De Jager vandag gevonnis

Johannes Christiaan de Jager Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Johannes Christiaan de Jager Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Johannes Christiaan de Jager, wat verlede Dinsdag skuldig bevind is aan die moord op twee tieners, se vonnisoplegging begin Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

De Jager (49) se weergawe van die gebeure wat tot die 18-jarige prostituut, Hiltina Alexander se moord in 2008 en Charmaine Mare (16) se dood in 2013 gelei het, is deur die hof as ondenkbaar verwerp.

Waarnemende regter Chuma Cossie sê sy is tevrede dat die staat De Jager se skuld bewys het. Alexander is verkrag voordat hy haar verwurg het. Cossie het ook ʼn kenner se mening aanvaar dat voldoende bewyse gelewer is dat De Jager se DNS op haar liggaam opgespoor is.

Die staat het ook bo redelike twyfel bewys dat De Jager Mare vermoor en haar liggaam opgekap en haar selfoon gesteel het. – SAPA

Lees ook:
De Jager het tieners vermoor
De Jager getuig oor uitdagende klere
De Jager lewer vandag getuienis
De Jager se DNS onder slagoffer se naels
Prostituut- en tienermoord: De Jager erken hy sny tiener op
Prostituut- en tienermoord: Verhoor begin vandag
Prostituut- en tienermoord: Man weer in hof
Man in hof wat Kaapse tiener glo vermoor, in stukke opkap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Die perfekte kandidaat vir die doodstraf, genadelose, wreedaardige monster.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.