De Aar-gesinsmoord: Verdagte vas

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Verdagte is in hegtenis geneem nadat ʼn gesin van De Aar in die Noord-Kaap dood in hul huis aangetref is.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 18-jarige man is Sondag by sy huis in Sunrise in hegtenis geneem, nadat die polisie inligting van die gemeenskap af ontvang het. Die verdagte sal binnekort in die De Aar-landdroshof verskyn op drie aanklagte van moord.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Dit was ook nie onmiddellik duidelik of enigiets uit die huis gesteel is nie.

Glenwill Makaleni (40), sy vrou Gladys (38) en hul 10-jarige seun Gladwill, se liggame is vroeg Saterdagoggend in hul huis in Montana gevind.

Volgens Tawana was die huis, in Caroluspoortweg, van binne gesluit en moes die polisie die diefwering afsny om in te kom. “Die gesinslede is almal met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.”

Tawana het gesê die polisie is ontbied nadat ʼn familielid nie die gesin in die hande kon kry nie en by die huis opgedaag het. Volgens berigte het die egpaar se dogter by ʼn familielid oorgeslaap.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat inligting oor die voorval het, om die ondersoekbeampte, kapt. Kobus Nel, te kontak by 072 563 3366 of 053 632 9800. “Enige inligting sal as vertroulik hanteer word,” het Tawana gesê.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bertus

Mooi. Bring terug die doodstraf. Die klomp moor te maklik. Help red SA….

Johann Marx

‘n Groot gedeelte van Suid Afrika se gemeenskap het nie die vermoë om die uitkoms van hulle dade in ag te neem terwyl hulle daardie dade pleeg nie. Hierdie dade word ook nie noodwendig vooruit beplan nie, daar word net op die ingewing van die oomblik instinktief gehandel…sonder om te dink wat volgende gaan gebeur. Voorbeeld: Ek het nie ‘n selfoon nie, ek wil ‘n selfoon hê, jy het een, jy wil dit nie vir my gee nie, ek steek jou met ‘n mes en vat jou foon. Nou het ek ook ‘n selfoon…..sonder om te dink aan wat die… Lees meer »

maxie

Ek vra opreg en uit domgeit. Kan n 18 jarige alleen sonder hulp 3 mense vermoor?

Gia

Stem saam…..se dit all oor en oor.BRING TERUG DIE DOODSTRAF!

Blom

Kan gerus die egpaar se dogter ook ondervra. 18jaar oud klink na n link, dalk n verhouding wat nie goedgekeur is, wonder maar net, as polisie moes inbreek hoe het moordenaar toegang gekry.