DBV lê klag teen departement

Argieffoto (Foto: Hans Braxmeier/Pixabay)

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Woensdag gesê hy gaan ʼn klag van dieremishandeling aanhangig maak teen die Oos-Kaapse departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming.

Die organisasie het gesê die besluit om met ʼn hofsaak te begin kom ná die Al Shuwaikh, die skip wat in Oos-Londen geanker is, goedkeuring ontvang het om duisende skape na Koeweit uit te voer.

“Die NDBV het op 23 September 2019 ʼn verslag aan die regering oorhandig met kommer oor die welsyn van die diere en die verwagte oortredings van die Wet op Dierebeskerming,” het Meg Wilson, woordvoerder van die NDBV, gesê.

Sy het gesê minstens 30 000 diere word hierdeur geraak.

Ayongezwa Lungisa, woordvoerder van die staatsdepartement, het egter gesê daar is twee keer soveel skape wat gelaai word. Volgens hom word minstens 61 000 skape gelaai.

“Die ammoniakvlakke op die skip is reeds hoër as vlakke wat veilig beskou word. Ons inspekteurs het die vlakke gistermiddag gemeet, en die skape was nog nie eers 24 uur aan boord nie,” het Wilson bygevoeg.

Volgens haar sal die situasie vererger met die toename in ontlasting, aangesien die skip nie skoongemaak sal word totdat die diere afgelaai is nie.

“Die gesondheidsertifikate word ook eers onderteken net voor die skip vertrek en daar is geen gesondheidbeperkings nie. Dit beteken dat, solank as wat die skape uit ʼn gebied kom wat vry is van bek- en klouseer, sal die land, wat die skape ontvang, die diere ontvang ongeag hul toestand.”

Lungisa het, in reaksie op ʼn vraag oor die regstappe, volgehou dat die departement alles volgens die wet gedoen het. “Ons het genoeg ruimte gebied om met die NDBV kontak te maak. Ons glo hul werk is baie belangrik en ons sal aan die prosesse voldoen. Die hof sal verder opdrag gee, maar ons het tot dusver alles reg gedoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Magteloos

Skokkende tonele op tv gesien hoe skape op dieselfde skip mishandel word! Nou het ek geen respek vir hierdie geloof wat diere so mishandel en dan eet nie. Hulle kon mos hul eie mense die skape hier volgens hul geloof laat slag het! Onmenslik!

Rob

Daar moet ook n klag gemaak word teen PAGE TRUST FARMING wat hierdie diere voor sien. Hulle is skuldag van sestien jaar se ergste diere mishandling ooit.

Nora

Lede van die Oos-Kaapse Dept. van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming asook die heer Ayongezwa Lungisa, woordvoerder van die staatsdepartment, kan gerus die paar weke van Oos-Londen na Koeweit saamreis op die skip Al Shuwaikh tussen die 61 000 skape. Dan kan hulle sommer eerstehandse kennis en ervaring opdoen en besluit of dit aanvaarbaar is om die staande diere (sonder kos, water of beweegruimte) bloot te stel aan die uitmergelende skeepsreis – net om by aankoms in Koeweit geslag te word – Nora

Frans

Lungisa dra géén kennis van diere se gesondheid wanneer diere in groot getalle ingehok is soos wat vermeld word nie. Ammoniak tas die oë en longe aan, veral wanneer behoorlike lugventilasie nie plaasvind nie. Ammoniak is higroskopies, d.w.s. ammoniak sal met vog reageer. In dié geval sal dit die vog in die oë, asook vog in die longe en slymvliese van die skape nadelig affekteer. Die skape kan letterlik daarvan doodgaan. Dit is laakbaar dat só ‘n tipe van vervoer toegelaat word. Maar geld praat en die vervoer van skape in groot getalle word aanvaar omdat gevoelloosheid vir die skape… Lees meer »

Rob

LUNGISA moet tronk toe gaan, en die BRUCE PAGE FAMILIE WAT DIE DIERE VOOR SIEN.