De Aar-gesinsmoord: Chaos toe verdagte verskyn

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn 18-jarige man het Dinsdag in die De Aar-landdroshof verskyn in verband met die moord op drie lede van ʼn gesin op dié dorp.

Die verdagte het vlugtig in die hof verskyn en die saak is tot 28 November uitgestel wanneer hy om borgtog sal aansoek doen. Die verdagte bly in aanhouding. Hy is Sondag by sy huis in Sunrise in hegtenis geneem nadat die polisie inligting van die gemeenskap ontvang het.

Woedende gemeenskapslede het intussen buite die hof betoog en onder meer bande aan die brand gesteek. Gemeenskapsleiers het hierna met polisiebeamptes vergader om hul besware te bespreek.

Maroela Media het vroeër berig Glenwill Makaleni (40), sy vrou Gladys (38) en hul tienjarige seun Gladwill, se liggame is Saterdagoggend vroeg in hul huis in Montana gevind.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Volgens kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, was die huis, in Caroluspoortweg, van binne gesluit en moes die polisie die diefwering afsny om toegang tot die huis te kry. “Die gesinslede is almal met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.”

Tawana het gesê die polisie is ontbied nadat ʼn familielid nie die gesin in die hande kon kry nie en by die huis opgedaag het. Volgens berigte het die egpaar se dogter by ʼn familielid oorgeslaap.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat inligting oor die voorval het, om die ondersoekbeampte, kapt. Kobus Nel, te kontak by 072 563 3366 of 053 632 9800. “Enige inligting sal as vertroulik hanteer word,” het Tawana gesê.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Raymond ·

Dan gaan hy seker nog borgtog kry ook Nee Nee Nee kyk dit is nou nuwe SA

Selfbeskerming ·

Dis hoekom gemeenskappe almeer reg in eie neem, dit is al wat oor is vir Hulle, Hulle het nie ander opsies nie, hoe Kan Ons sulke gemeenskappe veroordeel?

Hoekom ·

Hoekom het hy nou ‘n reg op beskerming, die gesin het nie gehad nie. De Aar hier is jul kans om ‘n voorbeeld te maak, vat hom vas en almal wat in jul pad staan.

Lilla B ·

Kan iemand asb aan my verduidelik hoekom hierdie mense bande, ens. aan die brand steek wanneer hulle kwaad is?!

Vic ·

Want anders as ons, sit hulle nie handjies gevou en toekyk hoe hulle mense een vir een uitgemoor word nie

Asjas ·

Nee, ek verstaan die een ook nie.
Ja, daar was ‘n moord gepleeg (iets wat nie so alledaags moet wees nie).
Okay, daar is iemand aangekeer vir die moord en hy verskyn nou in die hof.
Reaksie? Blydskap dat die Polisie hul werk gedoen het? Dat iemand so gou aangekeer is en die oorblywende familie antwoorde kan kry?
Nee … net nog verdere oortredings van die wet. Nou moet die Polisie die saak ook nog ondersoek en kriminele arresteer.

Anomiem ·

Ek stem saam Vic. Daar is Buks Oosthuizen onskuldig vermoor. Ek weet dit help nie om alles te wil afbrand nie, maar miskien moet ons ook reg in eie hande begin neem.

Anomiem ·

Ek stem saam Vic. Daar is Buks Oosthuizen onskuldig vermoor. Ek weet dit help nie om alles te wil afbrand nie, maar miskien moet ons ook reg in eie hande begin neem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.