De Aar-gesinsmoord: Verdagte vas

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Verdagte is in hegtenis geneem nadat ʼn gesin van De Aar in die Noord-Kaap dood in hul huis aangetref is.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 18-jarige man is Sondag by sy huis in Sunrise in hegtenis geneem, nadat die polisie inligting van die gemeenskap af ontvang het. Die verdagte sal binnekort in die De Aar-landdroshof verskyn op drie aanklagte van moord.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Dit was ook nie onmiddellik duidelik of enigiets uit die huis gesteel is nie.

Glenwill Makaleni (40), sy vrou Gladys (38) en hul 10-jarige seun Gladwill, se liggame is vroeg Saterdagoggend in hul huis in Montana gevind.

Volgens Tawana was die huis, in Caroluspoortweg, van binne gesluit en moes die polisie die diefwering afsny om in te kom. “Die gesinslede is almal met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.”

Tawana het gesê die polisie is ontbied nadat ʼn familielid nie die gesin in die hande kon kry nie en by die huis opgedaag het. Volgens berigte het die egpaar se dogter by ʼn familielid oorgeslaap.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat inligting oor die voorval het, om die ondersoekbeampte, kapt. Kobus Nel, te kontak by 072 563 3366 of 053 632 9800. “Enige inligting sal as vertroulik hanteer word,” het Tawana gesê.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Bertus ·

Mooi. Bring terug die doodstraf. Die klomp moor te maklik. Help red SA….

Johann Marx ·

‘n Groot gedeelte van Suid Afrika se gemeenskap het nie die vermoë om die uitkoms van hulle dade in ag te neem terwyl hulle daardie dade pleeg nie. Hierdie dade word ook nie noodwendig vooruit beplan nie, daar word net op die ingewing van die oomblik instinktief gehandel…sonder om te dink wat volgende gaan gebeur. Voorbeeld: Ek het nie ‘n selfoon nie, ek wil ‘n selfoon hê, jy het een, jy wil dit nie vir my gee nie, ek steek jou met ‘n mes en vat jou foon. Nou het ek ook ‘n selfoon…..sonder om te dink aan wat die gevolge van daardie dade gaan wees. Ons tronke is oorvol “heel onskuldige” mense wat nooit niks gedoen het, of verdien om in die tronk te wees nie……….dis alles almal anders se skuld dat hulle moes optree soos wat hulle gedoen het. As die regering vir almal selfone gegee het, was dit nie nodig om iemand te vermoor vir syne nie……Moenie lag nie. DIT is van die redenasies….

maxie ·

Ek vra opreg en uit domgeit. Kan n 18 jarige alleen sonder hulp 3 mense vermoor?

Absoluut ·

Ja Maxie, hul kan, hoe, moet mens liewer nie hier skryf nie, dan leer nog ‘n paar oor bederfde kinders en doen dit na. Onthou ook as hy 1 begin steek gaan die ander probeer help en as hy boos is en dalk nog vol hop en skop, dan het hy meer krag en steek links en regs. Ek dink eerder dit is goed beplan wanneer hul op hul weerlooste is met Johann Marx se teorie. Daar word net op behoefte gefokus en geen gevolge, dit begin van klein af, as alles wat hul verkeerd doen vreeslik cute is en ‘n groot grap, of ek maak of ek dit nie sien nie, dit is net altyd iemand anders of iemand anders se kinders. Skrop voor eie deure, dan sal hierdie boosheid afneem.

Nina ·

Vyftien jarige was al skuldig en gevonniis vir 3xmoord en rape !!!!!!!!

Gia ·

Stem saam…..se dit all oor en oor.BRING TERUG DIE DOODSTRAF!

Blom ·

Kan gerus die egpaar se dogter ook ondervra. 18jaar oud klink na n link, dalk n verhouding wat nie goedgekeur is, wonder maar net, as polisie moes inbreek hoe het moordenaar toegang gekry.

Oriojo ·

Defnitief. Na aanleiding van n vorige kommentaar my “conspiracy teorie”
( Lekker erflating/ betaal n tikkop paar duisend/ plaas dwelms in familie se kos/ koeldrank/ kry sleutels/ kry n lekker waterdigte alibi en Voila!!!!

Johann ·

Hallo Nico, het jy al aandag aan jul probleem gegee soos ek reeds elders aan jou uitgelig het?

Nico Strydom ·

Dagsê Johann

Ek het vir jou ‘n e-pos gestuur.

Vriendelike groete

Vivian ·

Die doodstraf sal die land se belasting betalers beskerm. dit sal ook moordenaars 2 keer laat dink voor hul moor. sal geregtigheid bring aan die mense en ook aan Poppie.

Jade ·

Dus goes dat iemand vasgetrek is ,se net.hoe kan ons maak om die drugs uit ons dorp t kry,want dit moes n rol gespeel het,d ondewyser bedank om.drugs t verkoop,die polisiemane bedank om drugs te verkoop,d magistraat laat al d drugs sake vaar want hy is wat,geretigheid moet seevier ma hoe as die hele dorp krimineel is,asb help,

jade ·

De Aar dus tyd dat ons saam staan tern drugs ons almal ken tog d dealers.Dus tyd v aksie,ons mense is ni veilig ni.

6 Plaas ·

Ek het uit De Aar getrek toe ek agterkom dat die plek vol demone is. Hoe anders verduidelk mens die feit dat opvoeders hul soos kinders gedra voor hul leerders in nagklubs??? Hier praat ek van Sekondere skool juffies. Hul nie eens skaam om liters drank te koop ten aan skoue van leerders. [Ek noem onderwys omdat n opvoeder betrokke is] dink jul ooit dat skoliere hul sal respekteer.
Ter stawing hiervan nog n voorbeeld van onprofessionele gedrag. Daar is n Outoilet ding in De Aar. Dis meer kinders wat site gebruik maar raai wie word meeste genoem??? Mense sal praat as jy jou sleg gedra. En baie van wat gese word van die opvoeders maak sin!!!! Die teerste is dat hul uit ander dorpe kom om ons dorp korrup en sleg te maak.

Martin ·

So erg soos baie mense doodstraf terug wil he,sal dit nooit gebeur nie.Kniel liewers vra God se genade en beskerming oor jou lewe om jou veilig te hou en om S.A te red

neelsie ·

Dankie Martin,
Hoekom eers al die ander ‘oplossings’ probeer ,dan ,as niks werk nie , ons God vra om te help?

dez ·

Ek wil graag vir Ses Plaas antwoord. Dis duidelik dat jy my Alma Mater se personeel bespreek. Waarom is jy nie mans genoeg om self die kwessie te bespreek met hulle nie. Verwag jy dat deesdae se onnies moett wees soos ons onnies wat ons geslat het. Lat ek jou vertel. Wat mense in hul huise doen het niks met niemand uit te waai nie. En vir die rekord: baie van die skool se onnies is my persoonlike vriende. O ja! Bestaan Toilet pot nog! Praat jy nie van 2 dekades gelede se goed nie?

7 plase ·

Stem heelhartig saam. Stem ook met Ses plaas wat praat oor hoe die onderwysers handel. En nou praat ons nie net van juffroue nie. Jislaaik. Ek het egbreek/ verhoudings/ Seuns wie na-ure by juffroue kueir. Juffroue wie snags op berg in bakkies rondhang/ wie snags by tennisbane parkeer gesien.
Julle breek daardie mure van gesag en respek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.