DBV-beamptes glo geboelie op Modise se plaas

Varke op Thandi Modise se plaas Foto: eNuus

Varke op Thandi Modise se plaas Foto: eNuus

Twee inspekteurs van die DBV gaan na verwagting klagtes lê teen Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, se plaasbestuurder en woordvoerder nadat hulle glo met geweld op haar plaas gedreig is, het Beeld Dinsdag berig.

Daar is vroeër vandeesmaand berig dat varke op Modise se plaas mekaar begin vreet het weens honger. Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) moes 117 varke van kant maak en het 120 varke gekonfiskeer nadat 80 op die plaas gevrek het.

Inspekteurs Grace de Lange en Burt Coetzee het Vrydag besoek afgelê aan Modise se plaas Modderfontein in Noordwes om die res van die diere te evalueer. ʼn Nuwe plaasarbeider het hulle ingelaat en hulle net nog net ʼn paar van die diere gesien toe ʼn man in ʼn blou Golf glo aangejaag gekom en geskree het hulle moet van die vee af wegkom, volgens De Lange.

De Lange sê dit was Neo Moepi, Modise se plaasbestuurder en woordvoerder. Sy sê sy het hom herken uit foto’s wat sy gesien het. “Neo het uitgespring en geskree, ‘Julle moet bang wees vir my en wat ek kan doen’.”

Die man wat hulle ingelaat het, het die pad by die hek versper en op hul motorruit gehamer. Tydens ʼn struweling het hy glo die motor se sleutels gegryp en glo gedreig om die motor te skop en dit aan die brand te steek.

Moepi het glo die NDBV se bakkie uit bestuur en glo Coetzee se selfoon gegryp wat opnames van die gesprekke bevat het. Die ander man het alles uitgevee.

Moepi was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Die NDBV oorweeg ook kriminele klagtes oor die behandeling van die diere.

Lees ook:
Modise se broer se plaas word dalk óók ondersoek
Modise-raadgewer ontken boere bied hulp aan
Werker vertel van laaste dae op Modise se plaas
ANC sê oor Modise se plaas
Video: ‘Ergste geval van dieremishandeling in 20 jaar’
‘Modise moet van dieremishandeling aangekla word’
Varke verhonger, vreet glo mekaar op Modise se plaas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theresa ·

En…………..??
Wie beskerm die DBV mense? Hierdie spul wil ook net alles probeer “regmaak” met geweld en teistering. Nou wil ek sien wie tree op teen die spul. Die wetteloosheid in hierdie land maak my siek. Sodra jy jou werk doen is jy die een wat verkeerd is. Kyk watse sirkus is die parlement en wat doen die President. Hy sit maar net daar…………. ???????????????????????

Trippie ·

Zuma sit nie net, hy is darem oppad na die VSA (op ons belastinggeld) om Boko Haram te bespreek, in plaas van aandag te gee aan moorde hier in Suid-Afrika. Slegste president wat die land ooit gehad het.

jjobson ·

Die DBV mense doen goeie werk – ek is baie besorg oor my wol hondjie,maar nie oor ons parlements lede nie.

Theresa ·

Die DBV doen uitstekende werk. Ek hoop net daar is mense met meer gesag wat hulle kan ondersteun in situasies soos diè. Geen verdomde persoon sal my selfoon of karsleutels vat nie! Dit sal sy laaste probeerslag wees. Ek stem Trippie. Is dit nie amazing hoe vinnig hy op ‘n vliegtuig kan klim en sy land net so los met al sy probleme nie. Hy is nêrens in sig met al die stakings ens wat die land verarm en ten gronde laat gaan nie. Maar “hulle” statistieke wys mos dit gaan great in hierdie land. Hulle voel in elk geval ‘n veer solank dit goed gaan met al die plekke/maatskappye waar hulle hulle vingers in die pie het.

veronica ·

Ek hopp die hof gaan al hierdie dinge in ag neem en hulle “gooi met die boek” En mag dit ‘n DIK boek wees!!! Daar moet verswarende omstandighede wees tot op die uiterste!!!! Dis laakbaar om die NSPCA so te behandel aangesien hulle net die welstand van die diere in die uitvoering van hulle pligte wou nakom!

veronica ·

Ek hoop die hof gaan al hierdie dinge in ag neem en hulle “gooi met die boek” En mag dit ‘n DIK boek wees!!! Daar moet verswarende omstandighede wees tot op die uiterste!!!! Dis laakbaar om die NSPCA so te behandel aangesien hulle net die welstand van die diere in die uitvoering van hulle pligte wou nakom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.