Dawie Roodt-aanval: ‘Ek weier om so behandel te word’

Dawie Roodt. Foto: Facebook

Dawie Roodt. Foto: Facebook

“My grootste vrees is om terselfdertyd gekonfronteer te word deur my twee oorheersende vrese: die vrees vir persoonlike benadeling en die vrees vir benadeling van my geliefdes. Indien [ek moet kies tussen die twee vrese], sal ek meer vrees vir my eie lewe of sal ek meer vrees vir die lewens van my geliefdes? Ek het uitgevind.”

Só vertel die bekende ekonoom Dawie Roodt van die aanval op hom en sy gesin minder as drie weke gelede toe hulle deur gewapende rowers in hul huis aangehou is.

Maroela Media het vroeër berig vier gewapende rowers het Roodt en sy gesin by hul huis in die Luberon-veiligheidslandgoed vasgebind en geblinddoek terwyl hulle waardevolle items in die huis gebuit het.

Roodt is in die waakeenheid van die Pretoria-Oos-hospitaal opgeneem nadat hy in ʼn struweling met die rowers betrokke geraak het en sy arm met ʼn skerp wapen, vermoedelik ʼn panga of jagmes, gesny is. Hy het ook ʼn snywond agter sy kop opgedoen.

Roodt is op 29 Julie uit die hospitaal ontslaan. Hy het vertel hy het sedertdien tyd gehad om oor die aanval na te dink en te besin oor die misdaad en algemene stand van die land. “Ek kan sien hoe korrupsie, nepotisme, baantjies-vir-boeties, onbekwaamheid en swak leierskap hierdie land lei na ekonomiese stagnasie, werkloosheid, armoede, chaos en die uiteindelike onvermydelike gevolg: die sinkput van ʼn gefaalde staat waaruit selfs die kankerselle wat dit veroorsaak het, nie kan ontsnap nie,” het hy gesê.

“Maar dan, daardie aand, het ek ʼn drumpel bereik, ʼn afsnypunt, waar ek geweier het om langer so behandel te word. Ek glo my optrede het die toekoms van my gesin tot hul voordeel verbeter. Ons kan besluit om dieselfde vir die toekoms van ons land te doen.”

Roodt het ander Suid-Afrikaners uitgedaag om saam ‘n beter toekoms vir Suid-Afrika te verseker. “Ek is nie meer bang nie, ek het my landgenote in aksie gesien. Ek het hul doeltreffendheid, hul uitsette, hul gees gesien en ervaar. Ek weet ek kan op hulle vertrou.”

Lees Roodt se volledige brief aan sy mede-Suid-Afrikaners hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Louis ·

Dawie wat stel jy voor doen ons nou aan die sitsuasie, gee jou plan as jy een het

Asjas ·

Gee die geld dan bly ons almal in “veiligheids komplekse”!

Liewe lulu ·

Dawie, stel nou vir ons die voorbeeld en dagvaar die MRK. Ek glo jy het die guts daarvoor. En Paul, n veiligheidskompleks is nie die antwoord.

Thys ·

Ons is in ‘n onverklaarde oorlog. In die afgelope tyd het heelwat mense nie stilgestaan toe hulle met soortgelyke situasies gekonfronteer is as Dawie sn, en soos Dawie, lewe hulle om die verhaal te vertel. Die misdadigers moet weet dat ons nie meer gaan stilsit om gemartel, verkrag en vermoor te word nie. Ek salueer jou Dawie. Dit is ons reg om onsself te verdedig, al mag ons dalk omkom, gaan dit ons mense wie ons liefhet, red.

Leendert van Oostrum ·

Die oorlogscenario is geldig.

Dr Roodt se verhaal – en sy standpunt in geheel – het al die eienskappe van ‘n vertelling deur iemand wat in die tagtigerjare op die grens gedien het.

En ek praat nie van wyle Boetman nie.

Leeutjie ·

Leendert het hulle dit nie daardie tyd die GORILLA oorlog genoem nie?

Piet Pompies ·

Elke Suid Afrikaner het die reg tot volle burgerskap, ek is hier gebore, so ook my ouers, so ook hulle ouers, en Dan so ook die ouers voor hulle. Elkeen van hulle het bygedra tot die land se groei, die infrastruktuur, landbou. Ek is nie van voorneme om terug te staan en ‘n 2de klas burger te wees, ek is trots op wat ek doen en is nie skaam om te herken dat ek ‘n WIT suid Afrikaner is.

elize ·

Ek was ook daar!!! Ons was aangeval en my man is voor my dood geskiet. Daar het niks van die saak gekom nie omdat die aanvaller sy “regte” gebruik het en geweier het om op uitkennings ry te staan en ek hom nie kon uitken op n klomp fotos nie. Sterkte aan Dawie en sy gesin. Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.

Pieter ·

waarheen is ons oppad as die kriminele meer regte het as die wetsgehoorsame burgers.
Ek sal vir seker nie stilsit nie.
Ons menseregte handfes waarmee die ANC hulleself afvee stel dat ons reg op lewe, vryheid van beweging en privaat eiendom het. As jy die wet oortree troef my regte joune.

Dave ·

Jou regte is niks werd as die wetstoepassers weier om dit te handhaaf.

Dee ·

Natuurlik misgun ek nie Dawie Roodt die mediadekking maar vind dit vreemd dat sommige geweldadige aanvalle een beriggie haal en daarna word nie meer van hulle vertel. Ons weet dikwels nie wat die opvolg daarvan is en somtyds nie eens op arrestasies uitgevoer is.

Annemarie Smit ·

Misdaad het by ons ook al deur murg en been gesny! Dawie ek salueer jou! As ek so deur die kommentaar lees dan kry ek n knop in my keel oor sommige negatiewe kommentaar! Maar as ek deur jou brief lees wel daar n vlam in my hart op want dit gee my moed en hoop vir ons land! Ek hoop en vertrou dat daar meer mense sal wees wat deur jou brief geinspireer sal word om positief te word of te bly as wat die negatiewe sal seevier! Dankie dat jy besluit het om te bly in ons land! Mag hierdie ervaring van jou ten goede aangewend word en ten goede uitwerk sodat hierdeur die eerste klein golf van verandering kan begin breek!

eksteen ·

Ons is Te ordentlik wat in hierdie barbare se wese nie bestaan nie, manne laat ons terug slaan op ñ Meer effektiewe manier. Lank lewe die AFRIKANER❗

Pieter ·

Wat het Die feit dat jy ‘n Afrikaner is of nie hiermee te doen.
Alle Suid-Afrikaners gaan onder hierdie golf van wetteloosheid gebuk. Ons moet ophou onderling beskuldig en die werklike vyand indentifiseer en saamstaan teen hom (Die regering se onvermoeë om die wet af te dwing.) bring eerder die doodstraf terug.

DMC de Koker ·

Wat van ek kies geen vrees nie maar God. – Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. 2 Tim. 1:07.

Johann Marx ·

Toe ek dit uitgewys het hoeveel die geld die regering uit MISDAAD maak (14% op elke uitgawe hetsy voorkomend of om skade te herstel) en die regering uitgedaag het om hierdie 14% te verander na 0% toe (as hulle ernstig was oor die voorkoming van misdaad) was Dawie Roodt een van die mense wat gesê het BTW stelsel kan nie so aangepas word nie (maar sekere voedselgroepe en medikasie word teen 0% BTW hanteer). Hoeveel BTW het die regering uit JOU episode gemaak Mnr Roodt? Jy kan begin deur op te staan en die regering saam met ons uit te daag om hulle “misdaad-verwante inkomste ” op te gee…..as jy dit “guts” het.

agnes ·

ons het n sterk gemeenskap wat agter die Afrikaners staan. raai vir almal aan om aan te sluit by Afriforum en Solidariteit. hulle doen baie goeie werk en is saam met Die Here die toekoms van SA

Dee ·

O ja, ek het in my vorige skrywe vergeet om te vra of ons nou elke week ‘n paar keer van Roodt en sy onsteltenis gaan lees? Ek kan nie onthou dat hy hom vroeër uitgespreek het teen wat in die land aangaan nie.

CHRISTA ·

Dee, dis so hartseer dat jy nie eers omgee wat met ander gebeur nie!!Wat van Oscar Pistorius wat vir MAANDE in die media was en dit omdat hy sy meisie doodgeskiet het!!

Dee ·

Christa, hoe sal jy tog weet waarvoor ek omgee? Sit jy met ‘n kristalbal op jou tafel? My eerste skrywe moet saam met die 2de gelees word. Daar gebeur aaklige dinge met sommige bejaardes en às dit ‘n berig werd ge-ag word is dit gewoonlik ‘n skamele paar sinne met weinig opvolgwerk. Wat Pistorius aanbetref, daar is volgens ‘n Engelse koerant sowat R17m aan verdediging gespandeer. Ek wonder steeds as Barry Roux nou terugdink oor hoe hard hy probeer het om Pistoors uit ‘n tronk te hou, of hy tevrede voel met homself. En daarmee saam het vele deelnemers in forums my verstom oor hoe maklik hulle hulself aan Pistorius se kant geskaar het.

Ina Smith ·

Dee, as jy dalk meer na ontbytsake kyk sal jy weet hoe baie Dawie al oor die misdaad in SA gepraat het. Dis te verstane dat daar meer oor sy aanval in die media sal wees aaangesien hy n bekende en top ekonoom in SA is. Laat die son tog oor ander mense ook skyn.

Dee ·

Toegegee Ina, ek kyk nie ontbytsake want dàn is my ontbyt lank genoeg al agter die rug en ek op kantoor agter my lessenaar sit. (dit gesê terwyl ek nie regtig eers weet waar en wanneer ontbytsake uitgesaai word) Ek onttrek my nou aan die redenasie waar ek het bloot my verbasing uitgespreek het dat Roodt nou ‘n gereelde geselstema geword het terwyl die omie wat sy vrou verdedig het deur een van die moordenaars dood te skiet ook oorlede is. Mag God hierdie land beskerm.

Gideon ·

Dit verstom my dat Roodt nou so kenner is, en hom uitspreek maar ook nie so kragtig as wat mens sou dink nie!! Hy kan baie gelukkig wees, sy kinders is nie opgekap of sy vrou is nie met warm water gebrand en hy nie met ‘n strykyster nie. As hy nie bekend was sou sy aanval nie nuusdekking gehaal het nie, want dit wat met hom en sy familie gebeur het kan as Sondagskool piekniek beskou word.

CHRISTA ·

Gideon, dis hoekom ons Afrikanervolk tot niet gaan!! Hierdie binnegevegte en haat en wrok teenoor ons mede-Afrikaners is tot die vyand se voordeel! Mense soos julle help hulle in hulle stryd teen ons!!!

Rieki ·

Ek stem 100% saam Christa. Bemoedig die mense eerder maar nou word hulle afgekraak

Alf ·

Jy laat my lag Christa, hulle is nie in n stryd teen ons nie, hulle is jou baas hulle regeer jou. Daar is niks wat ons doen of se tot hulle voordeel nie, net hulle getalle is tot ons nadeel ! Ek stem 100% saam met Gideon. Jy leef in n droom wereld van een of ander vorm van beskerming wat ook vorentoe van jou weg gevat gaan word, leer optel en aftrek.

Henry ·

Stem allie pad saam met jou Gideon.
Oor enkele dae van nou af is Dawie Roodt se ervaringe geskiedenis, terwyl moord en doodslag steeds aan die orde van die dag in hierdie rampokkerstaat sal wees

Antonie ·

Dawie Roodt is my ekonomiese ‘hero’. Ek is bly hy het die aanval oorleef, maar dit beklemtoon net dat ons almal as ‘target’ van geweld geidentifiseer is in ons ‘bedroefde land’

Henri ·

Die probleem van misdaad le by die regering. Baie lande met armoede in Afrika het nie dieselfde graad van misdaad nie omdat dit nie geduld word nie en oortreders van die wet word effektief vasgevat. In Suid Afrika is die regering en polisie blind a.g.v korrupsie, rasse haat en nepotisme. Geweld misdaad word hoofsaaklik teen gegoede mense van die sameweling gevoer, swart en wit. Daar is dan verder ‘n politieke agende teen die eienaars van hulpbronne soos toegepas teen blanke boere met ‘n agressiewe moorddadige agenda en verder die mynbedryf waar die unies en die regering mekaar aanvat met loon stakings met ‘n agenda van hulpbronne oorneem. Klein en geslote gemeenskappe in Suid Afrika het minder ernstige misdaad omdat gemeenskappe te klein is vir die misdadigers om hulself te vestig a.g.v verklikking en die polisie verantwoordelik optree teenoor hulle werk asook hulle beeld (Hoofsaaklik die Wes en Suid Kaap). In stedelike gebiede is dit makliker vir misdadigers om te verdwyn en die polisie om korrup te word met gemeenskappe wat geintimideer word. Dit sal net effektiewe polisiering gerugteun deur ‘n regering met ‘n gewete asook wit en swart mense wat hande vat om misdadigers uit te lewer en die politici en misdadigers (bad men) wat dit regkry om die huidige regering se slapgat, traak my nie agtig en bose greep wat SA in ‘n wurggreep het en wat verder toelaat dat die menswaardigheid van hardwerkende landsburgers vertrap word, te breek.

Johannes Meintjes ·

Inderdaad moet die mure van die beskawing en ekonomie in SA herbou word, – wapen ter selfverdediging in die hand! Geen organisasie of die regering, briefskrywer, toepsraakmaker of media blog gaan jou of jou gesin se lewens beskerm as jy persoonlik deur die toenemende kriminele vergestalting van die nuwe SA gekonfronteer word.

marius swart ·

Gelukkig die meerderheid suid afrikaners wil ñ verskil maak. En dit is tyd om hande te vat om vir ons almal ñ toekoms te skep.

zahn ·

Dit is so Marius. Kan ons asb nou ophou hande vat, en net iets begin doen! Dawie, ons lees jou brief, kuk hoeveel mense hwet dit gelees, en almal het nie kommentaar gelewer nie. Vat jy voor. Ons hou van jou, stem saam met jou, sien jou as ‘n kenner, leier. Vat jy voor, en kyk wat ons kan doen. Ek glo daar is baie anderskleuriges, bruin, swart, groen en geel, wat ne so keelvol is.

Ockie ·

Met respek die voorstelle is totaal onprakties en onuitvoerbaar. Jammer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.