DBV-tak sluit weens gebrek aan gemeenskapsbetrokkenheid

Jenny is by die DBV aangeneem

ʼn Tak van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) moes sy deure sluit weens ʼn gebrek aan geld.

“Die DBV se tak in Klerksdorp in Noordwes moes noodgedwonge sluit weens ʼn gebrek aan ondersteuning uit die plaaslike gemeenskap,” sê die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) in ʼn verklaring. Weens die gebrek aan ondersteuning kon die DBV hier nie genoeg geld insamel om hul deure oop te hou nie.

“Deur die jare het ons gehoop dat lede van die gemeenskap na vore sou tree om nie net die DBV te ondersteun nie, maar eienaarskap te neem van hierdie tak en op die bestuurskomitee te dien. Ongelukkig het die nodige ondersteuning nie gekom nie en ons het geen ander keuse gehad as om die DBV in Klerksdorp se tak te sluit nie,” sê  Meg Wilson, woordvoerder van die NDBV.

Sy sê in die huidige ekonomiese klimaat kon die NDBV nie meer die plaaslike tak dra nie. “Dit is net nie meer vir ons finansieel volhoubaar nie,” sê Wilson.

Sy sê die diere wat hier beskikbaar was vir aanneming, is nou na verskeie takke in Gauteng geskuif. Wegloperhonde is na die DBV in Carletonville gestuur sodat eienaars nog die geleentheid het om hul honde daar op te eis.

“Die NDBV wil graag die publiek die versekering gee dat die vereniging steeds sal aandag gee aan klagtes van dieremishandeling in die omgewing, veral in samewerking met die Orkney-diereskuiling wat die perseel oorneem,” sê Wilson.

Sy sê die DBV se takke reg oor die land maak staat op plaaslike gemeenskappe om te oorleef en sy het gemeenskappe aangeraai om hul plaaslike DBV’s finansieel en andersins te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bernie ·

So jammer veral vir die diere – natuurlik ook vir die personeel wat na die diere omgesien het en nou ook nie meer werk hetnie

Gerrie Ferreira ·

Is dit niedieselfde tak wat in die nuus was, so ‘n jaar of drie gelede omdat hulle die oortollige honde/diere gereeld deur die polisie laat doodskiet het nie? As ek reg kan onthou by ‘n vullishoop net buite die dorp?

Lollie ·

Baie hartseer want baie diere gaan daaronder ly. Die probleem is ook dat dit verskriklik duur is om ń dier by hulle aan te neem. Al is dit mense wat goed na die dier kan omsien is dit nie almal wat dit kan bekostig nie. Waarom kan sterilisasies nie goedkoper gedoen word nie?
Ek glo indien hulle meer vir die publiek doen sal die publiek meer betrokke raak. Al die DBV’s is nie dieselfde nie maar ek praat an ondervinding.

Gesiggie ·

Dit is so hartseer…. voel so jammer vir die diere , ek hoop daar is iemand wil hul harte en beursies sal oopmaak om dalk hierdie diere te help om n ander tuiste te kry. Net jammer die publiek was nie betrokke. Hul het nie gevra om weggegooi te word.”’

Nella ·

Dis so hartseer. Diere kan nie vir hulle self praat nie. Dankie aan al die mense wat hulle besorg oor die diere. Geseend sal julle wees al die dae van julle lewe.

Willie ·

Ai dis baie sleg, mens wil sommer huil, ons honde is ons kinders. Ons aan geneemde honde kind is net so n plesier… Persoonlik dink ek diere gaan eendag teen mense getuig… Dit wat mense aan diere doen is onaanvaarbaar…

Hartseer ·

Julle arme dierekinders. Mag iemand met ‘n warm hart hulle oor julle ontferm. Julle het baie liefde nodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.