Davison oor nog ʼn dood aangekla

Sean Davison. Foto: Facebook via DignitySA.

Prof. Sean Davison staan nou ook op ʼn tweede aanklag van moord tereg nadat hy Vrydag in die landdroshof in Kaapstad verskyn het.

Davison (57) is in September in hegtenis geneem in verband met die genadedood van sy vriend, dr. Anrich Burger, in November 2013.

Davison, stigter van Dignity SA, ʼn organisasie wat hom beywer vir die verandering van wetgewing om verstandelik bekwame volwassenes die opsie van ʼn “waardige dood” te gee, indien hulle dit so verkies, is kort daarna op borgtog van R20 000 vrygelaat.

Die staat het egter tydens Davison se verskyning Vrydag bekend gemaak dat hy nou op nog ʼn aanklag van moord teregstaan. Hy word ook aangekla in verband met die dood van Justin Varian op 25 Julie 2015 in Fresnaye in Kaapstad.

Volgens die staat het Davison ʼn plastieksak oor Varian se kop getrek en helium daarin ingespuit om hom te versmoor. Varian wou glo sterf.

Die saak is tot 29 Januarie uitgestel. Die hof het tydens Davison se vorige verskyning in September gehoor Davison het glo al soortgelyke “moorde” gepleeg.

Davison is in 2010 in Nieu-Seeland in hegtenis geneem nadat hy sy ma, wat terminaal siek was met kanker, ook gehelp het om haar lewe te beëindig. Hy was vyf maande in huisarres in Nieu-Seeland, en het in Mei 2012 na Suid-Afrika teruggekeer.

Davison, ʼn pa van drie, het reeds aangedui dat hy van plan is om onskuldig te pleit. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vroeër in ʼn verklaring gesê dit het onder die polisie se aandag gekom dat Davison glo van plan was om Suid-Afrika gedurende September te verlaat.

Davison se borgtogvoorwaardes sluit in dat hy hom weekliks by die Pinelands-polisiestasie moet aanmeld, sy paspoort en reisdokumente moet inhandig en nie die Wes-Kaap mag verlaat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sandy

Om iemand om die lewe te bring op ‘n mediese manier is miskien in ‘n ander wereld, eendag ok, maar om ‘n plastieksak en helium te gebruik klink vir my na ‘n weird storie. Miskien het hierdie oom ‘n ander agenda op sy brein wat hy met “help om hulle lewe te beeindig” verdoesel. Watter mens sal bogenoemde aan ‘n ander persoon doen in elk geval. Ek wonder nou oor dit.

Johan

Jy kan moor en verkrag dan is dit niks. Maar sodra jy n goeie daad wil verig is die hel los.

Jozi

Ek stem glad nie saam met die sak vol helium oor ‘n persoon se kop nie. Maar, hoeveel ander dokters pas nie op ‘n daaglikse basis die genadedood toe nie? My ma was 14 jaar gelede in en uit die hospitaal en vir ongeveer ‘n maand in die ICU van ‘n privaathospitaal. Nadat sy verkeerdelik met asma gediagnoseer was en duidelik nie die korrekte behandeling en medikasie ontvang het nie, kom die spesialis toe uiteindelik agter dis kanker wat versprei het na haar lugpyp en longe. Dr het ons in kennis gestel daar is niks wat hulle vir my ma… Lees meer »

Anoniem

Amazing hoe die wereld hierdie man onderstebo wil kruisig oor hy mense help wat self wil ophou leef, maar aborsie waar gesonde babas geaborteer word wat produktiewe, gesonde lewens kon lei, word niks aan gedoen nie.

Johanna

Dis tragies. Hy wou help. Die lyding verlig. die metode is dalk net verkeerd. Ek weet nie wat om eintlik te se nie. Maar ek dink beslis die borgtog bedrag in vergelyking met baie ander sake van moord, kindermishandelik, verkragting maak net nie sin nie. Wrede wereld. !!