sorry David.

Alida ·

Wie is DK nou eintlik? Steve se optredes by AIG maak die Moreletta Kerk vol en verkoop in elk geval die kaartjies. DK trek nie 80 000 mense nie.

Carel ·

Ja dis jammer hy het seker nie held vir verblyf of rys nie of dalk vir n goeie uitristing nie,…………

Carel ·

David Kramer wie? Wie’s hy nou weer?………o daai vergete out wat probeer sing het in die 80’s dit is jammer “hasbeens” val nou vir Steve aan om bietjie media dekking te kry…..

Kobus Coetzee ·

Sorry Dawid Kramer jyt nog n aanhanger verloor met respek en al….bly ek het nooit die voorreg gehad om saam jou in die Royl Hotel te kuier nie …????

wynand ·

David het sy naam nou so met n plank geslaan. Hoop hy sien die skrifteen die muur. Ook hoog tyd sou ek se. Wat n sorry looser.Daar verloor hy toe al my respek.

Carel ·

Net soos Koos Kombuis in sy biografie spog en homself reken as ‘n vryheidsvegter wat demokrasie in die land bewerkstellig het. Nou word hy vet op vertrapte afrikaners se geld.

Chris Ws ·

Shame nou dink jy ons gaan jou jammer kry of mis Kramer?Jy maak n’ reuse fout.Bly gerus in die toekoms ook weg van konserte en ander geleendhede af.Dit sal ons gesin pas.

Peet ·

Dis nou n groot jammerte.Ek het groot geword op Mnr Kramer se musiek,en hard gejol op Steve s’n.Hoe kies mens nou.Ek sal maar liewer altwee aanhou respekteer en my eie musiek keuses bly koop.Hulle ken tog nie elke koper se naam nie.

Ann ·

Ek was nog altyd lief vir die ou David Kramer classics en vind dit regtig jammer. Ek verstaan nie sy skielike probleem met Steve nie.

Steve, jy bly tops! Hou jou kop omhoog, gun David sy plekkie in die son, maar eien joune ook. Dankie vir die voorloop – jy maak ons TROTS-AFRIKAANS!

Peanut ·

As ek moet kies tussen david en Steve dan se ek david is stoksiel alleen. Steve dankie wat jy alles vir Afrikaans doen en dat jy nie soos n skoot hondjie omrol op jou maag nie. Ek sal nie na david gaan kyk selfs al word ek betaal

Gerrit ·

Volgens sy uitspraak as hy sing, sukkel hy maar met Afrikaans.

Willie ·

David Kramer het klas. hy doen baie meer vir versoening en ander rasse groepe

n tyd terug was Steve al wat sleg was, bakleier, joller.

skielik met sy rasistiese uitsprake is hy die trots vam die a frikaner gemeenskap.

wie is die huigelaars.

Skaam ·

Wel dankie Dawid en al jou ondersteuners julle groot tantrum flater en verskonings sit ons Stevie op die map julle is regtig oulik kyk nou net, wonderlike publisiteit wat julle vir ons Steve gee en baie dankie julle eie gedrag swaai mense se siening van liberales teen julle, niemand hou van mense wat hulle opruk nie, weereens hou so aan nog meer publisiteit wat ons Steve sal bevorder!

Vic ·

David Kramer het n reg om te doen en se wat hy wil, net soos Steve. Dis teleurstellend dat die wat hom so veroordeel, nie eens besef julle is skuldig aan dieselfde gedrag as waarvan julle hom beskuldig nie. En nog meer teleurstellend is die vreeslike swak Afrikaans wat gebruik word deur diegene wat so tekere gaan oor Afrikaans wees. En die wat sulke beskuldigings van joiners rondswaai – vind tog eers uit wat die woord en begrip beteken sodat julle nie sulke kraters van julleself maak nie. Om iemand blindelings na te volg net omdat hy uitsprake maak waarmee julle julle vereenselwig, sonder dat hy enige kwalifikasies het as n leier, is domastrant. Nes n klomp kinders. Wag altyd vir iemand om in te stap en julle te red. Asof hy julle nou gaan red. Wie het Steve al gered in hierdie land? Maar nes Trump, word alle ander mense doodgeskree en beledig wat nie met julle saamstem nie. Ai mense

chris.l ·

al julle steve mense se geheu is maar kort ne hoelank het steve huisgenoot geboikot

maar hy was toe kleinlik volgens julle onthou eks 65 en luister eerder na ramsrtein
wat n duitse rockgroep is voor ek na david of steve sal luister

Lizl ·

Verkeerd, hy boilot nogsteeds Huisgenoot en Rapport. Huisgenoot berig graag oor hom, hy staan egter geen onderhoude aan hulle toe nie. Terwyl jou geheue nog so goed is…. al ooit opgelet dat Huisgenoot se bootreise toe doodgeloop het vandat Steve onttrek het ?

Joe ·

David….. O ja Kramer. Nie geweet jy is nog in die omtrek nie????

Thinus ·

Nie bakgat van DK nie….alle respek vie hom verloor na dese.

Ange ·

Glad nie geskok nie, David Kramer is nie eens n Afrikaner nie.

amanda ·

Dankie Steve dat jy jou laat onderdruk deur negetiewe kritiek nie .

Vinkie ·

Shame DAVID!! al gee hulle jou cd’s verniet weg, sal ek nie een vat nie. So, wat is jou rede? wou jy die verhoog aleen hê ? ja seker, want Steve sou die kollig gesteel het. hehe

Magda ·

Ek hou van n man wat sy man kan staan. Wat nie weghardloop as hy nie van iets hou nie. Gee sommer al die toekennings vir Steve. Hy verdien dit.

gerbrandt ·

Aan almal wat so pro-David Kramer is – wat is julle siening oor die plaasmoorde waarvoor Steve so veg om te stop? Daar was gister alweer ‘n moord. Waarom veg julle nie saam met Steve teen die moorde nie (as julle enigsens omgee) of raak dit julle nie? Sal graag julle kommentaar daaroor wou hoor. Kramer het nou met hierdie kleinlikheid sy sogenaamde “career” wat al lankal verby is, totaal vernietig . Hy is nou ‘n “has -been”. Komaan se vir ons war julle staan met die moorde in die land en of julle erkenning aan Steve sal gee vir wat hy daaromtrent probeer doen- sonder die hulp van die libs?

Zorro ·

Waar kan ons ‘n Kombi vir David Kramer kry en hom by die Royal Hotel gaan aflaai? Albei kan verskil, maar Steve hang nie die ander aan die groot klok nie. Dit is jammer

giep ·

Ek hoop Kramer neem kennis van al ons kommentare sodat hy mooi weet waar hy staan en sy tassies pak. Hy hoort duidelik nie hier nie.

Ruby ·

Ek geniet altwee kunstenaars se musiek terdeë. Beide het besonderse talent en hard gewerk daarvoor.

Ek het nooit belang gestel in hul privaat lewe, geloof & ras, ek het bloot net hul vorm van kuns geniet.

David het ongelukkig my respek verloor. Na al die jare se ondersteuning is dit ‘n klap in ons as ondersteuners se gesig.

Ek sal geen vertoning bywoon waarby David by betrokke is al kry ek die kaartjies verniet.

Ruby ·

Eugene, al baie, ek was ‘n groot ondersteuner. Dit gaan nie net oor die kaartjie wat ek moes koop maar ook die vliegtuigkaartjie, huur van motor en verblyf.

Ek gaan hom mis.

Hoop dit beantwoord jou vraag.

Ann ·

Hierdie is vir David Kramer – hoekom het jy nie al voor daardie aand gesê jy wil nie saam met Steve op ‘n verhoog wees nie? Ek sou sonder aarseling jou plek ingeneem het! Ek sou selfs rooi vellies en ‘n kitaar gedra het, en rondgespring het op die verhoog terwyl ek “Stoksielalleen” gesing het! Nee man, volgende keer laat weet jy my asseblief, sodat ek kan begin oefen!!

Opinie ·

Dis jammer. David en Anton. Twee mense wat ek eens op ‘n tyd gerespekteer het……

PIETMAN ·

Hou baie van DK se musiek maar sal defnitief nooit weer sy cd’s koop nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Steve het hier en daar ook die bootjie geskud maar al laggende sy blapse erken, sy vere reggskud en aangegaan sonder om enige mens te veroordeel of af te kraak. Dis so dat hy ‘n geweldige aanhang het en ons gun hom dit. Steve sal jou met ‘n glimlag dinge waarvoor hy staan en waarteen jy gekant is vertel sonder om jou te beledig of sleg te se en jy sal wegstap en miskien nie saamstem nie, maar steeds respek vir hom he. Steve is ‘n aangename mens en jy kan gerus jou kinders na sy vertonings neem sonder om bang te wees daar sal swak taal of grappe vertel word.

Victorious ·

Lees al die kommentare.
Party mense te ernstig.
Moet se, ek lag my klaar vir julle kommentare.
Go Steve !

Sandra ·

Dit bly vir my net moeilik om te verstaan, en glo my ek is nie van die domste nie, maar hoe de dinges kan almal hulle se se, maar wanneer daar iemand opstaan vir ons taal, ons volk, ons land, dan is dit so erg dat iemand soos David Kramer kamtig nie meer sy toekenning wil aanvaar as Steve daar is nie. Steve weet jy vanaf dag 1, het jy vyande omdat jy nog nooit stilgebly het oor die waarheid nie. Die feit dat jy elke een van jou kinders liefhet en sorg, laat my as moeder jou respekteer. GLO MY NIE ALLE VADERS DOEN DIT NIE. Ek wonder net, was dit enige ander persoon wat die moed sou gehad het soos jy om vir ons op te kom en te baklei, of daar dan ook sulke swak redenasies soos David Kramer s’n gewees het. Steve ons land het jou en nog meer soos jy nodig. Ek kan van vele geleenthede getuig wat ek na ander se gekerm en gekla om my kombuistafel moes aanhoor oor hoe ons land en taal verniel word. Nie een van daardie klagatte het egter nog ooit hulle standpunte geopenbaar en voor die wereld daarvoor baklei nie. Dankie wat jy vir ons Afrikaners doen, hetsy watter kleur of ras.

Lucia Greyling ·

Ek lag lekker vir die klomp mense se kommentaar. Meeste word uitgehaal oor spel foute. Dit is vrek snaaks! Maar nou ja, dit was die oom met die rooi vellies se keuse en hy sal daarmee moet saamleef. Net so tussen hakkies ( Steve verkondig nie rassisme nie, hy verkondig aksie teen plaas moorde ens.) Behalwe vir jou mooiste talent is ek bitter trots op jou Steve, jy staan by jou standpunt en is opreg ‘n trotse Suid Afrikaanse Afrikaner. Jy aarsel nie vir ‘n oomblik om jou man vir ons as nasie te staan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.