DBV bekommerd oor diere op grensposte weens SAID-staking

Argieffoto

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) is diep bekommerd oor die welstand van diere wat moontlik op grensposte gestrand is weens die staking van werkers by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Die amptenare staak oor ʼn loongeskil.

Duisende werkers verbonde aan die National Education Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) en die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA) staak by takke landwyd. Hulle eis ʼn salarisverhoging van 11,5%, terwyl die SAID 7% aanbied.

Daar was vrese dat die staking doeanebedrywighede by grensposte gaan ontwrig en kan lei tot die invloei van dwelms en ander onwettige items, maar die inkomstediens sê hy het gebeurlikheidsplanne om ontwrigting tot die minimum te beperk.

Die NDBV het in ʼn verklaring gesê ʼn groot getal diere, wat insluit wilde diere, plaasdiere én troeteldiere, beweeg deur die land se grense. Die NDBV het gesê padvervoer gaan reeds met probleme gepaard en lang vertragings by grensposte kan die diere se welstand selfs vérder benadeel.

Arno de Klerk, bestuurder van die NDBV se eenheid vir spesiale projekte, het gesê hulle het reeds kommer oor diere se welstand tydens sulke stakings te kenne gegee. De Klerk het gesê volgens die inkomstediens sal daar behoorlik na sy snuffelhonde (wat doeanebeamptes op grensposte gebruik) omgesien word, maar die SAID het nie ʼn woord gerep oor die lot van ánder diere wat oor die grens moet reis nie. Dit bly dus ʼn bekommernis.

“Ons doen ʼn beroep op almal wat lewende hawe vervoer om die welstand van die diere in ag te neem en te verseker hulle ly nie onder uitgerekte reise nie,” het De Klerk gesê.

Hy het gesê die NDBV sal die situasie steeds dophou en die publiek word versoek om kommerwekkende voorvalle by grensposte dadelik aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

saartie ·

Dit is regtig hartseer dat die diere moet ly maar dit is on christen dat ek meer omgee vir diere as vir die stakers wat wel die geval is en al meer die geval word.

Dieter ·

Saartjie, ek gee meer om vir diere as 99.99999999% van die planeet se mense.
Onchristelik? Dan is dit maar tot daarnatoe.

@ SAARTIE??? ·

EKSKUUS? SO onskuldige diere moet nou in die SON sit en DOODGAAN en LY omdat JY simpatie met die STAKERS HET???? WAT het die diere gedoen om dit te verdien??? So sou JY graag wou sit en doodbrand in ‘n kar omdat die STAKERS ‘n probleem het? Die STAKERS kan onderhandel, ONSKULDIGE diere sit daar en doodgaan van die HONGER EN DORS .. sjoe .. en dan verwys jy na CHRISTEN WEES??? Dit is ONCHRISTELIK om te sien hoe diere ly agv SELFSUGTIGE STAKERS ..

Sonneblom ·

Ek stem 100% saam met Dieter, ek gee 1000 keer meer om vir diere as mense.

Helene ·

Arme diere!! Hierdie land is so in sy peetjie in!! En ek is gatvol verby!!

Jane ·

Stakers voel NIKS vir diere nie en die DBV is ook net bekommerd … Hulle voel niks eers vir MENSE en hulle besittings nie . en NOG minder vir diere . dit maak deel uit van hulle STAKING … hoe meer mense en diere seerkry hoe GROTER die boodskap wat hulle oordra . het dit net gister op FACEBOOK gelees . die stakers se as die regering nie wil HOOR NIE, moet hulle net MEER skade aanrig . want hulle HOOR Met hulle OE .. vreemde konsep maar dit is vanuit die mond van ‘n staker.

MW ·

As jy ‘n dier mishandel koer jy my moer. Hulle trek altyd aan die kortste end. Wat voel hospitaalwerkers bv vir hul pasiënte tydens stakings? ‘n VEER ! Wat voel die regering vir hulle onderdane? Wat voel die land se duisende kapers vir hul slagoffers? Say no more

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.