David Makhura: ‘Ons sal nie grondgrype toelaat’

David Makhura, premier van Gauteng Foto: GCIS

David Makhura, premier van Gauteng, het gesê hy neem kennis van die onlangse vlaag “georkestreerde, onwettige grondgrype” wat in verskillende dele van Gauteng plaasgevind het.

Makhura het gesê die polisie in die provinsie is waaksaam. “Kom ek stel dit duidelik: Grondgrype is onwettig. Die wetstoepassingsagentskappe moet afreken met diegene wat daarby betrokke is.”

Hy het gesê daar is baie faktore agter grondgrype. “Dit sluit finansiële gewin in deur dié wat grond onwettig verkoop asook politiek gemotiveerde grondgrype. Ons sal nie onwettige grondgrype in die provinsie toelaat nie. Soos ek in die provinsiale rede gesê het – ons het ʼn vars benadering tot die grondkwessie nodig.”

Makhura het gesê ná skakeling met gemeenskappe weet hulle dat mense daarvoor vra dat grond beskikbaar gestel word sodat hulle hul eie huise kan bou en ekonomiese aktiwiteite van stapel kan stuur.

Makhura het gesê die Gautengse regering sal met munisipaliteite, die nasionale regering en staatsinstellings saamwerk om grond in ekonomiese sentrums te herverdeel in die openbare belang om verder postapartheid stede te vestig.

“Dit verg dat ons saam werk as politieke partye, die burgerlike samelewing en sakelui om historiese ongeregtighede reg te stel.”

Hy het ook gesê hy sal verseker dat munisipaliteite, provinsiale departemente en eiendomseienaars aangemoedig word om staande hofinterdikte te gebruik om onwettige grondgrype te voorkom; dat wetstoepassingsagentskappe spoedig optree waar onwettige grondgrype plaasvind en dat dié wat kwesbare groepe uitbuit deur onwettig grond te verkoop in hegtenis geneem en vervolg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Hulle laat ook nie moord toe nie, taxi’s wat die pad reels ignoreer is ook onwettig. Korrupsie is onwettig, staat kaping is onwettig.

Rina ·

Hoeveel keer hoor ons dit nie en dat oortreders vervolg sal word .Maar soveel onwettige dinge stoom voort en dis is belaglik om te hoor oortredes sal vervolg en dit gebeur nie. So stop hiermee en laat dit ñ slag gebeur want ñ klomp van die grondgrypers die naweek is nog nie tot verantwoordelik geroep nie.

Pieter ·

As jy sonder dissipline grootword hoe kan jy dissipline afdwing en toepas.

robot ·

kom ek gee vir jou die varste moontlike benadering tot die grondkwessie min makhuru. laat alle mense soos die witmense maak en hulle lappie grond koop om op te bou, woon en woeker. dan gaan hulle dit mooi oppas ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.