De Jager verlof tot appèl geweier

Johannes Christiaan de Jager Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Johannes Christiaan de Jager Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag beslis dat Johannes Christiaan de Jager, wat gevonnis is vir die moord op twee tieners, nie teen sy skuldigbevinding of vonnis kan appelleer nie.

Sakkie Maartens, De Jager se regsverteenwoordiger, het gesê regter Chuma Cossie het die aansoek van die hand gewys aangesien sy meen daar geen vooruitsig van sukses is nie.

“Ek het reeds instruksies ontvang en moet voortgaan om ‘n aansoek te bring by die hoogste hof van appèl om verlof tot appèl aan te teken,” het Maartens gesê.

Cossie het De Jager in Mei tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis. Sy het bevind dat daar nie enige noemenswaardige of buitengewone omstandighede bestaan om af te wyk van die minimum voorgeskrewe vonnisse nie.

De Jager (49) is vroeër skuldig bevind aan die moord op die 18-jarige sekswerker, Hiltina Alexander in 2008 en Charmaine Mare (16) in 2013. Al die misdade is in Kaapstad gepleeg. Hy is ook daaraan skuldig bevind dat hy Alexander verkrag het.

Lees ook:
De Jager sit lank
De Jager vandag gevonnis
De Jager het tieners vermoor
De Jager getuig oor uitdagende klere
De Jager lewer vandag getuienis
De Jager se DNS onder slagoffer se naels
Prostituut- en tienermoord: De Jager erken hy sny tiener op
Prostituut- en tienermoord: Verhoor begin vandag
Prostituut- en tienermoord: Man weer in hof
Man in hof wat Kaapse tiener glo vermoor, in stukke opkap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.