DBV oorweeg klagtes na kameelperd se dood

Foto: Thinus Botha.

Foto: Thinus Botha.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) oorweeg dit om klagtes aanhangig te maak na Donderdag se voorval waar ‘n kameelperd dood is nadat hy sy kop teen ‘n brug op die N1 in Pretoria gestamp het.

“In die stadium ondersoek ons steeds die saak en ons oorweeg klagtes in terme van die Dierebeskermingswet,” het Rick Allan, besturende direkteur van die Tshwane-DBV, gesê

Die DBV ondersoek onder meer die wyse waarop die kameelperde vervoer is.

“Ons glo die wyse waarop die dier vervoer is, was nie korrek nie. Die dier se dood kon vermy gewees het.”

Die kameelperd is Donderdag dood nadat hy sy kop teen die Garsfontein-brug oor die N1 gestamp het. Die ander kameelperd wat ook op die sleepwa vervoer is, is ongedeerd.

Lees ook:
Kameelperd vrek ná noodlottige kopstamp op PTA-snelweg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elizabeth ·

@Trippie – ek stem! Wat se geoorwegery nonsens is dit die? Hulle moet dit eenvoudig doen. Hier is absolute bewys van nalatigheid. Hoe dom is mense om nie vooraf afmetings te doen nie. As die brug te laag gebou is dan is dit so, dan moet JY as koper/vervoerder mos voorsiening maak en vroegtydig seker maak alles is reg. Maar dis hoe dit gaan “anything goes” in SA! Skande!

Snippie ·

Elizabeth, ek was gelukkig om ‘n paar maande gelede twee ander kameelperde op dieselfde pad en veilig noord van die Garsfonteinbrug te sien ry. Dit kon dieselfde vervoerders gewees het wat aangeneem het hierdie meneer sal ook onder die brug sal pas.

Maar ja, ry eerder ompad en vermy die brug!

Elizabeth ·

@Snippie – dis juis die ding! Aannames – mense kan nie dink omdat dit eenkeer reg was sal dit elke keer werk nie, alle diere (kameelperde) is mos nie ewe groot nie. Dit was sommer slapgat in my oë dat hulle nie seker gemaak het van alles voor die diere vervoer is nie. Maak my so vies as diere wat alreeds nie ‘n stem het nie op sulke maniere behandel word. Ai hulle is sulke mooi diere….

Anita ·

“oorweeg” !!

Moet daar eers ondersoek ingestel word of dit dalk die kameelperd se eie skuld is!

Arresteer die eienaar van die kameelperde en verwyder al sy diere. Hy is duidelik nie bevoeg om die regte besluite te neem om die veiligheid van diere eerste te stel.

Arme arme dier!!

Elizabeth ·

@Trippie en al die ander wat omgee en sterk hieroor voel: stuur asb ‘n e-pos aan die DBV na [email protected] en vra dat hierdie mense MOET vervolg! Hoop almal doen dit – ek gaan beslis! Hoe meer mense dit doen hoe sterker is ons saak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.