DBO gooi wal oor ‘transgender-opleiding’ in skole

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die departement van basiese onderwys ontken hy lei onderwysers op om transgender-ideologie in laerskole te bevorder.

Verskeie organisasies het hul kommer uitgespreek nadat die departement onlangs ’n stel riglyne bekend gestel het rakende die hantering van die transgender-ideologie in die grondslagfase.

Die riglyne staan bekend as die “Toolkit on Gender Responsive Pedagogy for Early Childhood Education” en het ’n herrie onder verskeie godsdienstige, kulturele en opvoedkundige organisasies ontketen.

Die organisasie Freedom of Religion South Africa (FOR SA) beweer die departement se sogenaamde riglyne het ten doel om pre-primêre en primêre opvoeders op te lei om transgender-ideologie en geslagsdiversiteit onder kinders van nul tot nege jaar te bevorder.

Die organisasie meen die departement dwing ’n unieke ideologie af wat die ouer se tradisionele sienings en waardes ondermyn.

Die riglyne behels die vra van leerders se voorkeurname en voornaamwoorde, die gebruik van geslagsneutrale taal in die klaskamer en die bevordering van toegang tot toiletgeriewe gebaseer op leerders se geslagsidentiteit.

Die departement hou egter vol die riglyne is hoegenaamd nie gemik op die bevordering van enige spesifieke ideologie onder jong leerders nie.

“Die primêre fokus van die riglyne is om vroegtydig leiding aan kinderonderwyspraktisyns en grondslagfase-opvoeders te gee oor hoe om leeromgewings te skep wat vry is van skadelike geslagstereotipes en vooroordele,” sê Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement.

“Ons doelwit is om te verseker dat alle kinders gelyke geleenthede het om te leer, te groei en hul volle potensiaal te bereik.”

Mhlanga wys ook daarop dat Suid-Afrika steeds met onaanvaarbaar hoë vlakke van geslagsgebaseerde geweld worstel.

“Dit is ’n nasionale krisis wat dringende optrede op verskeie gebiede vereis. Die departement van basiese onderwys erken dat ons ’n deurslaggewende rol te speel het in hierdie verband, deur die waardes van menseregte, gelykheid, respek en nie-geweld te handhaaf.”

Weens die pandemie het die toegeeflikheid egter al hoe groter geword en die toetsinhoud al hoe kleiner. (Argieffoto: Christel Cornelissen/Maroela Media)

Mhlanga sê dit kan juis gedoen word deur onderwysersontwikkeling en opleidingsinisiatiewe wat ’n positiewe invloed op leerders in hul vroegste jare sal hê.

“Navorsing toon dat geslagsidentiteit en stereotipes oor intellektuele vermoëns vanaf ’n baie jong ouderdom, selfs van twee tot ses jaar oud, begin vorm. Hierdie vroeë vooroordele kan ’n diepgaande en blywende impak op kinders se selfpersepsie, houdings, gedrag en lewenskeuses hê,” sê Mhlanga.

Volgens die departement dra hierdie vroeë vooroordele eindelik by tot geslagsgebaseerde diskriminasie en die voortbestaan van sosiale ongelykhede.

“Aangesien die departement verantwoordelik is vir die opvoeding en welstand van alle Suid-Afrikaanse kinders, is dit ons plig om vroeg in te gryp om hierdie negatiewe trajek te verhoed.”

Mhlanga stel dit egter duidelik dat die departement se riglyne geensins daarop gemik is om ’n wig tussen kinders en hul ouers te dryf óf gesinswaardes te ondermyn nie. “Inteendeel, ons glo dat sterk, sorgsame gesinne die hoeksteen van ’n samehangende samelewing is, en dat skole en ouers in vennootskap moet werk om ’n omgewing te skep waar alle kinders kan floreer.”

Die departement glo sy riglyne moedig die aktiewe betrokkenheid van ouers en versorgers by hul kinders se leerproses aan, en voorsien bewysgebaseerde wenke vir die versterking van positiewe geslagshoudings en -gedrag tuis.

(Argieffoto ter illustrasie.)

Mhlanga sê die riglyne poog ook nie om weg te doen met die verskille tussen seuns en meisies nie.

“Ons erken en vier die wonderlike diversiteit van die menslike ervaring. Ons hou egter vol dat hierdie verskille nie die lewensgeleenthede of potensiaal van enige kind behoort te beperk nie.

“Elke meisie het die reg om groot te word deur te glo dat sy net so bekwaam is soos die seuns om haar. Elke seun het die reg om sy volle menslikheid te omhels, insluitend eienskappe soos sagmoedigheid en empatie, sonder vrees vir stigma.

“Dit is die kernwaardes wat die riglyne onderlê.

“In die praktyk behels dit ’n proaktiewe benadering tot die bevordering van geslagsgelykheid in alle aspekte van die vroeë kinderopvoedingsomgewing.

“Ons wil alle Suid-Afrikaners verseker dat ons enigste agenda is om ’n meer regverdige samelewing te skep vir al ons kinders om in groot te word. Terwyl ons daartoe verbind bly om saam te werk met alle belanghebbendes, insluitend ouers, godsdienstige leiers en tradisionele owerhede, om konstruktiewe oplossings te vind vir die uitdagings wat ons as nasie in die gesig staar, sal ons die verwesenliking van die Grondwet beskerm in die beste belang van die kind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

minnie muis ·

het marx nie gese , geen my in kind voor 7 jaar en maak hom soos hy marx?

Petrus Albertus ·

Mens hoef maar net na die DBO se BELA wetgewing te kyk om te besef dat hierdie maar net weer paaiwordjies is terwyl hul eintlike bedoelings skokkend duister is. Ouers met groen koring op die land word WAKKER die staat wil julle kinders vat!

Jan Jacobs ·

Baie hartseer, maar ongelukkig onder steun die da en vfplus ook die transgender groep.

Gaitsigubib ·

Ons geloof en waardes is dinge wat skere mense bymekaar trek. As jy egter apart wil wees dan haat almal jou. As hulle saam met jou is, dan haat hulle jou meer nie en wil jou van vryheid van spraak en jou geloof ontneem.

Nici ·

Die euwel regering krap nou waar dit nie jeuk nie maar die DA ondersteun die nonsens. As hul soveel omgee oor geweld, maak die polisiediens en howe effektief en raak onslae van aanlyn prostitusie wat tot morele verval lei.

domheks ·

Daar is net TWEE geslagte dogters en seuns! As iemand volwasse is kan hy/sy besluite neem oor watter geslag hy/sy wil wees. Defnitief nie op skool vlak nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nici, die held van Tshwane is ook DA. En die VF Plus wil saam met die DA regeer. Die ACDP skop darem nog vas.

Tewis ·

Ek sal nie ń DONDER dat my kleinkinder vir die Kaaak op skool sit nie!!!
Weer die mense reg en die massa???

Nie Verbaas ·

So met ander woorde, n seun kan hom dan self voorgee as n transgender en dan in die meisies se toilette sonder n probleem gaan rondhang. Oor my dooie liggaam.

Dandeleen ·

My dogter is nou in graad 10, toe sy in graad 7 was het die skool ook so klas gegee, met die gevolg dat 80% van die meisies toe geglo het dat hulle Pan sexual is. Dit het baie raas, soebat en smeek gekos sodat my pragtige kind moes insien dat jy nie ‘n 12 jarige kind in ‘n boks kan sit en ‘n lable daarop kan plak wat sê, die is wie jy is nie. Dit was ‘n nagmerie. Ek het nie eers geweet wat die woord beteken nie, moes dit gaan google. Darem nog net die jaar en nog twee jaar oor vir ons.

Koen ·

Stem saam @Amelia. Dis die ergste sonde. Dit laat die ANC , EFF en MK na ‘n Sondagskool piekniek lyk.

Joan ·

Ek stem – gee hulle die EVANGELIE, en al die probleme is opgelos. Maar nou ja, almal is nie vatbaar vir die EVANGELIE nie . . . .

Maar help my asseblief hier reg – Staan die VF+ ook VIR transgender-gemors? Laat my tog net betyds weet, VOOR DIE VERKIESING, ASSEBLIEF?!?!

Martie ·

Hierdie is een van die grootste tragedies van ons tyd. Hierdie euwel wat losgelaat is tussen ons mense gaan mense nog baie trane laat huil. Miskien was dit die rede waarom ek nie kleinkinders het nie.

AREND1 ·

Nou wil hulle kinder leer van sulke …… goed,want as die ouers nie van sulke goed wil hoor nie dan wil hulle jou kind so maak.

Wikkie ·

Hierdie is ‘n geval van “die stert swaai die hond”. Die sielsiekes en geestesverteurdes, wat ly onder die dwaling dat hulle iets is, wat hulle biologies nooit kan wees nie, is by verre die minste mense op die planeet. Maar hulle vieslike, perverse, absurde en belaglike idiologië moet op almal anders afgevorseer word, anders is daar “gevolge”.

Wat is daardie gevolge? Dat hulle geafronteer voel om dat iemand nie met hulle saamstem nie en dan word daardie iemand van haat en fobia aangekla en skulidg bevind? Te hel daarmee. Geen wet, geen, tronsktraf, geen vorm van intimidasie, geen boete, gaan my oortuig dat ‘n man ‘n vrou kan wees, of anders om, of dat ‘n mens ‘n kat kan wees, of iets soortgelyks nie, en sal my ook nie kan oortuig om saam met mense, wat wel dasrin glo, voor te gee dat dit so kan wees nie.

Jou DNA bepaal wat jou geslag is. Jy kan in dwaling leef en voorgee om te wees wat jy biologies nie kan wees nie, maar jy gaan nie my of my kind vorseer om in jou dwaling te deel en saam met jou voor te gee nie. Ongeag hoe jy daaroor voel. Die waarheid en werklikheid gee nie om oor jou gevoelens nie. Daarom sê ek reguit, die sielsiekes en geestesversteurdes, soos transseksueles, hoort in sielkundige inrigtings, waar hulle die nodige sielku dige en psigiatriese hulp kan ontvang. Hulle hoort nie in ons skole nie. Die seuntjies wat voorgee om dogtertjies te wees, hoort nie in ons dogters se kleedkamers, toilette, of sporte nie. Taboo.

Maar ons is te slapgat om teen die gemors op te staan. Daarom laat ons toe dat hulle aan ons voorsê en om hul idiologië in ons keelgatte af te dwing.

Híérdie pa, sal oorlog maak om te veg vir dit wat goed en reg en die waarheid is, asook vir dít wat in die beste belang van my kind is. Maar ek glo ek staan alleen. Ek glo almal anders is te bang om hierdie soort gemors trompop teen te staan.

Protea ·

God het net twee geslagte geskep. Manlik en Vroulik…….
En dis hoe dit is

Barry ·

I thought we live in a democracy!? Majority vote, Yes? So if the majority says No then, doesn’t that mean No?
Any boy can identity as a girl but, let him step into a bathroom with my daughter and watch how quickly i identify as the Tooth Fairy!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.