DBV soek eienaar van ‘erg vernielde’ hond

Die hondjie wat in Bloemfontein gevind is. Foto: DBV

Die hondjie wat in Bloemfontein gevind is. Foto: DBV

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein het ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting nadat ʼn Jack Russel by ʼn skool in die stad met net een oog en een oor gevind is.

Reinet Meyer, senior inspekteur die Bloemfontein DBV, het aan Maroela Media gesê iemand het die DBV oor die hond by die skool in die middestad geskakel. “Die hond het net een oog en een oor. Dit lyk asof hy die oog al lank terug verloor het, maar die wond aan sy oor is nog vars,” het sy gesê. “Hy is al baie erg verniel in sy lewe.”

Volgens Meyer is dit moontlik dat die hond sy oog per ongeluk kon beseer het, maar is dit baie verdag dat sy oor ook af gesny is. Die hond het ook verskeie stukkende plekke aan sy lyf. “Die wond aan sy oor het ʼn infeksie in en hy word nou daarvoor behandel, asook vir die ander wonde aan sy lyf. Dit lyk nie asof sy oog deur ʼn veearts toegewerk is nie, maar asof dit self toegegroei het. Dit gaan goed met hom, maar hy het nog ʼn ver pad om te gaan,” het sy gesê.

Foto: DBV

Foto: DBV

Meyer het gesê sy vermoed ʼn skolier het moontlik die hond beseer en hom skool toe gebring om aan sy maats te wys, maar toe moed verloor en die hond daar gelaat. “Dit is net bespiegeling, ons weet glad nie wat met die hondjie gebeur het nie. Hierdie hondjie moes deur ʼn baie harde tyd gegaan het en baie mishandeling het plaasgevind.”

Sodra die hond ten volle herstel het, sal hy beskikbaar gestel word vir aanneming. “Ons vermoed hy is omtrent ʼn jaar oud,” het sy gesê.

Meyer het versoek dat enigiemand met inligting oor wat met die hond gebeur het of wie die hond se eienaar is die DBV by 051 447 3801 skakel. Die inligting sal as vertroulik hanteer word. Die DBV kan ook gekontak word indien iemand ʼn geldelike bydrae vir die hond se veeartsbehandeling wil maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Rachel van der Merwe ·

As jy in die Bybel gaan kyk sal jy sien dat wat jy aan ander doen kom dubbel terug na jou toe. So hy of sy se dag sal kom.

Stellie ·

Ai. Maak my so vies. Ek self het n Jackie, sulke liefdevolle hondjies. Hoe doen jy dit aan n dier?

linda ·

My hart breek elke keer as ek van so iets hoor. My my diere is soos my kinders. Hoe kan ñ mens so iets aan ñ onskuldige dier doen wat nie vir homself kan praat nie. Dink net hoeveel pyn het hy nie deurgemaak nie. Dis verskriklik!!! Hoop die skuldige kry sy dag 70x erger as die arme dier en ek hoop die hondjie kry ñ wonderlike huis wat hom tonne liefde sal gee.

ElgeraineR ·

Presies hoe ek ook voel M. Genade tog, tussen watter soort monsters bly ons!
My hart bloei vir hierdie mishandelde diere, hulle is totaal en al afhanklik van hul eienaars. Net n lafaard is tot so iets instaat.

Erica Roos ·

Verdomp weet julle ek kan dit nie meer hanteer dat diere ook so mishandel word, ai waar gaan dit eindig, as dit nie mense is en veral kinders is dit onskuldige diere wat nie vir hulleself kan opstaan, ek voel persoonlik die wederkoms kan nie vinnig genoeg kom sodat die aarde van die barbaarse handelinge kan onstlae wees, en dit word net erger en erger

Lenie ·

Ek is erg ontsteld dat mense SO laag kan daal om onskuldige diere so te mishandel! Het nie woorde nie

Sue Theron ·

Maryke wat n wonderlike gebaar van jou. Hoop jy kan hom aanneem.

Amvi ·

My pos word elke keer afgegooi omdat ek se wat met die een behoort te gebeur wat hiervoor verantwoordelik is.
Dan se ek maar net Maryke jy is ‘n baie goeie mens.

BOLANDER ·

Amvi, ek voel ook soos jy. Dit is waarom die land is waar hy nou is. Wil nie die waarheid hoor nie!!!!!!!!!!!!!

Stella ·

Maryke jou engel! Neem hom asseblief aan! Ek het ook nou ‘n erg mishandelde hond aangeneem, die vreugde, liefde en lojaliteit wat jy by hom gaan kry is onmeetbaar! Dankie aan almal wat omgee vir die weerlose diere.

Marietjie ·

Sulke mense moet nooit ‘n dier besit nie. Ek is te lief vir my diere om eens te dink om so iets te doen. My Jack Russel het ‘n konings lewe. Die dag toe ons hom gekry het, het hy letterlik met sy gat in die botter geval. Hy is aangeval deur sy eie pa en sy eienaar kon hom nie terug vat huis toe nie, sy was bang dit gebeur weer. Die veearts het hom toe vir ons gegee. Hy was 5maande oud en het op my skoot gesond geword. Vandag nog sy gunsteling sitplek.

Barbara ·

Dis die tipe kinders wat moordenaars word as hulle volwassenes is. Mens wonder net waar was die ouers toe hierdie dier so gemartel is en hoe weet hulle glad nie daarvan nie?

Sss ·

Baie siek hoop die persoon kry baie swaar en dat dit hulle dubbel sal tref . Monsters dit nie mense daai nie .

Sss ·

Baie siek hoop die persoon kry baie swaar en dat dit hulle dubbel sal tref . Monsters dit nie mense daai nie . Dis nie mooi om so iets te sien nie dit breek my hart .jou suurstofdief

Denise ·

Daar is nou maar net mense wat nie kinders of diere moet he nie !!!! Altwee vra net LIEFDE , KOS, BESKERMING, VERTROUE as iemand wat kinders of diere het nie die bietjie moeite kan doen nie los dit asseblief liefs !!!!

Penelope ·

Iemand wat Kinders en diere mishandel moet ‘n verskriklike swak selfbeeld he om so laag te daal. Daar is duidelik ‘n probleem want hul is hulpelose teikens….. “Sielsiek”!

w ·

Sadisties. My hart is stukkend. Mag God die wreedaard met iets baie erg slaan met baie lyding.

Kaspaas ·

Gee Maryke sommer twee Bells! Net n’ voorstel indien jy suksesvol is met die aannemings proses. Noem hom “Roof”, soos daardie hond in Steve se liedjie “Pampoen”. Ek wens daar was meer mense soos jy. Dit was my eerste gedagte ook, maar jy het my voorgespring. Geluk en sterkte!

Belaglik ·

Ek verstaan nie hoekom die DBV die hond se eienaar soek nie. Die eienaar kyk obviously nie na die arme dingetjie nie. Dink die eienaar het daai arme hondjie genoeg deur sy gat getrek of hoe???. Laat iemand hom vat wat ordentlik na hom sal kyk!!

Karien ·

Ek sal ook graag die hondjie aanneem as hy nie klaar n ander tuiste het nie. Daai ou gesiggie vra net liefde

Hartseer ·

Maryke!! Jys dierbaar! Hoop iemand lees jou boodskap raak en help jou om hierdie hondjie al die liefde en aandag te gee wat hy verdien!!! Jy is gestuur van bo!! ??

Sonja Coetzee ·

Hoe kan jy dit oor jou hart kry om dit aan n onskuldige diertjie te doen??Pla jou gewete jou nie??Daar waar ek huur mag ons glad nie diere aanhou nie ek sal my oogtande gee om n hondtjie te kan he ek en my man is al twee diere liefhebbers aangesien ons nie kinders van ons eie het nie.Ons bly in Bloemfontein waar die arme hondtjie verwaarloos is my hartjie is so seer vir die arme diertjie se part hy/sy kan nie eers sy “eina”vertel nie ek kan nie dit verstaan hoekom mense dit doen nie……….daar is baie mense soos ons wat ons oogtande sal gee om n hondtjie te kan he.Weet nie hoe jy dit oor jou hart kan kry nie!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

As kinders is verantwoordelik is vir die aanval op hierdie hondjie, vang hul en sien hul reg, net erg genoeg om nie in die moeilikheid te kom nie. Waar is sulke kinders se ouers dat hul nie bewus is dat hul kinders anti-diere is nie? En waarom sou hul die diere enigsins aanhou? Sulke kinders is gewoonlik die wat hul lewensmaats eendag mishandel en hul behoort vroegvroeg gestop te word.

SARIE VAN HEERDEN ·

Mense moet nou nie die arme hondjie aanneem omdat dit soveel simpatie uitgelok het nie. Ek het ‘n kat, hond en ‘n skilpad waarvoor ek met liefde sorg en ook alle veterinere dienste aan hul verskaf en al voel ek my hart breek vir die hondjie kan ek nie nog ‘n dier bekostig nie. Mens moet mooi kyk WAAROM jy nog ‘n ekstra dier wil aanhou want dis nie net dat jy hom ‘n tuiste bied nie. Hy het baie aandag tesame met die liefde nodig. Is jy bedags by die huis?

Tish ·

Kan nie glo wat ek sien nie. Ek het twee honde ‘n Jack Russel en ‘n Pitbull/Staffie. My man het a hemel bed vir Lara die Pitbull/Staffie gemaak en haar bed is in ons kamer. Sy slaap op haar bed elke aand. Mandy die Jack Russel slaap by ons. As jy nie agter jou diere kan kyk nie moet asseblief nie diere kry nie. Ons het 5 eende, vlieg duiwe, pappagaai – hulle is ons kinders. Ons pas ons aan. Hulle is ons alles.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.