DBV-takke kan dalk sluit ná virus-uitbraak

Argieffoto: unsplash, Pixabay

Argieffoto: unsplash, Pixabay

Die uitbreek van ʼn virus by twee Oos-Kaapse takke van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) en gevolglike medisynerekeninge van derduisende rande, het tot gevolg dat dié takke moontlik binnekort hul deure sal moet sluit.

Annette Rademeyer, ʼn woordvoerder van die DBV, het gesê die takke is tans in só ʼn finansiële krisis gedompel dat dit bykans onmoontlik geraak het om hul pligte behoorlik uit te voer.

Die DBV-takke in King Williams Town en Oos-Londen is in ʼn ernstige krisis gedompel nadat daar onderskeidelik ʼn Parvo-virus en die sogenaamde hondehok-hoes (“kennel cough”) by die takke uitgebreek het. Volgens Rademeyer is die behandeling vir veral die Parvo-virus besonder duur en moet die King Williams Town-DBV soveel as R40 000 per maand opdok vir die aankoop van medisyne en veeartsenyvoorraad.

“Die maandelikse bedryfskoste van die Oos-Londen-DBV beloop ongeveer R240 000 en die bedryfskoste vir die DBV in King Williams Town beloop R180 000 per maand,” het sy verduidelik. “Dit is ook nie net die lewe van die diere wat in gedrang is as die DBV-takke sou sluit nie: Altesaam 44 werknemers se lewensbestaan is ook op die spel.”

Sy het gesê die DBV-takke vervul al dekades lank ʼn onmisbare rol in die gemeenskap. Die Oos-Londen-DBV is byna 100 jaar oud, terwyl die King Williams Town-DBV die gemeenskap al 57 jaar bedien.

“Hierdie is werklik nie ʼn skrikmaaktaktiek nie. Die DBV ontvang geen befondsing deur die regering nie en hul dienste in die gemeenskap is noodsaaklik. Mense wat gewoonlik vir die DBV geld skenk word ongetwyfeld ook geraak deur die sukkelende ekonomie, wat bydra tot die slegte situasie,” het Rademeyer gesê.

“Die maandelikse betalings van onderskeidelik R10 000 en R6 600 wat die DBV-takke van die onderskeie munisipaliteite ontvang om as die munisipale-diereskuilding te funksioneer en alle rondloperdiere in te neem en te versorg, is hoegenaamd nie genoeg om die takke se bedryfskoste te dek nie. Jare lange pogings om meer geld uit die munisipaliteit te kry was tot dusver tevergeefs.”

Rademeyer het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan met droë en nat kos vir honde en katte, asook voer vir plaasdiere. Kontantdonasies kan ook direk in die takke se bankrekeninge inbetaal word.

Albei die DBV-takke is geregistreerde nie-winsgewende organisasies wat jaarliks geoudit word. Persone wat dien op die takke se besturende raad ontvang geen betaling nie en baie van die personeel werk ook op vrywillige basis.

King Williams Town DBV
FNB (King Williams Town-tak)
Takkode: 210519
Rekeningnommer: 62018960709

Oos-Londen DBV
Nedbank (Hemingways)
Takkode: 126317
Rekeningnommer: 1045108065

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

m ·

Dit sal so jammer wees as hulle moet sluit. Hierdie mense doen wonderlike werk.

Pieter dp ·

Ek het min simpatie met die DBV. Ek het n geleendhuid ge bied om diere by die DBV in te neem. Maar die voorwaardes en moets en moenies was te swaar vir my. N bitter min mense kan aan al die drug vol doen.

Dis is my voorstel. Sit die diere uit en kry klaar, wand hul gaan dit doen in elke ge val. Nou ly hul in elke geval.

Ek sal nie n send vir hul gee nie. Jy word in elke geval ook nie eers ordentelik ont vang of ge help nie.

harry ·

aggenee man hoekom so suur die mense doen werk wat jy nie sal doen-dit is goeie werk wat hulle verrig,met die bietjie wat hulle invorder-help hulle

E.K. ·

M – ek stem. Maar as ek vat wat ons die paar keer wat ons hul moes gebruik aan veeartse moes betaal…sowaar dis baie geld. Kan hulle nie maar die medsiyne in die gevalle se kostes afskryf nie. Ek weet hulle het ook onkostes maar sowaar, gee hulle dan laaang tydperke om af te betaal, sekerlik maak hul genoeg uit gewone ouens om dit te kan doen? Ek het nog nooit van ‘n arm veearts gehoor nie! Dit sal chaoties wees as twee takke sommer moet sluit – die arme diere wat nie gevra het om gebore te word en nog minder gevra het om mishandel te word en deur die DBV versorg te moet word nie. Waar is die Lotto bydraes? Ag nee maggies, ek hoop daar kom uitkoms!

Leonie ·

Hoekom kan die Regering nie ook vir die DBV’s geld in ‘n maand in hulle jaarlikse begroting inwerk soos wat hulle met hospitale doen nie?? Dis vir my skokkend hoeveel honde by die DBV en ander instansies deesdae is. Mense moet beter na hul diere ook kyk en nie net daar gaan aflaai nie. Strenger maatreels moet uitgevoer word in SA as jy ‘n hond wil aanneem of koop en ook die “backyard breeders” moet gestop word. Die probleem is vir baie mense is ‘n puppy tog te oulik en sodra hy groter word is dit ou-nuus. Bring hondelisensies terug dit kan dalk werk. Daar gaan defnitief ‘n plan gemaak moet word en vining ook.

m ·

Die groot sondebokke is hierdie mense in die informele nedersettings. Hulle kan eenvoudig nou ma net nie vir n dier sorg nie en meeste van die diere by die DBV is hulle diere. Moenie iets aanhou waarvoor jy nie kan sorg nie so eenvoudig soos dit en dit geld vir almal……… Jy is reg Leonie hondelisensies kan werk ma ek kan jou waarborg die mense in die informele nedersettings gaan dit definitief nie betaal nie……

Jef ·

Daar bestaan so iets soos n chip, n klein buisie 5mm groot en word net onder n dier se vel geplaats, diere het absoluut geen las daarvan nie en die diere voel geen pyn as dit geplaas word nie.
Alle gegewens van die dier, inentings teen siektes ens. en die naam en adres gegewens van die eienaar sit in die chip en dit alles sit in n database by die dierearts.
Alleen n dierearts is bevoeg om dit uit te voer en die eienaar weet nie waar die chip in die dier geplaas word nie.
Loslopende honde of katte word met n handscanner gekontroleer en so kan die diere se eienaar opgespoor word.
Eienaars wat hulle dier verwaarloos staan dan geregistreer en mag geen dier meer besit nie en die DBV het dan veel minder diere om te versorg en daar is geld oor vir diere wat medisyne nodig het.

susan ·

Parvo-virus is die bekende “katgriep” wat die hond se derm aantad en kennel cough is weer heeltemal iets wat die longe aantasanders. Albei kan voorkom word deur inenting. Dalk sal dit goedkoper wees om diere wat inkom in te ent. Dit sal jammer wees as hulle deure toemaak want hulle lewer onbaatsigtige diens.

k ·

M en Leonie ek sê nee vir lisensies. Net soveel soos ek teen die backyard breeders is is lisensies nie die antwoord nie. Net nog n inkomste vir die regering om te wan bestee. Daai geld sal nooit by die DBV uit kom nie!

En ek het ook geen oog hare vir DBV nie, ons het meer as n jaar terug n kat aan geneem by een wat ons nooit betaal het nie omdat ons nogsteeds wag dat hy reg gemaak moet word. Ons het toe nou maar uit ons eie sak dit betaal en hom laat regmaak. En dan is daar ook geen ander herberg in ons dorp nie so ons diere bly elke tweede maand vir n naweek daar, met n vorige keer het my hond wat gespuit was katgriep daar op gedoen en hulle ontken nogsteeds dat sy die virus daar opgetel het!

Evt ·

Ek is van Pretoria en ons ondersteun die DBV Ek het twee trollies op by winkelsentrums en die kos word gehaal waar ek werk Die 18de Julie gaan ons altyd en bederf die hondediere. Hulle is te bly om ons te sien en ek moet se dat hulle baie goeie werk doen en weet julle wat hulle kan ook net soveel doen met die donasies wat hulle ontvang. Met geen donasies kan hulle ook nie die diere help wat almal so verwaarloos nie. So net ‘n bietjie liefde vir die honde en kat kinders. Dit le my baie na aan die hart.

Eliza-beth ·

Evt MOOI so, jy DOEN iets en ek bewonder mense soos jy!

diereliefhebber ·

Jef stemsaam. As dit werk Kan die eiennaar maar ook inplant gegee word.

Justa ·

Daar is te veel diere in die townships wat aan hulle eie lot oorgelaat word. Dit is skokkend om te sien hoe hierdie diere lyk. Moet ook nie vergeet wat wittes doen nie. Al hoeveel kere met diere gesit wat op ons sypaadjie afgelaai word. Geen gewete.

Pietman ·

Iewers gelees dat die beskawingspeil van n bevolking gemeet kan word aan die manier waarop hy sy diere behandel en versorg. Se baie van ons land se beskawingspeil, ne?

Lance ·

Die regering sal hier ook maar moet geld gee asb ….as daar nog iets oor is na limpopo se skole brand … SA is buite beheer met al die wiele wat wankel en afkom diere is laaste op die mense se gedagtes veral as die ouers hulle eie kinders se skole brand …

Willie ·

Diere kannie hulle help nie. Kan ons nie geld insameling veltog begin nie? Asb Maroela… kom ons help hulle… hier is mense wat sal doneer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.