DBV hou oog oor ‘doodskip’ na Midde-Ooste

Al Messilah, NRDBV, diere-regte, landbou, kleinvee, hof

Die skip Al Messilah het Dinsdag vasgemeer by die Oos-Londense hawe om duisende kleinvee op te laai. (Foto: Agri Eastern Cape / Facebook)

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NRDBV) sal nou ingevolge ʼn hofbevel ’n wakende oog hou oor die laai van lewende hawe wat bestem is vir uitvoer na die Midde-Ooste.

Dit volg ná die sogenaamde “doodskip” Al Messilah Dinsdag in die Oos-Londense hawe in die Oos-Kaap aangedoen het.

Die NRDBV sê sowat 60 000 skape, 1 500 beeste en 200 bokke sal op die Al Messilah na Koeweit en Saoedi-Arabië verskeep word.

AL MAWASHI AND BRUCE PAGE LAND FACE FIRST AS HIGH COURT AFFIRMS NSPCA’s MANDATEThe NSPCA applauds the Judgment of the…

Posted by NSPCA – National Council of SPCAs on Wednesday, April 3, 2024

Al Mawashi (Edms.) Bpk., die maatskappy wat die vee uitvoer na die Midde-Ooste, het die hooggeregshof in Makhanda verlede week op ʼn dringende basis genader om NRDBV-inspekteurs te verhoed om siek of dragtige diere te merk.

Dit volg ná sekere van die diere, terwyl hulle nog in ʼn voerkraal aangehou is en gewag het op die Al Messilah, ondersoek en ongeskik vir uitvoer verklaar is.

Die NRDBV het onder meer diere wat te siek is of ver dragtig is, gemerk sodat hulle nie op die skip gelaai word nie.

“Die hof het bevind die NRDBV tree wel binne sy mandaat en regte op en daarom ingevolge sy lasbrief gemagtig is om al die diere in die voerkraal te ondersoek en vas ste stel onder watter toestande hulle aangehou word,” sê die NRDBV.

Die NRDBV sê voorts die welstand van die diere onder Al Mawashi se sorg is nie vir hulle (Al Mawashi) belangrik genoeg is nie.

“Diere is leed aangedoen ná hulle roekeloos geskeer is en dan word daar verwag dat hulle boonop ’n reis van drie weke lank op see moet verduur in ʼn skip met hoë vlakke van ammonia en uitermatige hitte, staande in hulle eie ontlasting,” sê die NRDBV.

Die organisasie het daarom die hofbevel verwelkom en sê hy sal voortgaan om die diere se welstand met ʼn valkoog dop te hou.

Agri Oos-Kaap het op sy beurt die hawe Woensdag besoek saam met onder meer Oscar Mabuyane, Oos-Kaapse premier, en bevind daar is nie enige “dierewelstandsprobleme” nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JohanR ·

Dit gaan alles oor geld en valuta vir die skaap boere en die land. Diere is sekonder! Miskien sal almal betrokke in hulle volgende lewe, terugkom as skape!

Sandra ·

Ek kan absoluut nie hierdie tipe berugte lees nie. Dis hartverskeurend. My opinie: Die NRDBV het geen “tanne” nie. Die arme, redelose diere…. dit maak my mal!

Jan ·

Die Solidariteit groep met al sy vertakkings moet oppas om alle brûe met veral Noord Kaap en Oos Kaap boere te brand deur gemene saak met twyfelagtige diere aktiviste groepe te maak. Die uitvoer van skape met die skip is ‘n “lifeline” vir droogte, regerings en DBV geteisterde boere, met plaaslike vleis en wol pryse onder baie druk. Mortaliteit op die skip is binne aanvaarbare norme en vergelyk goed met padvervoer na markte plaaslik.

Lammarié ·

Hoekom gebeur hierdie so gereeld? Hoekom word dit net nooit gestop nie??? Arme, arme diere ly altyd onder die mensDOM.

Olive ·

Ja dit is geweldig wreed en dit is mishandeling. Ek hoop vir al die wat betrokke is in die malligheid, alle teenspoed vir die toekoms. Mag dieselfde pyn en lyding op julle pad kom. Dankie DBV vir julle volgehoue betrokkenheid.

Luckykat ·

Weet julle hoe 60000 skaap lyk? Vervoer daai getal na en van slagpales of veilingskrale. Daar is maar altyd n persentasie beserings en goed wat nie lekker is nie. Dis reg, hou die proses dop maar moet nou nie heeltemal simpel wees met jul verwagtinge nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.