Johannes Christiaan de Jager is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op twee tieners.
De Jager (49) se weergawe van die gebeure wat tot die 18-jarige prostituut, Hiltina Alexander se moord in 2008 en Charmaine Mare (16) se dood in 2013 gelei het, is deur die hof as ondenkbaar verwerp.
Waarnemende regter Chuma Cossie sê sy is tevrede dat die staat De Jager se skuld bewys het. Alexander is verkrag voordat hy haar verwurg het. Cossie het ook ʼn kenner se mening aanvaar dat voldoende bewyse gelewer is dat De Jager se DNS op haar liggaam opgespoor is.
Die staat het ook bo redelike twyfel bewys dat De Jager Mare vermoor en haar liggaam opgekap en haar selfoon gesteel het. “Die bewyse is duidelik dat Mare nie op die manier kon sterf soos die beskuldigde voorgestel het nie,” het Cossie gesê.
De Jager hou vol hy het Mare in Januarie 2013 in die badkamer gegryp omdat sy getalm het en sy het toe gegly en geval. Hy voer aan haar kop of lyf het die bad se rand getref en sy het nie weer haar bewussyn herwin nie. Hy het getuig hy het haar liggaam opgekap en haar borsgedeelte gebrand omdat hy geskok en verward was.
Cossie sê die feit dat De Jager die liggaam wou verbrand is ʼn aanduiding dat hy die bewyse wou versteek.
Sy sê sy het ook De Jager se arrogante houding in die hof, en die manier waarop hy getuig het, in ag geneem. Sy het gesê dit grens aan minagting.
Sy sê sy kan nie verstaan dat hy nie mediese hulp of die bure se hulp ontbied het toe die tiener so ernstig beseer is nie.
De Jager sal na verwagting op 5 Mei gevonnis word. Hy bly in aanhouding by Pollsmoor-gevangenis. -SAPA
Lees ook:
De Jager getuig oor uitdagende klere
De Jager lewer vandag getuienis
De Jager se DNS onder slagoffer se naels
Prostituut- en tienermoord: De Jager erken hy sny tiener op
Prostituut- en tienermoord: Verhoor begin vandag
Prostituut- en tienermoord: Man weer in hof
Man in hof wat Kaapse tiener glo vermoor, in stukke opkap
LEWENSLANK vir hierdie verkragter, monster, moordenaar.
Inteendeel, mag hy vrot daar.
Die man se gesig lyk dan nes ‘n fiets !
Nevermind die gesig. Wat bol daar onder sy trui ? Hoop en aanvaar dis sy weergawe van n “boepie” !?
VVV Daantjie…..Vreemde Vlieende Voorwerp !
Vir Ewig en altyd WEG, jammer n oog vir n oog bestaan nie meer nie.