De Aar-verkragter kry lewenslank

(Argieffoto: Hans Braxmeier/pixabay)

ʼn Man is in die De Aar-streekhof lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van twee vroue in 2015 en 2016.

Brig. Nicky Mills, waarnemende adjunk- provinsiale kommissaris vir misdaadvoorkoming in die Noord-Kaap, het die vonnis verwelkom.

Monde Nyeshe het op 6 Desember 2015 ʼn 19-jarige meisie na sy huis in Malaykamp in De Aar gelok. “Hy het haar aangerand en verskeie kere verkrag. Die vrou het ʼn klag aanhangig gemaak en die beskuldigde is ʼn paar dae later in hegtenis geneem,” sê lt.kol. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie.

Sy aansoek om borgtog is suksesvol teengestaan, maar die saak is van die rol geskrap weens agterstallige DNS-uitslae.

“Nyeshe het op 17 Julie 2016 weer toegeslaan en ʼn 29-jarige vrou by haar kêrel se huis in Nonzwakazi, De Aar, verkrag. Hy het haar en die kêrel met ʼn mes gedreig en die vrou in die teenwoordigheid van haar kêrel verkrag. Hy is ʼn week later deur die polisie in De Aar in hegtenis geneem.”

Die twee sake is op 4 November 2016 gekombineer en die beskuldigde was tot dusver in aanhouding.

“Nyeshe is op 28 Julie 2022 skuldig bevind op drie aanklagte van verkragting en is op 1 Augustus lewenslange tronkstraf opgelê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Harley Davidson ·

Hoekom word dit lewenslank genoem as dit eintlik net ‘n paar jaar is ,lewenslank beteken jy bly in die tronk todat jy doodgaan weens siekte of ouderdom.

Tracey ·

Hoekom moes hy eers 3 keer kans kry om iemand te verkrag…. 3 families se lewens verwoes. Die dui net weer op die onbeboegdheid van polisie en regstelsel.

SjN ·

Gulde geleentheid om die voorgestelde kastrasie proses te implimenteer.

Marcello ·

Snaaks lewenslank geld vir sekere mense LEWENSLANK, en vir ander nie. Soos die persoon wat nou-nog in die tronk sit omdat hy KP-leier geskiet het, Daar word vir die “slagoffer” se familie toestemming gevra as hy aansoek doen om Parool, maar waar word daar toestemming vir die naasbestaandes van Plaasmoorde gevrra

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.