Dawie Roodt-aanval: Dapper optrede red dalk gesin se lewe

Dawie Roodt. Foto: Facebook

Dawie Roodt. Foto: Facebook

Dapperheid en ʼn skoot geluk het moontlik die bekende ekonoom Dawie Roodt en sy gesin se lewe gered nadat hulle Donderdagaand in hul huis deur gewapende rowers aangehou is.

Maroela Media het vroeër berig Roodt (54), hoofekonoom van die Efficient Group, word in die waakeenheid van die Pretoria-Oos-hospitaal behandel nadat hy tydens ʼn struweling met die rowers ernstig beseer is.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het gesê die rowers het vermoedelik toegang tot die veiligheidskompleks gekry deur agter Roodt se dogter by die elektriese hek in te ry. Twee rowers het haar in die motorhuis oorval en uit die motorhuis gedwing. Daar het nog twee rowers gewag en die vier is saam met haar die huis in, het Van der Merwe gesê.

“Hulle het haar, Dawie Roodt, sy vrou en hul tweejarige tweeling in die sitkamer ingeneem waar hulle hul met kabelbinders vasgemaak en lappe in hul monde gedruk het. Hulle het probeer om hul oë ook toe te bind, maar kon nie almal s’n toegebind kry nie. Hulle het die huis deursoek en gesê hulle soek geld.

Volgens Van der Merwe het Roodt aan die rowers gesê hy het kontant in sy motor en hy is saam met twee van die verdagtes by die huis uit. “Toe hulle buite kom, het beurtkrag ingeskop en alles het donker geword,” het sy gesê. “Dawie kon daarin slaag om hom los te wikkel en het met die rowers gestoei. Hulle het hom op sy arm en agter sy kop gesny. Dit is nie in hierdie stadium duidelik waarmee hy gesny is nie, maar dit was vermoedelik ʼn panga.”

Toe die ligte afgaan, het die twee rowers in die huis vermoedelik geskrik en uitgehardloop. Al vier rowers het op die vlug geslaan. Dawie het na die bure gehardloop om hulp te kry.

“Dit was eintlik baie slim van hom om die rowers uit die huis te probeer kry. En toe die beurtkrag ook nog inskop, het dit hom ʼn verdere oorhand gegee omdat alles toe donker was,” het Van der Merwe gesê.

Volgens Van der Merwe was Roodt teen Vrydagmiddag steeds in ʼn bestendige toestand in die waakeenheid van die hospitaal. Hy sal binnekort weer aan sy arm geopereer word.

“’n Saak van huisroof en poging tot moord word ondersoek,” het sy gesê. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Lees alle berigte oor Dawie Roodt op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

kallie ·

Dank die Vader Dawie en sy gesin is ongedeurd, dan wil ek net by se dankie hierdie keer vir beurtkrag gewoontlik wil mens teen die mure uitklim as die krag afgaan maar die keer sal ek se ht dit in Dawie se guns getel.Hoop jy word vinnig beter Dawie

alta acker ·

My gevoel is, dat sekuriteit wat aan diens was daar moet wetlike stappe teen geneem word, waar was hulle? Ongeag dat Dawie se dogter daar ingery het, moes die wag tog hulle gesien ingaan agter haar, ek wonder of hulle nie saam die rowers werk nie, ek dink die sekuriteits maatskappy moet hulle kontrak verloor as sulke insidente plaasvind, waarvoor word hulle betaal? Dis tyd dat hulle tot verantwoording geroep word.

EMK ·

Feit: oor en oor bewys deur vorige soortgelyke gebeure – veiligheidskomplekse is NIE regtig veilig nie!

Poppie ·

Ja die saak word ondersoek. Die probleem is net die rowers word glad nie gesoek nie…

Paul Swart ·

Dit is jammer om te hoor van die aanval. Hoeveel moet daar nog wees? Mense, kry ‘n Rottweiler by ‘n KUSA geregistreerde teler! Bedte man-stopper.

elmarie ·

Dis so jammer as mense sulke goed hoor. My raad is kry n rottweiler/s. My hond beweeg in die huis en buite. My deur wat direk in die garage is, is altyd oop. Was amper beroof voor my garagedeur, ongelukkig het die rowers nie geweet my deur is n outomaties nie. My rottie het met geweld deur die half oop deur gebeur en drie mans soos hansworse na hulle “getaway car” laat spaander. Sy het dadelik tussen my en hulle kom staan. Toe ek opkyk was een nog besig om te sukkel om die kardeur oop te maak. Wens ek kon n video maak.

Kobus ·

het niemand opgelet dat load shedding actually positief was nie!

maita ·

Is dit nie maar die hand van ons Hemelse vader wat Sy habd van beskerming oor hulle gehou het nie. Ek glo nie aan toeval nie. Load shedding is gebruik om julle te beskerm al is dit mense wat dit bepaal. Donkerte en die Beskermde Hand van ons Vader.

Johannes Meintjes ·

Word Afrikaner inspraakmakers nou geteiken saam met die verskerpde plaasaanvalle?

Marie Wes-Kaap ·

Malta, nes jy en toegewyde polisie en speurders, glo ek ook nie aan toeval nie.
Daar was sekerlik daardie aand skietgebede opgestuur deur die gesin en God het gehoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.