Dawie Roodt-aanval: ‘Misdaad in Suid-Afrika is buite beheer’

Dawie Roodt. Foto: Efficient Group

Dawie Roodt. Foto: Efficient Group

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die vakbond Solidariteit het die aanval op die bekende ekonoom Dawie Roodt en sy gesin ten sterkste veroordeel.

Maroela Media het vroeër berig Roodt (54), hoofekonoom van die Efficient Group en bekende TV-aanbieder, word in die waakeenheid van die Pretoria-Oos-hospitaal behandel nadat hy Donderdagaand deur gewapende rowers oorval en aangerand is.

“As Suid-Afrikaner is jy nêrens meer veilig nie, nie eers in veiligheidskomplekse nie. Misdaad is besig om ons land te verlam, dit is buite beheer,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Roodt spoedige beterskap en die gesin namens die hele Solidariteit Beweging sterkte toegewens.

“Hierdie soort gebeure het ongelukkig ʼn alledaagse verskynsel in Suid-Afrika geword. Vyf mense is die afgelope 24 uur in rooftogte vermoor. Ons is net dankbaar dat die Roodt-gesin gespaar gebly het,” het Hermann gesê.

“Ongelukkig kan ons nie meer daarop staatmaak dat die staat sy plig om landsburgers te beveilig en misdaad effektief te beveg, sal en kan nakom nie. Daarom doen ons ʼn beroep op gemeenskappe om self verantwoordelikheid te begin neem en by gemeenskapsbeveiligingsprojekte betrokke te raak.”

Lees alle berigte oor Dawie Roodt op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Leonie ·

Beter om die Wet in ons eie hande te neem want ons Regering beskerm die krimineel. Polisiering sal ook werk maar hulle het meer ‘n tekort aan voertuie as iets anders en hulle het ‘n “no care attitude”. Verander die “vrot-kolle” in die Polisie en Mero Polisie dan sal misdaad afneem. Ongelukkig sal dit seker nie in SA gebeur nie want die lot op die boonste stoele is net so useless!

alta acker ·

Dis so jammer om te hoor, Dawie ek bid dat jy spoedig gesond sal word, misdaad in SA word net meer en meer, die polisie weet nie hoe om die landsburgers te beveilig nie, want hoekom? Hulle is nie reg opgelei nie, die amptenare in die polisie verdien net n salaris wat ek en jy betaal, dis nie n passie om jou land en sy mense tedien en te beveilig nie!!! Dis net n werk, gaan kyk wat in polisie stasies aaangaan, 90% van hulle is arogant, kan nie spel of skryf nie, hoekom? hulle beskik nie die kwalifikasies of vaardighede nie, hoe moet ons help as ons nie ons vuurwapens mag gebruik nie??? Nou hoe help ons, ons land beveilig??

Ampie ·

Ek bly baie naby aan Dawie. Ons het gisteraand beurtkrag gehad van 20h00 tot 22h00. Alle krag is dan af en so ook veiligheisheinings in ons komplekse. Ek glo hierdie aanval kan direk aan beurtkrag gekoppel word.

Harry ·

Baie sterkte aan Dawie.
Nou keel skoon maak….. op ‘n ander nuues berig lees ek dat hulle in ‘n veiligheids kompleks bly. Ek het die al van tevore gese en se dit weer: Mense wat in die komplekse bly het ‘n valse gevoel van sekuriteit. Ek het familie wat ook in sulke plekke woon en dit is skokkend, hekke word nie gesluit nie, geen diefwering nie, alarm word nie geaktiveer nie ens.
In baie gevalle huur die kriminele huise in die komplekse en word dan nie aan die sekuriteit bloot gestel nie, en het dan ‘n plek ook om gesteelde goedere te stoor, en dan einde van die maand “trek” hulle weg, met jou eiendom, lekker slim ne! Of hulle koop die sekuriteits wagte om, en dit is nie moeilik nie want hulle word immers met peanuts betaal, gee hulle piesangs en hulle kyk weg. Mense wees paraat en onthou jy is verantwoordelik vir jou eie veiligheid, die polisie kan nie elke burger van die land elke moment van die dag oppas nie, dis mos logies.

Marietjie ·

Ons moet kragopwekkers kry om ons veilig te hou beurtkrag toegepas word.

Marietjie ·

Ons moet kragopwekkers kry om ons veilig te hou beurtkrag toegepas word.

Theresa ·

Uitstekend gestel Leonie. Alles word altyd ten sterktste veroordeel en geen klip onaangeraak om die beskuldigdes aan te keer nie. Dit help niks!! Môre lees jy maar weer in die koerant van die plaasmoord of kleinhoewe moord of soos Dawie nou.
Wens daar is iemand wat daadwerklik iets omtrent hierdie wettelose land van ons kan doen.

Robbie ·

Ons afrikaner mense is nie meer veilig nie en dis tyd om op te hou om skape te wees en wolwe te word. Ons gaan nooit ons land reg praat nie. Ek is goed bewapen en kan nie wag dat iemand my probeer teiken nie

Eddie ·

Ek lees elke dag Maroela nuus. Dit is scary hoe ons land agteruit gaan. Die polisie wat net so klomp diewe is en geen waarde aanheg tot hulle werk om ons veilig te hou nie. Lees n ander berig van 29 van hulle wat gevang is. Mense ons sit op n tydbom en as hy gaan ontplof gaan dinge lelik raak. Genoeg is nou genoeg. Ons so called president beter nou op sy agter voete begin staan en sorg dat dinge verander. Maar nou ja ons almal weet dit sal nooit gebeur nie. Gee meer regte aan die boewe en minder aan die wets gehoorsame burgers. Die enigste manier is om ons maar self te beveilig. Maar dit werk ook nie want as jy iemand skiet word jou wapen weg gevat vir die tydperk om ondersoek in te stel. So nou vra ek jou hoe nou gemaak. Daar word nie aan ons gedink in so geval nie. Elke dag is daar net meer en meer rooftogte waar mense wreed aangerand word en dit vir n TV of selfoon. Ons lewe regtig in n siek wereld waar n selfoon meer werd is as n lewe. SAP begin weer trots in julle werk he. Nie net daar onder die boom sit en dink jy verdien jou salary nie. Gaan verdien dit om sigbaar te wees en die regte boewe aan die pen te laat ry.

Jan ·

Ons moet self by gemeenskapsbeveiligingsprojekte betrokke raak???? Ek wag al 6 maande vir ‘n vuurwapen lisensie om my en my gemeenskap te probeer beveilig. Die regering is pateties en is nie eers bevoeg om hul burgers te beskerm nie, wat nog van ‘n land bestuur. Niemand is veilig nie, net die hoog geplaastes wat mense het wat hulle oppas. Hulle is bewus van die misdaad probleem en sorg dat hulle beskerm word ten koste van die res van ons. Miskien moet hulle eerder hul “body guards” sekondeer om die res van die publiek op te pas, dan kan hulle ook bloot gestel word aan misdaad en dit hopelik aan hul eie bas voel.

Tommie ·

Sterkte, Dawie en gesin.

Dis beslis nie meer misdaad nie, maar eerder terreur aanvalle op vredeliewende onskuldige mense!!!!

Buitelander ·

Net gister het iemand my gevra of die veiligheid gewaarborg is binne komplekse by beurtkrag toedienning. Ek kan nie glo dat dit nie so is nie! Set your priorities!
Laat mense wat aansoek doen vir n pos by die polisie n berig oor byvoorbeeld n ongeluk skryf. As hy of sy dit nie kan nie dan is hulle ook nie geskik vir die pos nie.

annette ·

Natuurlik uit op parool vir al wat ons weet. Hulle word mos vrygelaat om moord te pleeg.

Ian ·

Elke keer as so iets gebeur dan is daar baie stories van wat moes gedoen gewees het, om dit te voorkom.Mense kan ons nie dalk saamstaan en stop die belasting wat ons betaal nie.Sover betaal ons belasting om maar net gesteel te word….Dit help nie ons kla op die forum nie ,die mense wat dit MOET hoor en lees ,lees nie eers hierdie voorstelle en klagtes nie ,in elk geval stel hulle nie eers belang om afrikaans te lees nie.Kom ons begin met aksies.

Winston ·

Ja mense. Ek kan maar net saamstem met wat julle almal sê. Ons kry swaar en almal in die land is teikens en veral ons wittes. Ons is te besig om die pilare van n land wat reeds te vêr gekantel het, te probeer regop hou. Dawie baie sterkte en is dankbaar jy het nie deel geword van statstiek wat onder die mat ingevee word nie. Daar is geen werkstrots in Afrika nie. Net gierigheid en geen respek vir die lewe van ander nie.

Vossie ·

Het ons nie ‘n grondwetlike reg om beskerm te word deur die regering en veilig te voel in ons eie land nie? Ek glo steeds dat daar ‘n definitiewe 3de party betrokke is by plaasaanvalle, aanvalle op blankes en veral bekende blankes want dan word die wyer en vinniger gepubliseer. Hulle poog en kry dit reg om angs en spanning te saai, blankes ontbloot en bedreig te laat voel……Terwyl misdaad onbeheerbaar raak en almal v ons se aandag op ons veiligheid gevestig is en ons die media dophou want ons het actually nog meegevoel met al die blankes wat uitgeroei word, besteel die regering ons bankrot en melk hul die korrupsiekoei, want selde en meestal te laat word korrupsie ontbloot soos Nkandla en Prasa. Hulle lei ons aandag af van die kak wat hul aanvang deur ons uit te moor….Hoe langer moet mens vergewe…..Hoe langer moet mens nog die persoon van ander kleur langs jou respekteer…..Hoe lank moet mens nog glo dat als onder beheer is en vertrouein ons regering moet he…..Hie lank moet mens nog respekvol voor jou kinders optree en voorgee als is onder beheer??? Hoekom is die Afrikaner nog verdeeld en hoe kan ons nou nog nie besef dat ons slegs n paar dekades oorhet en die blanke nie nog n eeu gaan oorleef nie……Hoe moet ons met trots kan se ons is nog Afrikaners as ons te slapgat is om dit wat ons s’n is terug te vat….God help ons.

joe ·

Dit is so opvallend dat die rowers ens se optredes bar is en dat hulle altyd vyf mans teenoor een man is bewys mens net hoe bar en swak die spul eintlik is !!!!!

Johannes Meintjes ·

Hoe lank voordat ons nou almal oor ons skok, verontwaardiging, blindelingse in-die-lug-slanery en selfs ontkenning kom? Hierdie kommentare behoort nou al lankal reeds konstruktief te handel en by te dra oor hoe om beter te organiseer, kommunikeer, te koordineer, saam te werk en op te tree in verbeterde burgerlike beskermingsinisiatiewe, werkwyses en resultate.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.