DBV lê klagtes na voorval by Modise-plaas

Varke op Thandi Modise se plaas Foto: eNuus

Varke op Thandi Modise se plaas Foto: eNuus

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) sê hy het klagtes van intimidasie, aanranding en ontvoering aanhangig gemaak na ‘n voorval op Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, se plaas in Noordwes.

Marcelle Meredith, uitvoerende direkteur van die NDBV, sê die klagtes is aanhangig gemaak teen Modise se woordvoerder en ‘n individu wat tans die plaas bestuur.

Sy sê die klagtes spruit uit ‘n voorval wat op 29 Julie plaasgevind het toe NDBV-inspekteurs die plaas besoek het.

Meredith sê die inspekteurs was in ‘n besit van ‘n lasbrief en is deur polisiebeamptes vergesel.

“Ons het ‘n man met rastalokke op die plaas aangetref en hy het nie ‘n probleem gehad laat ons daar was nie. Neo Moepi, Modise se woordvoerder, het egter instruksies aan die man gegee om die inspekteur se motorsleutels af te neem.”

Meredith het Moepi van aanranding aangekla nadat hy hulle glo in die toegesluit het en hulle nie wou laat gaan nie.

Konst. Lefa Barda, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ‘n dossier geopen is maar sê slegs ‘n aanklag van intimidasie is aanhangig gemaak.

“Daar is niks hierin oor aanranding of ontvoering nie. Daar is ‘n foto van ‘n man met rastalokke sonder ‘n naam. Daar word nie na ‘n tweede persoon in die klagstaat verwys nie.”

Meredith sê die saak is in Alberton aanhangig gemaak en is na die Buffelshoek-polisiestasie in Potchefstroom oorgeplaas.

“Dit is die drie aanklagte wat ons aanhangig gemaak het. Dit is vir die polisie om daaroor te besluit.”

Lees ook:
Modise-plaasbestuurder speel glo rassekaart
DBV-beamptes glo geboelie op Modise se plaas
Modise se broer se plaas word dalk óók ondersoek
Modise-raadgewer ontken boere bied hulp aan
Werker vertel van laaste dae op Modise se plaas
ANC sê oor Modise se plaas
Video: ‘Ergste geval van dieremishandeling in 20 jaar’
‘Modise moet van dieremishandeling aangekla word’
Varke verhonger, vreet glo mekaar op Modise se plaas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Willy ·

Hierdie skepsel moet toegesluit word. Sy kan nie eers ñ plaas bestuur nie wat nog ñ provinsie!

Grassie ·

Die NDBV moes van ‘n regsgeleerde gebruik gemaak het om die klagtes wat hulle wou lê te formuleer. By voorbeeld – gemeenregtelike ontvoering word alleenlik gepleeg wanneer ‘n minderjarige meisie deur ‘n manspersoon sonder haar ouers se toestemming uit hul toesig verwyder word, al gaan die meisie vrywillig. Waar ‘n persoon onregmatig van sy vryheid ontneem word is die klagte menseroof. Niemand is op Modise se plaas ontvoer nie. Die polisie moes die klaers reggehelp het, maar hulle het nie. Dit laat my glo dat die sake teen Modise en haar handlangers van meets af aan doodgesmoor gaan word.

SNEL ·

Wat vir my net erg is van sulke stories is; die feit as jong kind, kon ek opkyk na my leier en polisiemag, die een bo my met die gesag was die persoon wie se voorbeeld jy kon volg en wat vir jou gewys het wat etiket en morelewaardes is, maar deesdae, moet jy jou kinders weerhou van enige vorm van leier, polisie of gesag, want dis hulle wat die ergste en onophoudelikste misdade voer en die kersie op die koek is die vreeslike redes en verskonings wat hulle aanvoer om hul optredes goed te keur. Ons vorige leiers se kinders sou ook nooit eers iets doen om hul pa of ma in die skande te bring nie, maar dis niks as n leier se kind vir dronkbestuur of enige ander wandaad in die hof moet verskyn nie. Dis hartseer en die goeie ou dae is verby…..

Danie ·

Moepi word voorgehou as haar plaasbestuurder.Hy is egter glad nie,en is eintlik haar woordvoerder.Hy word heel waarskynlik deur die belastingbetaler betaal,omdat hy Modise se woordvoerder is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.