DBV slaan toe op ‘hondegeveg-sindikaat’

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

Een van die honde wat deur die NDBV gered is. Foto: NDBV

Een van die honde wat deur die NDBV gered is. Foto: NDBV

Ses mense is in hegtenis geneem en 24 honde gered nadat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) die afgelope naweek op ʼn onwettige hondegeveg-sindikaat in Lawley, suidwes van Johannesburg, toegeslaan het.

Wendy Willson, bestuurder van die NDBV se spesiale ondersoekeenheid, het in ʼn verklaring gesê die NDBV-span het met behulp van die polisie Saterdag kort voor middernag op die gebou toegeslaan terwyl vyandige hondegeveg-groepe met die gevegte besig was. “Van die honde was so erg beseer dat die NDBV geen ander keuse gehad het as om hulle op menslike wyse van kant te maak om hul lyding te beëindig nie,” het Willson gesê.

“Een van die honde is dood op die toneel gevind nadat hy erg verskeur is. ʼn Vlugtige ondersoek het later aangedui dat hy verdrink is.” Willson het gesê al die ander diere is na ʼn plek van veiligheid geneem waar hulle nou behandel word.

“Verskeie veeartseny- en skedulemedikasie vir gebruik deur mense is op die toneel gevind. Daar is op die medikasie en ander goedere beslag gelê.” Sy het gesê die verdagtes sal op ʼn reeks aanklagte teregstaan.

Willson het lede van die publiek bedank wat na vore kom met inligting oor hondegeveg-sindikate. Hierdie anonieme inligting is ʼn onontbeerlike deel van die NDBV se geveg teen hierdie misdaad. “Hondegevegte is werklik ʼn bose misdaad wat gepleeg word ten koste van die diere, maar ook ʼn rimpeleffek op al ons gemeenskappe het. Die desensitasie teenoor geweld wat met hondegevegte gepaardgaan, het ʼn nadelige effek op die gemeenskap wat hierdie onwettige aktiwiteite toelaat,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

andrea van vuren ·

Die mense (diere) wat sulke afskuwelike gevegte administreer en bedryf, moet self in ‘n hondehok gegooi word.

Azuni ·

Mens kan maar wreed wees aan diere. Nie ‘n baie mooi ding om te sien nie. Darm bly die artikel waarsku mense vooraf.

posduif ·

HOOP DIE MENSE WAT DIT GEDOEN HET KRY TRONKSTAF !!! GOOI WEG DIE SLEUTELS . SULKE MENSE MOENIE EERS KINDERS HE NIE.

Spikkel ·

Hoop hulle sit tot na nuwe jaar agter trallies. Vroeg volgende jaar kan hulle maar in n leeuhok gegooi word vir die leeus se plesier. Ek sal betaal om DIT te sien.

Anoniem ·

Kan nie help om te dink aan die toneel in Game of Thrones waar die bloeiende jonge heer Ramsey in ‘n sel gelos word saam met die klomp honger wyfie honde waarmee hy vroeër mense gejag het nie. Diereliefhebbers wens hierdie “mense” wat honde so misbruik/mishandel seker dieselfde einde toe!

Denise ·

Die mense het geen benul wat die betekenis is van n HOND is n mens se beste VRIEND!!!!! Ek is erg geskok jy kan defnitief nie liefde in jou hart he as jy so BARBAARS optree teenoor diere nie !!!!

Lizelda ·

Daar is min dinge in die lewe wat ek nie verstaan nie: wreedheid teenoor kinders en diere! Watse plesier kan ENIGE IEMAMD daaruit put om dit aan diere te doen? Is dit hulle enigste manier om te wys hoe “magtig” hulle in hul gemeenskap is of wat?

skorra ·

“…die verdagtes sal op ‘n reeks aanklagte teregstaan…” EN waarskynlik met klein boetes of opgeskorte vonisse wegkom om maar net elders met hul onmenslike wreedheid voort te gaan. Wys my ‘n persoon se optrede teenoor diere en ek vertel jou ALLES van sy karakter!

Aaklig ·

Dis horrible en ek hoop regtig hulle kry ordentlike vonnisse, nie net weer gemeenskapsdiens of ‘n hou op die vinger nie, maar my vraag is —- word hulle regtig behandel of word hulle uitgesit? Lets call a spade a spade here.

Ancara ·

Ek wonder of dit nie alweer Pitbull gevegte is nie.En wat my dronkslaan is dat mense ongeag kleur net aanhou en aanhou en alweer vir Mammon die geld afgod.Geld is vandag alles en enige lewende mens of dier beteken niks.

m ·

Walglik! Watse genot kan jy kry uit sulke wreedheid. Siek mense wat dit doen!!

Ann ·

Asseblief, WAAR kan mens hierdie gevalle aanmeld?? In die swart woonbuurt net bokant Harrismith word dit OOK gedoen!! Al ons pogings loop uit op ‘n doodloopstraat!!!

andrea van vuren ·

Hulle gaan loskom. Die tronke is vol. Hulle sal karige borgtog betaal en maar net weer so voortgaan. Dis die nuwe SuidAfrika!

Leandi Basson ·

O liewe vader mag hulle bitter bitter swaar gestraf word. Ek bid dat die honed wat gered is die beste huise ooit kry.

moedeloos ·

stuur daai gespuis vir my ek speel klaar een twee drie met hulle.

Ruby ·

Mag jy wat oor die dier aangestel is, jou straf kry.

Ek kyk na daardie dankbare gesiggie van die bruin hondjie en my hart BREEK. Wat moet hy nie al gesien en gehoor het nie! So dankbaar hy is gered, dankie aan al die betrokkenes.

Wreedheid teenoor diere, kinders en bejaardes sal nie ongestraf verby gaan nie.

Tanya ·

Genade!!! Dit is afskuwelik!!! Hoe kan ‘n mens dit oor sy hart kry?

Di ·

Mense moet ‘n slag saamstaan en hierdie tipe van wreedheid aanmeld. Ons is die enigstes wat ‘n verskil kan maak deur dit aan te meld as ons daarvan bewus is. So baie mense draai net hulle gesigte weg en wil nie betrokke raak nie, so hulle is net so skuldig hieraan soos hierdie monsters. Staan ‘n slag op vir hierdie diere en doen iets daaraan as jy bewus is van sulke byeenkomste dis al hoe ons dit gaan stopsit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.