DBV wil Modise privaat vervolg

Die Nasionale Dierebeskermingsverenigings (NDBV) oorweeg om Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, privaat te vervolg.

Dit kom nadat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) die NDBV ingelig het dat hy Modise nie gaan vervolg op aanklagte van dieremishandeling nie.

Die NDBV het in Julie 2014 die plaas Modderfontein naby Potchefstroom met ʼn lasbrief besoek ná hulle ʼn wenk gekry het dat diere op die plaas verwaarloos word.

Daar is op meer as 50 karkasse van varke, ganse, skape en bokke afgekom. “Oor ʼn 100 varke, skape en hoenders is sonder enige kos of water aangetref. Dit is een van die wreedste gevalle van dieremishandeling wat die NDBV nóg gesien het,” het die NDBV destyds gesê.

Die NDBV het gesê hy sal nou oorweeg om Modise privaat te vervolg.

Maroela Media het vroeër berig Modise het gesê sy is hartseer oor die verwaarlosing en trauma wat die vee gely het “nadat werkers op die plaas sonder kennisgewing die plaas verlaat het”.

Varke het glo verhonger en mekaar begin vreet op dié multi-miljoenrandse plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Uvonka ·

Ontneem haar van kos en water!!! Daar moet geen genade wees vir dieremishandelaars nie!

wraggies ·

Daai oranje pakkie pas haar nogal, hopelik gaan dit binnekort permanent gedra word.

Helene Heyns ·

Daar kort nog net n paar stempeltjies op die oranje pakkie

Frikkie (Nie pienk) ·

Dit was seker ‘n multi-miljoenrandse plaas voordat sy daar opgedaag het. Lankal nie meer nie.
Die werkers het die plaas sonder kennisgewing verlaat. Heel moontlik het sy hul sonder kennisgewing ophou betaal.

snoefie ·

die werkers was nie betaal nie. daar was nie voer vir die diere nie. sy was maande laas op die plaas. ek het net gister aan die geval gedink maar kon die hoogveragte dame se naam nie onthou nie. die rede hoekom die sake jare lanj sloer, is omdat die nvg dink die publiek sal vergeet. nee! nee! nie maklik nie ons mag dalk name vergeet maar sulke onmenslike wreedheid, onthou ons altyd.

Swannie ·

Indien die DBV geld benodig vir die vervolging, sal ek met graagte `n bydrae maak.

christa ·

dan sit hulle in hoe poste maar kan nie eers na diere omsien nie. Wat ‘n skande

Neilla ·

Daarsy! Nog een vir meneer Gerrie Nel om plat te trek. Sluit haar toe!

RH ·

So ver ek onthou en goed weet, net n paar hoenders wat na hulself omsien, n Riet maer verwaarlose hond wat OOK na homself omsien, is all wat kan gehanteer word. Dit se ook vir my DAT die multimiljoen Plaas net “gekoop” was om te se “ek het n Plaas” en was baie lanklaas daar gewees. Hoelank voor n dier so honger raak dat hul mekaar begin eet?!?! Verwag alles moet goed gaan sonder kos en betaaling. Ek hoop sy word op geskroef!!!

snoefie ·

was seker n grondeise plaas was gerieflik aan haar toegeken was.

honourable member ·

tipies hierdie mense. Voel niks vir enige iets nie. Dis n skande wat hier aangegaan het en onmenslik. Geen gewete nie!!

Johan. H. ·

Telank gedink hulle is verhewe bo die gewone wetsgehoorsame burger,, Trap haar.. My dag is gemaak saam met die nuus van Gerrie die Buldog.

Alida ·

En hulle eis net meer en meer grond vir “boerdery” doeleindes. Dit is nie wat boere doen nie. Sies dit is ‘n skande in die oë van die Here. Mag sy vervolg word tot in die hoogste Hof en swaar gestraf word. Die werkers is seker nie betaal nie en wou nie saam met die diere doodgaan van honger nie. Sulke “boere” verdien om vermoor te word. Wat weet sy in elkgeval van boerdery af?

Hennie ·

Wonderlik om te hoor dat die DBV haar gaan vervolg. Ook tipies van die NVG nie gaan vervolg nie, want dis hulle eie mense. Hoop sy sit lank en eet slegte mieliepap in die tronk!

Hanna ·

Die ergste van alles is dat hierdie vrou veronderstel is om n voorbeeld vir ander, agv haar posisie, te wees! Wat moet die sogenaamde jeug van vandag hierin lees? Nee wat, ek is seker daar is in elk geval absoluut niks van daardie eens produktiewe plaas oor nie. Wat n skande!

Boerseun ·

Afriform erens? Hier is n saak om te wen en ek sal ook geld gee. Groot vraag is hoe het sy die plaas bekom? Vir haar vonnis moet sy dit verniet vir n blanke boer gee met n landbou graad wie nie andersins kapitaal vir sy eie Plaas sou bekom nie. lagwekkend, sy betaal nie lone nie maar die werkers het kastig net geloop.

net so ·

Los haar sonder kos!!! Laat ons sien hoe voel sy na so lank van hongerlei!

Hanna ·

Sy lyk vir my redelik goed gevoed… Ek sou reken 2 weke sonder kos sal die ding doen!

Cheeky ·

Maak n voorbeeld van haar,sodat ALLE Diere mishandelaars sal weet dat Diere ook Regte het,en haar Vonnis sal dien as n afskrik middel.

ig ·

Die Plaas is verkoop aan haar teen markwaarde en die staat het haar gehelp met finansiering.Daar is heelwat sulke gevalle waar iemand dink jy koop n suksesvolle plaas en die geld gaan sommer aan die mielieblare groei.

Theresa ·

Wreedaard!!! Kos vir Gerrie Nel. Komaan, Afriforum, kontak die NDBV en vat hierdie saak aan, asb.! Ja, ondersoek tot op die been hoe sy aan hierdie plaas gekom het. Deel van haar straf kan wees dat sy lande moet omskoffel met ‘n skoffel. Siek, honger diere moet versorg totdat hul weer sprankelend gesond is. Saans word sy in ‘n sel toegesluit met ‘n koppie ryswater om krag op te bou vir die volgende dag se skoffel-sessie. Skenk die plaas aan ‘n boer wat kan en wil boer. Hierdie is ‘n skandelike geval van vergryping en wreedheid.

Speedguard ·

3 jaar en 3 Maande later ……………………..was die saak die heletyd ondersoek, waarom was daar nie direk ‘n saak geregistreer nie, is dit weer selektief ,ek wonder maar net !!

Boetman ·

So lyk hulle boere. Kan vir niks sorg nie. Hierdie land sal met hulle hongersnood beleef

SêNet71 ·

Die uwe is “duidelik” sigbaar en kan verseker sonder kos gaan! Daar is ‘n spesiale plek in die hel vir mense wat God se skepsels so mishandel. Mag sy kry wat sy verdien!

Helene Heyns ·

Daar kort nog net n paar stempeltjies op die oranje pakkie

Naomi ·

Vat dit van wie dit kom. Daar is ongelukkig nie pille vir alles nie.

CHRISTA ·

Dan wil die ANC die plase aan hulle uitdeel!! Hulle dink jy SIT net op die stoep en ALS gaan maar net VANSELF aan!! Hulle sal nog uitvind: Jy kan NIE die grond eet nie – jy kan NET eet wat jy daarop bewerk!! Hulle het vir eeue die grond gehad, maar niks daarmee uitgerig nie. Nadat die “settlers” hier aangeland het en begin boer het, het hulle haat en afguns begin!!

Linda ·

The greatness of a nation can be judged by the way its animals are treated – Mahatma Ghandi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.