DBV ondersoek ook seksvideo waarin tieners skok

video-camera-pro-4Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het bevestig dat hy ondersoek instel na ‘n seksvideo waarby twee Wes-Kaapse hoërskoolmeisies glo betrokke was.

Wanika Rusthoi, woordvoerder van die DBV, het aan Maroela Media bevestig dat hulle inspekteurs die saak ondersoek. Sy kon egter geen verdere inligting bekend maak nie.

Die Argus het vroeër berig dat die video wys hoe ‘n meisie lewendige visse doodtrap terwyl sy seks het met ‘n man. Volgens die berig is die meisie sowel as ‘n ander meisie in die video albei leerders aan Hoërskool Edgemead.

Die tipe seksvideo staan bekend as ‘n sogenaamde “crush”-video. In die video’s word klein diertjies gemartel en doodgemaak terwyl mense seks het.

Jessica Shelver, woordvoerder van die provinsiale minister van onderwys, sê die departement is in kontak met die skool en dat die nodige ondersteuning aan leerders gebied word. “Die beheerliggaam moet nou besluit of daar dissiplinêre stappe teen die betrokke leerders geneem gaan word.”

‘n Personeellid van die Hoërskool Edgemead het aan Maroela Media gesê hulle kan nie kommentaar lewer oor die saak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Estelle ·

Dis is absoluut skokkend en walglik!!!!! Sulke mismaaksels soos hulle hoort nie in die samelewing nie. Daar moet aan die walglike meisies gedoen word wat hulle aan onskuldige diertjies doen! !!!!! Hoop die skool doen drasties iets aan die walglike goed, asook die DBV wat hulle moet vervolg. Leer die mismaaksels maniere!!

Janus ·

Ek is geskok, ek is gewalg, jaag die goedkoop walglike gemors na een of ander inrigting.

MartinLJ ·

Dit moet verband hou met duiwel aanbidding of een of ander cult. Dis siek. Ek het nie eers geweet daar bestaan “mense” wat sulke goed doen.

Anoniem ·

Voor die koms van Jesus sal dit so gaan en erger. Hou jou huis skoon en waak sodat jy nie onverwags verras word nie. Gelukkig kom Jesus sy kinders haal uit die siek wereld..
Wat ‘n hoop en vertroosting bring dit darm nie.

Belinda ·

Nee kyk ek het al van baie dinge in my lewe gehoor………………..maar die een verbaas my waar kom die persoon, kinders aan die dinge wat hulle in vandag se dae doen………………….dis net nie normaal nie regtig…………………..hoop ons lees binne die volgende 24uur hulle is geskors!

Gemsbok ·

‘n Natuurlike gevolg van die seksuele onderrig wat pre-tieners in publieke skole ontvang in vakke soos “lewensoriëntering”?

Mickey ·

Ja dit is walglik maar dit Laat my wonder wat hulle dalk binnekort aan hul eie babas kan doen as hulle alreeds soveel minagting het vir n ander
Lewende wese . miskien is n sterilisasie broodnodig hier want die kans is goed dat ons vorentoe nog gruwelstories van hulle kan lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.