DBV gryp in oor 18 honde in woonstel

Van die 18 honde wat in ‘n eenslaapkamerwoonstel in Midrand aangehou en aan die DBV oorgegee is. (Foto: verskaf)

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het 18 honde uit ʼn eenslaapkamerwoonstel in Midrand in Gauteng verwyder nadat die diere in uiters vuil omstandighede aangehou is.

Insp. Pam Pretorius, algemene bestuurder van die Midrand-DBV, het gesê die eienaar van die diere is aanvanklik gewaarsku om die perseel op te ruim. Dít ná die DBV ʼn klagte ontvang en die woonstel besoek het.

“Die stank van urine en ontlasting was oorweldigend en hoewel die diere in ʼn aanvaarbare toestand was, was die leefplek glad nie goed vir hulle gesondheid nie.”

Tydens die inspekteurs se tweede besoek is die situasie steeds nie bevredigend opgelos nie en die eienaar het ingestem om die diere eerder aan die DBV oor te gee.

Terwyl die DBV-span die diere na buite geneem het, het baie van hulle begin tjank, waarskynlik omdat hulle nog nooit buite was nie.

Pretorius het gesê in sommige gevalle is dit meer raadsaam om die troeteldiereienaars op te voed oor hoe om na hulle diere om te sien, eerder as om summier strafregtelike klagte teen hulle aanhangig te maak.

“Ek dink nie mense besef om diere in sulke omstandighede aan te hou, is óók wreed nie. Die diere het ruimte nodig, sonlig, vars lug, oefening.

“Diere-opgaardery is ʼn probleem,” het Pretorius gesê.

“Mense dink die ergste wat ʼn dier kan oorkom, is om van kant gemaak te word. Dit is nie.”

Pretorius het gesê hulle is gekant teen mense wat diere “gratis aan ʼn goeie huis” op veral sosialemediaplatforms adverteer, asook agterplaastelers wat soveel moontlik geld uit die verkoop van hondjies probeer maak, ongeag van waar die diere uiteindelik eindig.

Die woonstel waar die honde aangehou is. (Foto: verskaf)

Sy het die belang van opvoeding benadruk en meen dit is veral belangrik om die jonger geslag touwys te maak oor hoe om behoorlik na diere om te sien. “Talle probleme spruit uit onkunde. As ons mense kan opvoed en hulle gedrag help verander, kan ons ʼn verskil maak.”

Die honde wat oorgegee is, word tans by die DBV in Midrand versorg. Na gelang van die diere se gedrag, wat nou eers dopgehou en geassesseer gaan word, gaan hulle vir aanneming beskikbaar gestel word.

Pretorius het gesê hulle benodig intussen steeds skenkings, in die vorm van kos of geld, om na al die diere in hulle sorg om te sien.

“Ondersteun asseblief plaaslik jou DBV, want sonder die publiek kan ons nie ʼn verskil maak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

13 Kommentare

Lizelda ·

Hoekom? Hoekom? Hoekom? is die mensdom sooooooo wreed? I mean really MOET die diere altyd in vuil, stinkende plekke bly?

Maljan ·

Dink net, die eienaar het saam met hulle daar gelewe. Dan die anderkant van die munt ook…. Mense wat altyd kla. As jou hond wel die dag blaf, hang hulle eintlik oor die heining om n video te maak van hoe jou hond “heeltyd” blaf.

Penny ·

Probleem is dat baie van die DBV plekke nie meer regtig omgee nie. Daar is selfs korrupsie.

Lizelda ·

Maak nie saak nie @Penny, daar is baie plekke, bv Wollies, Woodrock, Wetnose net om 3 van die 100de te noem wat die diere sou inneem. Daar is GEEN verskoning vir n mens om n dier in sulke vuil, haglike omstandighede te laat bly en dan te wil se “maar ek is lief vir my diere nie.” Maak at least die plek skoon en versorg jou diere met skoon water, kos, n lekker gereelde bad. Ek is een van daardie mense wat my laaste krummel kos vir n hawelose dier sal gee maar ek weet ek KAN net 3 troeteldiere bekostig want ek kyk behoorlik na my diere en daarom sal ek altyd plan maak dat die dier by n veilige hawe opeindig, maar ek sal beslis nie doen wat die simpel ding gedoen het nie. Die DBV is NIE die enigste opsie nie, maar hulle bly wel n opsie.

Schalla ·

Nevermind die diere, ek dink daai woonstel is nie goed vir enigiemand se gesondheid nie!! Dit sluit in die arme mense op dieselfde vloer sowel as ‘n vloer op en af in dieselfde gebou!

Erika ·

Hoekom het mense diere as hulle nie na hulle kan kyk nie??? Honde gevegte, honde wat indie koue moet slaap, honde wat amper dood geslaan word omdat hy ‘n glips indie huis kry…Mense koop honde vir hul kinders en dan is dit vir ‘n week snaaks en dan moet die hond gaan…Diere kan nie sê ek is honger gee my ‘n broodjie nie!!Gee hom kos, versorg hom of moet hom glad nie koop nie. Mense gaan met vakansie en vergeet van hul diere! NEE mense moet begin boetes kry en verkla word..DBV doen nog goeie werk!

Asjas ·

As gratis dienste soos sterilisasie maar net aan almal beskikbaar was en nie net die tans bevoorregtes in ons land nie. Meskien as almal ook gelyk behandel word sal mense soos ek wat privaat veearts kan bekostig weer vir die DBV gee.

LK ·

Ek is nou nie snaaks nie maar sal graag wil sien hoe lyk die person wat in sulke omstandighede saam met die arme diere bly ………….lyk??? Ek meen regtig kyk hoe lyk die plek, hoe moet dit ruik?? Ag nee !!!

Tante ·

Ag sies vir dieremishandeling en sies vir sulke vuil mense hoe leef julle in sulke stank en die bure hoekom kla julle nou eers sies!!!

Blommie ·

J a LK almal se hoe kan jy nie na jou diere omsien nie.
Maar HOE kan jy na jou diere omsien as jy nie eers na jouself kan kyk nie.
Sulke mense moet ge “blacklist” word om nooit weer diere in hulle besit te he nie.
Maar hoe sal dit tog gebeur as hulle nie eers vrouens wat hulle kinders weggooi kan laat reg maak nie.

kallie ·

Ek dink hierdie mense is eensaam en verval dan algeheel,soveel so dat hulle naderhand nie omgee nie. Dink ook dit gaan oor in ‘n geestelike verval,maar die Vader weet,hoe hulle so kan leef is ‘n mystery. Ons pas tans my dogter se twee groot honde op in ‘n beperkte spasie en dit is ‘n nagmerrie. Hoewel hulle gepotty train is,maak hulle die plek vuil met spore,klim met modderpote in die visdam en op ons meubels. Ons maak skoon van vroeg tot laat en ons het twee yorkies van ons eie. Maar soos ek sê, eensaamheid en verwerping speel ‘n groot rol,maar dan sneeubal dit buite beheer,die mens het self ook hulp nodig!

Maljan ·

Net n gewone ou maagwerk kos jou al R1250. Wat nog van sterilisasie? Vir elke baketel moet die diere ook spesiale kos kry wat jou maklik R1500 pm, elke maand kos. Maar natuurlik die bevoorregte staatsveearts is te bang om jou dier te ondersoek en sien nie “private” diere nie. Hoe weer mens wanneer is jou dier privaat?

M Brett ·

Die jare tow my voorouers Dokters was het hulke nog huis besoeke gedoen en sekere dae en ure was toegewy aan gratis en vrywillige dienste…. Waar is die Drs en Spesialiste en Veartse en Tandheelkyndiges en gesondheids diens leweraars… VANDAG…. LAAT ONS SIEN… LAST HULLE VORENTOE KOM… LAAT HUL HUL MEDEMENS WEER BEDIEN.. EN MET LOF IN DIE KONINKRYK IN GAAN… DIT IS WAT DIE WOORD ONS LEER… HULLE OOK MOET DIE WOORD STUDEER… HULLE OOK MOET VOOR DIE ALKERHOOGSTE STAAN EEN DAG..
En Jan Publiek… Kan ook die woord studeer en nie onodige verantwoording aan neem en dit sonder opleiding en kapasiteit… Daar hoort meer oovoedkungiges wees met programme en klasse vir die publiek.. In alle areas en onderwerpe… En in plaaslike koerante en tydskrifte.. Groete en voorspoed… En beste wense.. Aan almal.. ????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.