‘De Klerk moet Nobelprys teruggee’

Moeletsi Mbeki en FW de Klerk (Foto: FW de Klerk Stigting)

Druk het Maandag toegeneem vir oudpres. FW de Klerk om sy Nobelprys vir Vrede terug te gee, ná sy uitlating dat “apartheid nie ʼn misdaad teen die mensdom was nie”.

“Dit is betreurenswaardig dat ʼn 84-jarige man, wat beweer hy het herhaaldelik die ernstige onregmatighede wat gepleeg is onder apartheid erken en opreg om verskoning gevra, nie die basiese begrip verstaan waarvoor hy jammer sê nie,” het die organisasie #NOTINMYNAMESA Maandag in ʼn verklaring gesê.

“Indien De Klerk regtig jammer is, doen ons ʼn beroep op hom om sy stellings onvoorwaardelik terug te trek, of andersins die Nobelprys vir Vrede (wat hy saam met oudpres. Nelson Mandela ontvang het) terug te gee.”

Die stigting het Saterdag in die verklaring gesê: “Die idee dat apartheid ʼn ‘misdaad teen die mensdom’ was, bly politieke propaganda deur die Sowjetunie en hul ANC/SAKP-vennote om wit Suid-Afrikaners te stigmatiseer deur hulle te vergelyk met werklike misdade teen die mensdom – wat gewoonlik algehele totalitêre onderdrukking en die slagting van miljoene mense insluit.”

Julius Malema tydens die 2020 Staatsrede (Foto: Maroela Media)

Die stigting se verklaring stel dit in teenstelling met gruweldade onder kolonialisme in ander Afrikalande. “Die Britte het tydens die Mau-Mau-opstand meer as 320 000 mense aangehou en meer as 1 000 Mau-Mau-lede is gehang. Die Franse het meer as 140 000 mense in Algerië doodgemaak in ʼn oorlog wat 700 000 lewens geëis het.”

Die stigting het reageer op Julius Malema se uitlatings tydens Donderdag se staatsrede, toe hy daarop aangedring het dat De Klerk die parlement verlaat omdat sy hande “drup van bloed” weens gebeure tydens apartheid.

Ook die Jong Kommunisteliga van Suid-Afrika (YCLSA) het Maandag sterk te velde getrek teen De Klerk se verklaring. “Die inhoud van die verklaring wys duidelik dat De Klerk nie bevoeg is om as Nobelpryswenner vir Vrede bekend te staan nie. Sy stelling druis in teen die rede waarom die Nobelprys vir Vrede aan hom toegeken is,” sê die YCLSA.

Die YCLSA wil dan sommer ook hê De Klerk moet vervolg word vir sy stelling. “Die feit dat De Klerk nie apartheid as ʼn misdaad teen die mensdom beskou nie, is ʼn duidelike aanduiding dat hy nie die gruwelike oortreding van menseregte erken wat deur dieselfde stelsel waaroor hy regeer het, gepleeg is nie. Daarom behoort die Internasionale Misdaadhof hom vir strafbare manslag en gruwelike skending van menseregte te vervolg.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Nell ·

…en die stert, by name Malema en die YCLSA wil nou die hond swaai. Regtig? Kry vir julle.

Nie Verbaas ·

Ag ANC en almal wat kla, kom oor dit. Kyk wat gebeur in Suid Afrika vandag. Moord, plunder, verkragting. Alles is opgemors. Alles is 100 maal erger as wat dit ooit was. Slagspreuke oor wittes word ooral geuiter. Niks word daaroor gese of gedoen nie. Shame, Suid Afrika is n grap.

marius ·

Gaan staan agter in die ry . Daar is ‘n lang tou regte Afrikaners wat dieselfde gevoelens teenoor hom het ….vir heeltemal ander redes .

Johan Venter ·

Ja, maar kyk hoe vergoei die mense onderaan vorige berigte die afgelope dag of twee hier op Maroela in hul kommentare oor hierdie aangeleentheid vir De Klerk en kyk hoe klap hulle vir Julius hande. Ek het nie gedink ek sou die dag beleef as die Afrikaner vir Julius handeklap nie. Die ANC ry ook nou die perd, so ook Thabo Mbeki. Ek het idee ons Afrikaners kon maar netsowel saam met Roelf by die ANC aangesluit het, dis waar ons die gemaklikste is as FW ter skrake kom, of wat praat ek … mmm?

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/anc-veroordeel-fw-de-klerk-stigting-se-uitlatings-oor-apartheid/
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/de-klerk-stigting-reageer-op-eff-aanval/

Michael ·

As dit by de klerk kom stem ek 100% saam met malema ,ek het of sal seker nooit weer saam met hom stem nie maar de klerk het vir baie hartseer gesorg met sy ondeurdagte impulsiewe besluit waarby net hy en sy kolegas gebaat het.

JM ·

Die ANC, Malema, YCLSA en almal wat oor De Klerk tekere gaan, probeer eintlik om die aandag af te lei van hul eie onvermoë, wandade en mislukkings: staatskaping, leuens, diefstal, plaasmoorde ens., selfregverdiging in die ergste graad.

Pieter ·

Die verklaring dat Apartheid ‘n misdaad teen die mensdom is, is onderskryf deur hoofsaaklik kommunistiese lande. Dit sê genoeg.

Naas ·

Hoewel ek geen simpatie met die verraaier de Klerk het nie is hierdie hele storie slegs ‘n strategie van die ANC om aandag van hulle eie korrupsie en diefstal af te lei.

Martie ·

So beteken dit nou dat Steve Hofmeyr en Jan van Riebeeck nou bietjie kan rus

koos10 ·

Wat gedoen is en gesê is kan ek nie oor kommentaar lewer nie, maar Juju skree van sy seepkis af, terwyl ondersoeke teen hom oor sy uitsprake en aksies aan die gang is.
Ek dink die ANC het hom in hulle sakke. ‘n Paar hele jaar terug sou hy vir Zuma se onthalwe moor, ‘n paar jaar terug moes hy in die tronk vrot en nou is jy te oud om tronk toe te gaan, volgens hom. Hy is soos ‘n kind wat nie sy sin kry nie, skree klip hard maar dra niks by nie!

Vrystater ·

Die ANC se terroriste-aanslag van intimidasie, sluipmoorde en marteling van sy eie andersdenkendes in martelkampe en in die townships, en moorde deur bomplantings in Suid-Afrika op onskuldige landsburgers, vra om as Misdade teen die Mensdom verklaar te word.
Apartheid het soos enige ander aspek in ‘n samelewing sy foute gehad, maar die res van die politieke stelsel het tot groot ekonomiese voordeel vir swart en wit met die opbou van Suid-Afrika gelei.
Die swartes se voorouers het nie die kundigheid gehad om skole, hospitale, besighede en industrieë te skep nie.
Ons sal Malema maar VN toe moet stuur om die ANC aan te kla vir sy misdade teen die mensdom, en vir Tsjaka vir die volksmoorde wat hy in Suid-Afrika gepleeg het.
Malema en die ANC kan ook sommer vir Amerika by die VN aankla oor die onbesonne uitwissing van Hiroshima en Nagasaki met atoombomme, en vir Rusland en China vir miljoene burgers wat onnodig weens hongersnood moes sterf agv die kommunistiese revolusies.

Michael ·

Ek stem saam de klerk moet die nobelprys vir vrede teruggee voor 1994 was daar bloed aan sy hande na 94 was daar nog meer bloed aan sy hande.

Andries ·

Dis ook maar goed dat ons huidige President, ni di Nobel vredesprys ontvang het ni – maar sy ontkenning dat plaasmoorde in SA plaas vind, se ‘storm’ het nou oorgewaai. So ook di ‘martelkampe’ van di ANC, voor hul uiteindelike bewind oorname in 1994. Dìt was natuurlik geen skending van mense regte en of n misdaad van enige aard ni.
Kan mens ni korrupsie as misdaad teen di mensdom laat verklaar ni?

Dries ·

Ek wonder hoeveel van die “Jong Kommuniste” was ooit al gebore gewees toe Mandela vrygelaat en apartheid beeindig is…

Ann ·

En wat van die bloed wat drup na 1994? Van wie se hande af drup dit???

Jacobus ·

Twak, kan aan ‘n paar ander dink wat eerder hulle toekenings moet prysgee. Nie ‘n FW “fan” nie maar die oproepe is belaglik.

Malan ·

Dit is altyd maklik om kommentaar so te verdraai dat dit jou saak pas. Ek is alles behalwe ‘n de Klerk aanhanger, maar hy het nooit gesê waarvan hy beskuldig word nie. En toe vererger hy dit self deur verskoning te vra vir wat hy nie gesê het nie. Gaan luister maar weer na daai onderhoud.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.