De Jager getuig oor uitdagende klere

Johannes Christiaan de Jager (48) . Foto: SAPA

Johannes Christiaan de Jager (48) . Foto: SAPA

Die saak teen Johannes Christiaan de Jager wat daarvan verdink word dat hy twee tienermeisies vermoor het, duur Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof voort.

De Jager (48) word beskuldig van die moord op Hiltina Alexander (18) van Parow en Charmaine Mare (16) van Mpumalanga. Hy het onskuldig gepleit op altwee aanklagte van moord en ʼn aanklag dat hy Alexander verkrag het.

Hy het Maandag in die hof gesê Mare was lui en het gedurig in haar kamer gebly, nadat sy in Januarie verlede jaar  saam met hom by sy vriendin, Carol, se huis in Kraaifontein ingetrek het.

Die hof het gehoor dat Mare voorheen ʼn werksonderhoud, wat De Jager vir haar gereël het, misgeloop het en dat hy haar aan die enkel geskud het. Die aand voor die onderhoud het De Jager beweer hy het Mare gevra om vir hom ʼn koeldrank te gaan haal.  Sy het glo ʼn deurskynbroek aangehad en geen onderklere gedra nie.

Staatsaanklaer Romay van Rooyen wou by hom weet wat hy van Mare se kleredrag gedink het. “Ek het net gekyk. Dit is al, ek het niks gesê nie,” het De Jager gesê. “ʼn Mens kon dit sien, ʼn man is nie blind nie.”

Lees ook:
De Jager lewer vandag getuienis
De Jager se DNS onder slagoffer se naels
Prostituut- en tienermoord: De Jager erken hy sny tiener op
Prostituut- en tienermoord: Verhoor begin vandag
Prostituut- en tienermoord: Man weer in hof
Man in hof wat Kaapse tiener glo vermoor, in stukke opkap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jasper ·

En toe ? Toe breek die Dier in jou los en jy vermoor haar. Almal se skuld behalwe joune. Pateet.

Danielle ·

Aan die enkel geskud, ek neem aan sy was in ‘n horisontale posisie, dus dalk op haar bed? Tensy sy gestaan het, en hy gebuk het, dis mos abnormaal om iemand te skud, wat nog te sê aan die enkel. Ek kry die idee hy was in haar kamer, wat soek hy daar?

Die Mare-kind was slegs 16, waar was haar ouers dat sy ingetrek het by die 2? Ek het nie die storielyn gevolg nie.

Al het sy geen onderklere aangehad, dit regverdig steeds nie moord nie. Geen man is blind nie, maar ek dink hierdie moordenaar gebruik nou enige snert om sy optrede te probeer regverdig.

Kobus ·

‘n Tou sal mooi om sy nek pas. Danielle spaar jou eie ondersoek. Dit is klaar gedoen waar hofverskynings al plaasgevind het.

Slim Daan ·

‘Skuus my? Eerste verskynings ( 48-uur tydsverloop ) word as n verskyning geag. Juis daarom vra die Staat uitstel vir verdere o/soek. Selfs tot 5x keer daarna. Ingewikkelde sake soos dolke wat weggestuur word vir forensiese o/soek, mag sorg vir selfs nog uitstelle.
Daar is mos sg. tuishulp in die verband ….of tel die liassering van aktes nie ?

Kobus ·

Hou die perde in ou beesblaas. Die hofsaak het nou eers begin en jy wil al uitspraak lewer.

Slimmer daan ·

Ai! Iemand ook gehoor die dumbbell lui maar weet nie waar die bel hang nie. Adv. Maartens ( vir die verdediging ) lewer more sy finale betoogpunte. ( Benewens die feit dat die saak nou al drie weke in die Kaapse Hooggeregshof dien. ) Dit na 10+ uitstelle vir verdere o/soek. Nes Danielle tereg opmerk.
Hou maar by die aktes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.