Dawn Lindberg oorlede

Dawn Lindberg. Foto: Skermskoot/Naledi-video

Huldeblyke stroom in na die dood van Dawn Lindberg, ’n legende in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.

Lindberg is Maandagaand aan Covid-19-verwante komplikasies dood.

Lindberg en haar man, Des, was al langer as 50 jaar by die vermaaklikheidsbedryf betrokke. Dawn is die stigter van die Naledi-teaterpryse en was tot haar dood die uitvoerende hoof. Des het groot sukses behaal met sy Afrikaanse treffer “Die gezoem van die bye”.

Die sang-egpaar is in 1965 getroud waarna hulle met hul karavaan die langpad aangedurf en in klein dorpies reg oor die land opgetree het.

Des en Dawn Lindberg.

Hulle het ’n duetalbum, “Folk on Trek”, opgeneem wat destyds verban is. Talle albums het gevolg en van hul treffers sluit in “The Seagull’s Name was Nelson” en “16 Rietfonteins”.

Die egpaar het ook omstrede stukke op die planke gebring, waaronder “Godspell” wat verbied is. “Pippin”, “The Black Mikado”, “The Best Little Whorehouse in Texas” (waarvan die titel verbied is) en “The Vagina Monologues” het later gevolg.

Des en Dawn is ’n paar jaar gelede deur die minister van kuns en kultuur as Lewende Legendes aangewys. The Real Architects of Society Awards (Wrasa) het Dawn in 2016 vereer met die prys vir uitnemendheid in die teater en sy is ook benoem vir ikoon van die jaar.

Dawn laat haar man, twee seuns en kleinkinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jacobus ·

RIV Dawn. Jy was ‘n legend. Vars lug in musiek gebring en nooit ophou vermaak te bring aan almal.

JohanR ·

Rus in vrede Dawn Lindberg. Ek het jou en Des in 1964/65? gesien in die saal van die club in Triangle(die suiker belt) Rhodesie, toe ek soe 14 jaar oud was. Julle het wyd en suid getoer selfs in die klein dorpies. Ek dink daai aand was “Die Gezoem van die Bye”, lekker meer saam gesing.

Piet ·

‘n Leeu in die veg teen Apartheid en ‘n engel op die verhoog. Rus in vrede.

MakersMark ·

Ongelukkig het die liberale engel van die grootste snert opgedis as vermaak. En totaal relevansie verloor toe die politieke gekruipery verby is. En die vermaak het net groter snert geword soos die artikel hierbo beskryf.

Ietsanders ·

Hulle saam was so ‘n lewenslustige twee mense en hul tyd ver vooruit met versoening tussen rasse. Dit het deur die jare voorgekom asof hulle versigtig is met hul gesondheid……wonder hoe het sy die ellendige siekte gekry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.