De Klerk-naamsverandering gaan voort

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

Patricia de Lille, Kaapstad se burgemeester, se kantoor het Maandag gesê die voorstel om Tafelbaairylaan na FW de Klerk-rylaan te hernoem, gaan voort.

“Ons het op 28 Januarie ʼn raadsvergadering, en as die stadsraad die voorstel goedkeur, sal die straat hernoem word,” het Pierrinne Leukes, die burgemeester se woordvoerder, gesê.

Raadslid Brett Herron het Woensdag in ʼn verklaring gesê die voorstel voldoen aan die stad se benamingsbeleid wat bepaal dat burgers van Kaapstad en Suid-Afrika in hul leeftyd oorweeg kan word, indien hulle internasionale erkenning van die hoogste soort ontvang het.

Herron het gesê die voormalige president voldoen aan dié vereiste. De Klerk (79) was van September 1989 tot Mei 1994 president van Suid-Afrika. Hy het in 1993 saam met oudpresident Nelson Mandela die Nobelprys vir Vrede ontvang vir hul bydraes tot die beëindiging van apartheid.

Volgens Herron het De Klerk gesê hy is ten gunste van die idee, solank die straat wat na hom vernoem word, tans ʼn neutrale naam het. Herron het gesê die finale besluit rus egter by die stadsraad. “Inwoners, rolspelers, belanghebbendes en gemeenskapsorganisasies het die geleentheid gekry om hul siening daaroor te gee.”

Die ANC en Congress of SA Trade Unions (Cosatu) het reeds kapsie teen die naamsverandering gemaak.

Volgens die voorstel is dit gunstig vir die stad om De Klerk se rol in die oorgang na ‘n nuwe bedeling in Suid-Afrika te erken.

Klik hier vir vorige berigte oor die aangeleentheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tammy ·

NEE, Niks vir hom nie, asseblief. Hy verdien nie die eer om vernoem te word nie. Stem saam met Hanno!!

Jan ·

Alle nuwe straatname word deesdae na skelms en terroriste vernoem, is seker hoekom Freekie geeerd voel !

Eish! ·

Ek wonder in wie se guns wil Kaapstad nou kom? Die blankes soek dit nie, die ANC soek dit nie……….nog niemand positief daaroor hoor praat nie. Onder niemand nie, ni wit, ni swart of bruin nie. Nou wat de joos is Kaapstad se motief met dit?

PIETER BRIEL ·

Analysis of and commentary on South African politics from a liberal perspective. Winner: Best Political Blog 2012.
FW De Klerk: the ultimate ‘joiner’
by The Editor

ARTICLE: One from the archives – a look at the many political positions former President FW de Klerk adopted during his political career, as captured by five key comments. Together with the ANC, in opposition to the ANC, for the ANC, against the ANC, de Klerk has done it all. It’s a muddled historical record, but one worth noting if only to provide some context, the next time he speaks from a position of some ostensibly conviction.
FW De Klerk: the ultimate ‘joiner’
By: Gareth van Onselen
Follow @GvanOnselen
Follow @insidepols
7 March 2013
Introduction
Dr Mamphela Ramphele says she is not a “joiner” (although, presumably, everyone else is, as she would like them all to please join her, somewhat ironically, and patronisingly). Whatever her attitude, it pales in comparison to former President and National Party leader, FW de Klerk – South Africa’s all-time champion joiner.
These days de Klerk seems to have settled into the role of ‘concerned citizen’ and while the FW de Klerk Foundation does much advocating on his behalf, every now and then he sticks his head above the parapet to offer some or other controversial opinion. An ‘independent’ analyst of an unconvincing sort. Certainly he is highly critical of the ANC (he said in November last year that “the ANC was primarily responsible for the current [economic] crisis”.) Before that, however, he was supportive of the NNP’s decision to merge with the ANC. Before that, he was supportive of the NNP’s decision to form the DA. And before that, he was supportive of the NP’s decision to administer South Africa, together with the ANC, in a Government of National Unity. So its difficult to take him too seriously.

Danel Casey ·

Ons het nie ons land verloor deur oorlog nie. Ons het ons land verloor deur verraad op die ergste graad. Hy is een van die grootste volksverraaiers in die hele geskiedenis van die mensdom. Hy was en is een van die slapgatste patetiese politiekus van alle tye. Hoe durf hul oorweeg om enige iets na hom te vernoem?

Elizabeth ·

Ag tog vir WAT nou tog? Hoekom ooit strate/dorpe/watookal na MENSE vernoem want een of ander tyd neuk hul op dan sit jy met die vernoeming na ‘n krater! En hy het KLAAR opgeneuk! As mnr De Klerk enigsins murg in sy pype had sou hy sê luister, dis ‘n eer en als maar ek dring aan daarop dat julle dit liewer na ‘n plant/blom/rivier/vis/dier vernoem as na my. Maar ja, mens kan seker eerder hoop op sneeu in die kalahari.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.