Dawie Roodt: Rommelstatus is beslis, maar daar is pluspunte

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Terwyl groot vrese tans in die ekonomie heers oor die verdere afgradering van die Suid-Afrikaanse buitelandse skuld na rommelstatus, veral omdat die ekonomie op ʼn verdere afwaartse trajek verkeer en die land se skuld tans reeds op 58% teenoor sy bruto binnelandse produk staan – Eskom se skuld nie ingesluit nie – is daar tog ʼn silwer randjie om dié donker ekonomiese wolk.

Dat Suid-Afrika binnekort afgegradeer gaan word, is beslis, sê Dawie Roodt, die hoofekonoom by die Efficient Groep.

“Maar as ʼn mens in ag neem dat Suid-Afrika se buitelandse skuld nog nie te hoog is nie en as ʼn mens die sterk plaaslike finansiële markte in ag neem, wat met enige finansiële mark in die wêreld kan kompeteer, verloor ʼn mens nie alle hoop nie,” het Roodt Maandag tydens ʼn Sakeliga‑ ekonomiese seminaar verduidelik.

Hy sê dat die plaaslike finansiële sektor uiters goed gereguleer is, dat dit likied en gesofistikeerd is. “Dit bied aantreklike opbrengste op ons staatseffektemark, wat beleggers weer na Suid-Afrika kan lok.”

Hy is van mening dat sou die land afgegradeer word, dit finansiële markte skrik op die lyf sal jaag, maar dat internasionale markspekulante baie vinnig na die mark sal terugkeer om van ʼn goedkoper rand en staatseffekte gebruik te maak. “Baie vrese is ook oor hoeveel geld die land sal verlaat wanneer ons afgegradeer word. Ek glo dat dit darem nie honderde miljarde rande sal wees, soos ekonome glo nie, maar eerder tien miljarde rande.”

dawie-roodt-begrotingsrede-2018

Dawie Roodt. (Argieffoto: Reint Dykema/AfriSake)

Hy het gespekuleer dat ʼn afgradering selfs na ʼn sterker rand sou kon lei.

Die gevaar kom egter in wanneer die ekonomie tot so ʼn punt versleg dat die likiditeit wat die finansiële markte vir beleggers bied, hulle nie hier gaan hou nie. “Die meeste van die beleggings gaan portefeulje-inkomste wees, of wat as ‘hot income’ beskryf word. Dit kan net so vinnig uitgaan as wat dit ingekom het.”

Wat verdere druk op die land se ekonomie plaas, is die feit dat die belastingbetalers se getalle kwyn, veral vanweë mense wat emigreer, terwyl die bevolking groei.

Jana van Deventer, hoof van finansiële markte by ETM Analytics, sê dat bevolkingsgroei op sigself nie ʼn negatiewe ding is nie. “In die meeste gevalle dra dit dan by tot ʼn groter belastingbetalersbasis, maar in die geval van Suid-Afrika, waar die onderwysstelsel nie voldoende is om mense op te lei en deel te maak van die ekonomie nie, is dit nie volhoubaar nie.”

Tans projekteer ekonome dat die plaaslike ekonomie met net 0,5% per jaar oor die volgende twee jaar gaan groei, terwyl die bevolking in die land met 1,6% per jaar groei.

“Ons is reeds diep in die moeilikheid en Suid-Afrika sit tans met dié mees vernietigende regering wat die land al ooit gesien het. Ons het ʼn president, maar hy is nie ʼn leier nie. Hy wil leiding neem van komitees en het dikwels planne, maar hy implementeer nie daardie planne nie,” sê Roodt.

Van Deventer het verder gesê Suid-Afrika het op ʼn punt in sy ekonomie gekom waar die regering se beleidsonsekerheid en keuses sakeondernemings in die land uit die ekonomie gestoot het. “Die gewone ou betaal ongelukkig vir die wanbestuur van die regering, met die werkloosheidsyfer wat net bly styg en beleggings wat oor ʼn afgrond gestort het.”

Om na die Reserwebank te kyk en te vra dat rentekoerse verder verlaag moet word, is ook nie die oplossing nie, sê sy.

“Die enigste oplossing om die ekonomie reg te ruk, is vir die regering om sy besteding met ten minste 15% te sny. Tans verdien regeringsamptenare tussen 40% en 120% meer as hul eweknieë in die private sektor – hulle is hoogsbetaal en werk gans te min. Dit is polities onmoontlik, maar dit kan gedoen word,” het Roodt bygevoeg.

En raad wat hy vir Suid-Afrikaners kan gee oor hoe hulle die ekonomie kan regruk? “Moet nooit enige wette oortree nie, maar betaal so min as moontlik belasting,” het Roodt tong in die kies afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Regs! ·

Moenie worry nie! Die regering sal baie vinnig van daai silwer randjie ontslae raak!

Kallie ·

Die kern van die probleem is polities van aard. En dit gaan nie verander nie. Die ekonomie drentel agterna, maar dit is onvolhoubaar en sal afplat tot ‘n nuttelose leë wynsak. Die optimisme is lankal onder zero.

Jimmy ·

Ai tog, Dawie en vrinne bly steeds optimisties, al beweeg die land nou vinnig na sosialisme. Die staat se greep sal verstewig en die “gesonde” finansiële stelsel sal verder onder druk geplaas word. Intussen verloor mense in al die sektore hul werk. Die kleinhandel is reeds onder druk.

Danien ·

ek glo Dawie het meer verstand as baie van ons en daarom is hy ook optimisties en kleur vir ons n positiewe prentjie wat baie beter is as al die negatiewe dinge wat plaasvind.
Dankie Dawie sal beslis kyk hoe om minder belasting te betaal.

Neels ·

Die westelike gedeelte van die land moet afstig en hul eie pad loop, uitgesluit Kaapstad en Stellenbosch. Hulle verdien SA.

Erick ·

Ag ou Neelsie, ons Kapenaars bid vir jou, duidelik in die greep van sonde.

Kobus ·

Erick, jy kan gerus in Gauteng gaan kuier om te beleef hoe julle geliefde Kaap oor 10 jaar gaan lyk. Maak maar ‘n draai in die townships. Ek en Neelsie sal intussen vir jou bid.

Vryburger ·

Die ANC gaan weer die Wes-Kaap oorneem, asook Kaapstad. Intussen moet jy die lewe geniet Erick.

Erick ·

Kobie, al my familie woon daar, self daar gewoon vir ‘n paar jaar, so wat dink jy gaan jy my nou vertel …ons bid vir jou ook ou bees, hou moed.

Frik ·

Ek stem saam Neels. Erick, trek maar solank. Die Suid Kaap, Karoo en Weskus gaan nog tuislande word. Maar jy is welkom om in Johannesburg te kom woon. Dit sal goed wees vir jou.

Kobus ·

Nou Riekie, waarom het jy weggehardloop? Gaan terug en geniet die ANC. Die Boere kom vir jou maat. Maar moet asseblief nie vir my bid nie. Ek bid vir myself.

Dolf ·

Riekman is in vir ‘n skok. Die vryheidsdrang groei sterk en die Wes-Kaap bied uitkoms.

George ·

Ek gaan my van verander na Ferreira toe, dan kan ek my goed vat en trek.

JR ·

Dit kan jy weer sê en rommelstatus pas ons land goed want orals lê rommel rond

Dries ·

Asb dawie in n land waar dit so gaan die res van die wereld is nie blind nie en met n staat se jy watter staat jy praat seker nie van die bankrot ANC nie

Dink weer ·

Jy weet daar is lande waar dit baie erger gaan? Inteendeel, gaan eintlik heel goed hier!

Jerry ·

Ekonomies gaan dit swakker en swakker, omrede daar n plan is, n teenoorgestelde plan van Dawie se plan, n plan wat ons gaan lei na geen ander keuse as om te nasionaliseer (onder andere die RB) nog voordat die koei heeltemal leeg gemelk is. Die ANC maak vryemark geluide om belastingbetalers, privaatfondse en pensioenfondse te paai sodat hulle ondersteuning en samewerking kan kry om hulle voet in die deur te kry om sonder streng maatreels soos vir n IMF lening, die fondse te kan plunder vir ANC kaderstrukture en alliansievennote , dit is nie vir dienslewering en die herstel van die ekonomie nie, want dan sal daar geen regverdiging vir nasionalisering bestaan nie, terwyl nasionalisering tog die doel van die oefening al van staatskaping af is. Wanneer Suid Afrikaners se fondse uitgeput is, eers dan sal die verrykte ANC die IMF nader vir n lening vir die ANC sodat die ANC dan met behulp ook van China beleggings die rand weer kan optel, maar dan word die rand opgetel vir die ANC en alliansievennote, uitgesluit die verarmde anti rewolusioneres. Om te se SA is reeds diep in die moeilikheid is dus nie akkuraat nie, omrede dit Jan Alleman, die anti rewolusioneres is wat diep in die moeilikheid is, die ANC is alles behalwe in die moeilikheid. Die ANC het SA net waar hulle SA wil he vir verandering. Suid Afrikaners is gyselaars en hoe meer lospryse die gyselaars betaal, hoe meer lospryse gaan die ANC eis!

Johan ·

Dis oor sulke uitlatings(die waarheid)dat Dawie nie op CR se ekonomiese advies komitee sit Nie.Jy moet soos Roelf Meyer jou siel kan verkoop en hom komplimente toe dig al weet jy dis nie die waarheid nie.

Oor staadsbesteding(aan salarisse,nie infrastruktuur intwikkeling)het CR Vir daai komitee dadelik gese om nie voorstelle te maak om dit te besnoei nie,dit gaan OP!!!Dis die kern saam met die Grant ontvangers van die ANC se stem basis,wat hulle vra kry hulle.

kapteinne,Jnr offisiere ry luukse Duitse motors,middelvlak bestuur,asst direkteure ens Bly op luukse gholf landgoedere.Net in SA,dit maak mens siek tot in jou siel in!!

Hanlie ·

Ek sal aanhou glo dat dit sal beter gaan. GOD IS IN BEHEER EN HY IS AL KLAAR MET SY MEESTERSPLAN BESIG. EK GLO DIT MET MY HELE HART!!!!!! AMEN

Amats ·

Jy s heeltemal reg, God is besig met sy plan. Hy is besig om ons volk te straf vir die afgodery wat ons sondag na sondag beoefen! Maak vas jou gordel, dit gaan net erger word!

Frik ·

Jy is reg, Amats, God gaan ons nog harder straf. Ons wil nie luister nie. Daarom gee ek pad na ‘n ander land waar mense nog Godsvresend is.

@Frik ·

Frik, in watter land is dit? Al Christelike eerste wêreld land is Amerika, die ander in glad nie Godvresend nie. En Amerika se Christendom is meestal voorspoedsgodsdiens. Kyk gerus hoeveel geld bekende pastore in Amerika verdien!

Erik ·

Dis belangrik om objektief te bly en nie tè negatief of tè positief nie.

Suid-Afrika se Ekonomie is die 33ste grootste ter wêreld. Sosialisme is die nuwe ‘buzz’ woord, maar nog nie veel het daarvan gekom nie. Tito Mboweni is meestal daarteen gekant en wil juis die privaatsektor meer betrek.

Die meeste lande in die wêreld is dus veel slegter af as ons. Kyk net na die motors waarmee van ons ry, ons groot luukse winkelsentrums (van die grootste in die wêreld), luukse huise en uitstekende gehalte kosprodukte. Ek weet meeste mense kry egter swaar, maar daar is ‘n sterk florerende samelewing, veral onder Afrikaners. (Kyk gerus die statistieke rondom armoede, werkloosheid, lewensverwagting ens. van blankes ivm ander kulture)

Ek glo dat dinge wel aan die draai is, na die positiewe kant toe.

Ja nee ·

Ek stem nie saam met Dawie nie, wat beteken Rommel status… Verdere afwaardse ekonomiese spiraal, alle produkte Se kostes styg , brandstof styg, werkloosheid -Ek sien nie die silver randtjie nie!!

Knapsekêrel ·

Rommelstatus beteken meer pyn en leiding vir werkloses. Selfs die wat werk en besighede het staar probleme in die gesig. Die “gesofistikeerde” finansiële markte beteken niks vir werkloses nie. Gewone mense begin nou om polisse te kanselleer. Dit voorspel niks goeds vir fondsbestuurders nie.

Jimmy ·

Erik, huishoudings het ook baie skuld. Spaar bestaan nie. Ons koop liewer ‘n 4×4 en ander luukses voordat voorsiening gemaak word vir die oudag of mediese fondse. Pensioenfondse belê in winkelsentrums want daar is niks anders om in te belê nie. Dan staan van die sentrums ook leeg. Luukse huise staan leeg, veral landgoedhuise. Groot huise is nou ‘n swak belegging. Ouers haal gereeld kinders uit private skole. Blankes verteenwoordig net 7% van die bevolking, dus sal hul statistieke beter lyk. Sowat 30 jaar gelede was ons ekonomie onder die Top 20 in die wêreld. Ons sal weer onder die Top 20 moet kom om vir die groeiende bevolking ‘n goeie lewe te bied.

CabyTheron ·

Niks gaan beter word nie. Dit is verby. Ons liewe landsburgers wat so onderdruk was, weet nie dat hulle nou eers in die moeilikheid is nie. Die regering en staatsamptenare voel niks vir hierdie land en hulle eie mense nie. Gedurende apartheid moes ek my alie af werk vir alles wat ek gehad het. Ek het niks verniet gekry nie, maar ek was veilig. Die arme bevrydes is gedoem, so ook die wat vir hulle gelykheid gestem het. Die leiers van die ANC gaan soos die Guptas verdwynen in weelde elders lewe, as hier niks meer oor is vir die getroue stemmers nie.

Marietjie Stander ·

Ek stem saam ons land lyk soos n rommelhoop, kort net die naam

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.