WAARSKUWING: Die besonderhede in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.
ʼn 29-jarige man is Saterdag in De Deur in Gauteng in hegtenis geneem op aanklag van bestialiteit.
“ʼn 38-jarige man van Lakeside Estate was omstreeks 19:00 op soek na sy hond om haar te voer,” het kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. Die hond was egter nêrens te sien nie.
“Een van die inwoners het vroeër die oggend glo die hond by een van sy bure opgemerk en die eienaar in kennis gestel,” het Tshilate bygevoeg. “ʼn Gebruikte kondoom is in die verdagte se kamer opgespoor.”
Die verdagte, vermoedelik ʼn taxibestuurder, sal Maandag in die landdroshof in Vereeniging verskyn.
Siek is nie n woord nie die ding se kop is uitgehak
Dis nie net ontstellend nie, kranksinnig ook.
Sies, damn it! Magtig, kan iemand so verdomp oorlams wees?
is nie woorde vir sulke mense nie. Sny af en soom om of stuur hom tronk toe, daar sal hy leer en uitvind hoe die dier moes voel…