DBV versoek inligting oor kuikens wat doodbrand

Een van die vragmotors wat aan die brand gesteek is tydens ‘n betoging buite Lichtenburg in Noordwes (21 April 2017). Foto: Facebook

Nie een van die 38 000 dagoue kuikens wat op die vragmotor was wat Vrydag op die R503 buite Lichtenburg in Noordwes deur betogers aan die brand gesteek is, het oorleef nie.

Grace de Lange, senior inspekteur van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV), het gesê die voorval het Vrydag gebeur tydens diensleweringsbetogings in die gebied.

Die NDBV se plaasdierebeskermingseenheid is in kennis gestel dat die vragmotor met die 38 000 kuikens daarop, aan die brand gesteek is en ʼn taakspan het hulle na die toneel gehaas. “Ons personeel is egter teruggeroep nadat die operasionele direkteur van Opti Chicks ons in kennis gestel het dat daar geen oorlewende kuikens was nie en die skare uiteengejaag is,” het De Lange in ʼn verklaring gesê.

Protesaksie buite Lichtenburg in Noordwes (April 2017). Foto: Twitter via @Search_SA

Sy het gesê volgens Opti Chicks het sommige van die kuikens op die vragmotor doodgebrand, terwyl ander uit die vragmotor gegooi is. Die vragmotor is ook gebruik om bo-oor sommige van die lewende kuikens te ry.

“Die NDBV beklemtoon dat ʼn mens jou skaars kan indink watter lyding hierdie kuikens moes deurgaan. [Hulle dood] sou martelend en uitgerek gewees het. Dit was heeltemal onnodig,” het De Lange gesê.

Sy het gesê aangesien daar nie duidelike beeldmateriaal van die gebeure beskikbaar is nie, was dit nog nie moontlik om die oortreders te identifiseer om ʼn saak van dieremishandeling aanhangig te maak nie.

“Enigiemand met inligting oor hierdie voorval word versoek om na vore te kom met die versekering dat die identiteit van die informant ten alle tye vertroulik gehou sal word,” het sy gesê. Die NDBV se plaasdierebeskermingseenheid kan by 011 907 3590 of [email protected] gekontak word.

Maroela Media het vroeër berig altesaam 14 verdagtes is Vrydag in verband met openbare geweld in hegtenis geneem. Die verdagtes het vandag in die hof verskyn en die saak is tot 2 Mei uitgestel vir nadere ondersoek. ʼn Vyftiende verdagte, ʼn minderjarige, is vrygelaat.

Die betogings tussen Lichtenburg en Coligny het vandag voortgeduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mari Hayden ·

Nie een oorleef nie? Maar ek het n video gesien waar honderde kuikens rondom die trok los rond hardloop?

Nettie ·

Dit was seker VOOR die trok gebruik is om die nog-lewende kuikens dood te ry. Jy weet, ek kan hierdie mense se wreedaardigheid nie verstaan nie. Hulle ken nie van vreedsaam of beskaafd om ‘n tafel sit en probleme uitstryk nie; nee – as hulle van iemand verskil of as iemand hulle te na gekom het, moet dit vermink, aangerand, verwoes, afgebrand en vermoor word. Daar is geen ander alternatief nie. Nie in hul opinie nie.

Sannie ·

Ek verstaan ook nie hulle kon ni almal dood wees ni trok het al gebrand op video en di kuikens het tot ini grasse oorkant di pad gehardloop . ek is van Lichtenburg en di situasie is nog erger alweer vandag trokke aani brand geteek hulle is nou on ons buurdorp Colingy en dinge is rof van die nuus kanale smeer baie toe van hoe dit werklik gaan. hulle kry skool kinders om saam te staak sodat polisie nie kan skiet nie anders word hulle weer gekritiseer. Vriende kon nie met hul 6maande oue baba huis toe gaan nie Darem is ons n dorp wat mekaar kan help Talle is slaapplek aangebeid tot dinge bedaae

Marlize Pretorius ·

Wat is nou die waarheid? Iemand het aangedui dat selfs boere en inwoners nou aangeval word en die polisie nie meer kan keer nie.

Big daddy ·

O jitte. As hulle dbv toe gaan sal die kuikens uitgesit word. Dis mos hulle hoofsport. Diere uitsit.

Nettie ·

Jip – die NDBV (en baie ander privaat ‘dierebeskermingsverenigings, soos dié een wat ons op Worcester het) volg ‘n “absolutely-euthanasia”-beleid uit. Hulle sal nie eers probeer om die dier te red nie, maar as dit net beseer is of siek is (hoe gering ookal) is dit dadelik uitsit.

Ruby ·

Jy moet werklik siek in die kop wees om diere se marteling te gebruik om jou punt te ondersteun!

Nettie ·

@Ruby – hy maak ‘n baie geldige punt, dis al – ‘n punt wat dalk nie so lekker gaan “sit” by ondersteuners van die NDBV nie.

Brendan De Villiers ·

Ons almal ondersteun Steers Mcdonalds ens. Wat halal is en dis net so erg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.